Swanger matrikulant vermoor

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat ʼn swanger 19-jarige meisie vermoor het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het gesê die meisie is Woensdag om 19:00 “brutaal” vermoor in die Xikundu-nedersetting in die Saselamani-gebied.

“Die meisie is vermoedelik by haar huis deur onbekende verdagtes wat ingebreek het, aangeval. Hulle het haar verskeie kere geskiet en op die vlug geslaan,” het Ngoepe gesê.

Die meisie se ma was ook in die huis, maar is ongedeerd.

Die oorledene is geïdentifiseer as Nare Beanice Malebana, ʼn gr. 12-leerder aan Jim Chavani High School.

“Die motief vir die moord is onbekend, maar verdere ondersoek deur die polisie sal dit bepaal.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VanAfrika ·

Geen genade vir die babatjie, wie was so desperaat om haar nie die lig te laat sien nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.