Swanger vrou deur buffel gedood

Argieffoto: Wikipedia

Argieffoto: Wikipedia

ʼn Swanger vrou van Zimbabwe wat vermoedelik onwettig die grens na Suid-Afrika oorgesteek het, en haar ongebore baba is Dinsdag dood toe ʼn buffel haar gegaffel het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in die Shikonyolo-gebied in die noorde van die Krugerwildtuin plaasgevind.

“Volgens inligting was Emelani Magayisa (31) en haar man deel van ʼn groep mense wat die land onwettig binnegekom het. Haar man het aan die polisie gesê ʼn buffel het haar doodgemaak. Sy het ʼn gapende wond aan haar maag gehad,” het sy gesê.

Dit is nie duidelik hoe ver die vrou swanger was nie. Die ander mense wat deel van die groep was het glo gevlug. Hulle is nog nie opgespoor nie.

Volgens Otto werk die polisie saam met die departement binnelandse sake om te bepaal of Magayisa se man die nodige dokumente het om in Suid-Afrika te wees. Hy is egter nie in hegtenis geneem nie. “’n Geregtelike doodsondersoek is geopen,” het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

abram ·

Dis baie lelik om so te sê daai was iemand se ma en iemand se kind

anon ·

abram party mense nie respek vir ander nie moet altyd sleg se

Paul ·

Lyk my die buffels het besluit dat as die polisie nie die onwettiges kan uithou nie dan moet die natuur maar sy kant bring.

Mooi foto van ‘n buffel.

Winston ·

Ja Paul. Daai buffel is regtig pragtig. Dis swart regerings se skuld dat hulle mense so vlug en dan hierdie gevare moet trotseer. Behandel eers die oorsaak dan die simptoom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.