Swanger vrou byt ‘verkragter’ se geslagsdeel

Argieffoto

ʼn Vrou wat drie maande swanger is, het haar vermeende verkragter se geslagsdeel erg gebyt toe hy haar glo voor haar vyfjarige dogter buite Witrivier in Mpumalanga verkrag het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het Maandagmiddag in ʼn plantasie plaasgevind.

“Die vrou, in haar vroeë 30’s, het met haar kind geryloop na ʼn kliniek toe ʼn wit Toyota Tazz met twee onbekende mans hulle ʼn rygeleentheid aangebied het,” het Hlathi gesê.

“Tydens die rit is ʼn vuurwapen op haar gerig en sy is aangesê om nie te skreeu nie. Die mans het met die vrou en die kind in die plantasie ingery. Een van die mans het die vrou met ʼn mes aangehou en haar voor haar kind verkrag. Sy kon tydens die beproewing daarin slaag om die man se penis te byt, waarna albei mans van die toneel gevlug het.”

Hlathi het gesê die kind is nie tydens die voorval beseer nie.

Die polisie het ʼn beroep op gesondheidsinstellings gedoen om die polisie in kennis te stel as hulle ʼn man met beserings aan sy geslagsdeel behandel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van verkragting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

ken van benoni ·

Indien die vrou nie swanger was, sou ek sê; “Give her a Bell’s” .!! Wel gedaan!?

Anoniem ·

Hahaha…. en jy kry ‘n Bell’s vir die beste kommentaar van die dag!

christa ·

ek ka nie glo daar is nog steeds mense wat prober ryloop nie. Ons land is so gevaarlik jy kan skaars jou neus by die deur uitsteek of jy word dood gemaak.

Elsa ·

Maak nie saak wie nie, moet nie ryloop nie, dis nerens veilig nie, nie eers in jou eie huis as ek lees van berig oor dreigement om kind in oond te sit, diwanneer is sekuriteite en polisie sigbaar op al die paaie?

Rita Parys ·

Hallooooooooo Christa … nie almal is so bevoorreg om ‘n ryding te besit nie. Ryloop is hulle enigste keuse. Kom aarde toe uit jou ivoortoring sussie,.

Hoe nou? ·

Ag nee mense, dis nie nodig om nydig te wees nie. Almal is nie ewe bevooreg nie. Party kry swaar en ander nie. Wat die mense se is dat dit is n waagstuk om te ryloop. Hierdie gewoonte is veral sigbaar onder anderkleuriges in afgelee gebiede. moenie so gou wees om te oordeel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.