Swanger polisievrou sterf in motorongeluk

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga rou oor ʼn polisiebeampte verbonde aan die Delmas-polisiestasie wat Sondag in ʼn motorongeluk gesterf het. Sy was agt maande swanger.

Jane Thandi Ntuli (36) was Saterdagaand op pad huis toe ná werk toe ʼn motor van agter teen haar motor op die R42 Bronkhorstspruitpad gebots het. Die bestuurder van dié motor het glo versuim om by ʼn stopstraat stil te hou.

Volgens kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, is Nthuli weens die aard van haar beserings per helikopter na ʼn hospitaal geneem waar sy later die aand geboorte geskenk het. Sy het egter Sondagoggend aan haar beserings beswyk.

Frans Mashika, waarnemende provinsiale kommissaris van polisie, het gesê Nthuli se dood laat ʼn groot leemte in haar familie asook in die polisiediens.

Mashika het ʼn beroep op motoriste gedoen om die padreëls te gehoorsaam om lewensverlies op paaie te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Stefnie Gernandt ·

Tragies tragies. Ek en my verloofde was ook Sondag in ‘n soortgelyke ongeluk waar ‘n man ook van agter ons vasgery het by d Hardy Muller sirkel in Villieria. Ons was gelukkig om ongedeerd daarvan af te kom. Spoed maak dat mense onnodig voortydig sterf. Ons kort meer verkeersmanne wat hul taak ernstiger opneem.

Jackie ·

Help my asb verstaan. Is sy die oggend, in die motor ongeluk oorlede soos die artiekel lees?. Hoe kon sy die aand dus geboorte gee? Innige meegevoel vir die nagelates se verlies.

Pieter du plessis ·

Ek hou niks van die sapd nie maar hierdie is regtig baie hartseer sterkte aan die familie

anni ·

Pieter, jy is ook een van die Wat almal onder een Kam skeer. Dit is n vrou Wat oorlede is, maak nie saak wat se amp sy in was nie. Hoekom so n onnodig opmerking maak. Ek Hou ook nie van privaat mense nie, julle dink julle is verhewe bo almal. Gaan Jy hier van Hou. Want oh Ja ek vergeet julle betaal mos Ons salarisse Wat in die SAPD of enige staats instansie is, al betaal ek self belasting. So jul kan vry van spraak wees. Onthou daar is onskuldige staatsamptenare Wat nog probeer eerbare werk doen. So moenie veralgemeen nie. Dankie mag Jy en res Wat SAPD so “haat“n geweldige geseënde dag hě.

sandra ·

Ai, nog ‘n motorongeluk, nog ‘n lewensverlies. Dit is so hartseer om sulke goed te moet lees.
Al wat ek kan byvoeg is sterkte aan die familie wat hierdeur geraak is en nou moet aangaan. Die wond genees mettertyd, maar die seer bly.
Ek bid vir julle vir krag gedurende hierdie hartseer tyd.

Delmasser ·

Wanneer gaan julle (en ek sluit die verkeersdepartement hierby in) begin om by die Stopstate te stop??? Hulle is aangebring vir ‘n rede. Twee nuwes sodra jy uit Delmas rigting Bronkhorstspruit ry. Groot trokke en Taxis jaag oor, jy waag eintlik jou lewe as jy stop!! As jy stop jaag hulle net eenvoudig om jou. Ek het ook al gesien hoe verkeersvoertuie oor die Stoppe jaag, wend nie eers ‘n poging aan om spoed te verminder nie. Die Verkeersligte is ‘n nagmerrie! Hulle werk nooit nie en as hulle werk is dit ‘n raailsel want hulle sal af wees in een rigting (maw 4 rigting stop) maar hy is groen in die ander rigting!! Baie hartseer maar ek hoop nou sal Delmas verkeer iets begin doen aan die situasie.

Mark ·

As ek kan, vermy ek die strate tussen 6pm Saterdagaand tot 8pm Sondagoggend, dit is waansinnig om te sien hoeveel dronk bestuurdes op die paaie is. Die mense is roekeloos en gee glad nie om vir ander padgebruikers nie.

Selfie ·

Kyk maar hoeveel mense bestuur terwyl hulle besig is met boodskappe op die selfoon. LEWENSGEVAARLIK! Die selfoon is verantwoordelik vir hierdie tipe onverstaanbare ongelukke , al wil niemand dit hoor nie.

willem botha ·

Dit is die grootste rede vir ” buller bashing” in meeste dorpe behalwe vir die motorfiets ryers vir hulle is dit soms noodlottig.

Blommie ·

Ag dis baie hartseer, al wat n mamme wil doen is haar kindjie beskerm.
Opgewonde oor die babatjie, dan gebeur sulke goed en ek verstaan nie hoekom nie.
Hoekom moet sulke goed gebeur met onskuldige mense, my hart gaan uit na almal wat haar ken, hoop en bid die babatjie is okay!
RIV Mamma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.