‘Swanger’ SA vrou se maag toe vol dwelms

dwelmsʼn 32-jarige Suid-Afrikaanse vrou wat beweer het sy is sewe maande swanger, is Sondag by die Rajiv Gandhi Internasionale Lughawe in Hyderabad, Indië, in hegtenis geneem nadat beamptes besef het haar maag is eintlik geswel weens dwelms wat sy glo ingesluk het.

Die Times of India berig Mosiea Moosa het by die lughawe geland vanaf Dubai toe sy vasgetrek is. Sy het glo 35 uur lank gereis sonder enige kos of water met die dwelms in haar maag.

Beamptes van die dwelmbeheerburo het agterdogtig geraak nadat hulle na haar paspoort en reispatroon vir die afgelope week gekyk het. Sy het glo na Sao Paulo in Brasilië gereis waar sy kokaïen wat in latex-pakkies opgemaak was, gesluk het en ook ʼn groter pak in haar liggaamsholte versteek het.

Moosa is glo na ʼn hospitaal geneem waar sy 51 van die latex-pakkies uitgewerp het, waarvan elk net oor die 10 gram geweeg het. Die groter pak het 250 gram geweeg. Die totale gewig van die dwelms wat sy in haar lyf gedra het, was 793 gram.

Maroela Media het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale verhoudinge en samewerking genader, maar hy wou geen kommentaar lewer nie. Hy wou ook nie die vrou se naam bevestig of antwoord watter regstappe nou teen haar gedoen sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bloues ·

Geen simpatie maak nie saak wat die redes was nie. Ek hoop sy sit baie lank in hulle tronk!

Wonder-ma-net ·

Is dit armoede of juis geldgierigheid wat mense dryf tot sulke dade?

ZANE ·

Ek stem 100% , sluit haar toe ! Nou weet hy kwansuis nie watter regstappe gedoen gaan word nie , sy snokkel met dwelms , dood eenvoudig en kla haar daarvolgens aan !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.