Swanger vrou aan boom gehang

Tshegofatso Pule (Foto: Twitter)

’n Beroep word op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom in verband met die grusame moord op ’n swanger vrou van Johannesburg vroeër vandeesweek.

Tshegofatso Pule (28) is vermoedelik met ’n skerp voorwerp gesteek voordat haar liggaam Maandag in Roodepoort aan die Wesrand aangetref is waar sy aan ’n boom gehang het. Pule was agt maande swanger.

Pule is verlede Donderdag vir die laaste keer lewend gesien toe sy in ’n taxi geklim het wat haar kêrel vir haar gereël het.

Maite Nkoana-Mashabane, die minister van vroue, jeug en mense met gestremdhede, het gesê sy is geskok deur Pule se moord wat blyk die jongste gewelddadige aanval teen vroue in Suid-Afrika te wees. “Dit is net hartseer en is ’n skande vir ons samelewing,” het die minister gesê.

“Ons moet nooit toelaat dat geslagsgebaseerde geweld ’n norm in ons gemeenskappe word nie. Hoeveel meer vroue, jong meisies en kinders moet leef met hierdie voortdurende vrees om aangeval en geskend te word? Vroue hoef nie hulself teen mans te beskerm nie. Hulle het die reg om veilig te voel,” het Nkoana-Mashabane gesê.

Maite Nkoana-Mashabane (Foto: ANA)

Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag buite Pule se huis in Soweto aan verslaggewers gesê enigeen met inligting rakende Pule se moord word versoek om brig. Khuboni van die polisie by 082 307 0716 aan te meld.

“Iemand êrens kan moontlik meer inligting gee. Ons laat dit nou in die hande van die wetstoepassingsagentskappe en ons hoop dat ons as die gemeenskap en die media vir die familie hul ruimte sal gee om te treur,” het Mazibuko gesê.

Maroela Media het ’n navraag by die betrokke polisiewoordvoerder ingedien en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willem ·

Ek hoop die eff praat so baie oor haar moordenaar soos Amerika se Floyd

Magda ·

Dit is verskriklik tragies – dubbele moord en waar is die optoge nou. eff (mal-eempie) hoekom nou so stil!!!!! Baie sterkte aan haar familie, gun so iets vir NIEMAND nie.

JohanR ·

Ja minister ons is ook diep geskok oor die grusame moord op die 28 jarige swanger vrou, en treur saam met die familie en hoop van harte dat die skuldiges is gou vas getrek. Maar se my minister, was jy net soe geskok oor die boer en sy vrou wat onlangs aangeval is waar die vrou se gesig tot ‘n papery geslaan is, en die man met kook water verbrand is? En dan is daar die moord op die boer en sakeman van KZN wat doodgekap is met pangas, Die mense was spier wit minister, en sit seker van die kos op jou tafel wat jy vir ontbyt, middagete en aandete geniet. Maar miskien dink jy daai kos verskyn soos towerkuns op die rakke by Woolworths elke Maandag more minister!

Mariska ·

“Ons moenie toelaat…” Wat ‘n belaglike stelling. Dit is nie asof die slagoffers enige iets toelaat nie. Slagoffers het meestal eenvoudig nie ‘n keuse nie. Hierdie arme vrou se moord is verskriklik. Net wanneer mens dink die wreedheid het ‘n toppunt bereik, dan word mens verkeerd bewys.

Isabella ·

Haar jong lewe is kort geknip sy het so baie nog gehad om voor te lewe…so jammer vir haar familie

Sarel ·

Geagte Minister feit us julle voel niks en is net Lippetasl.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.