Swanger vrou deur trok doodgery

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Swanger vrou is Saterdagmiddag dood nadat sy deur ʼn vragmotor op die N1 by Bloemfontein in die Vrystaat raakgery is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het glo in die omgewing gewerk toe sy deur die vragmotor raakgery is. “Die vrou het ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.”

Die vrou is op die toneel behandel voordat sy na die Mediclinic Bloemfontein vervoer is vir verdere behandeling. Die vrou het egter kort ná haar aankoms by die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die omstandighede tydens die vrou se dood word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Voordat die Metropolisien en Verkeerspolisie nie hulle werk ernstig opneem nie, sal hierdie gru-ongelukke nie ophou nie. Ek rapporteer weekliks probleme aan ons Metropolisie in Ekurhuleni, maar hulle trek net hulle skouers op en sê DIS NIE ONS AREA NIE. Waar is hulle area dan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.