Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het glo in die omgewing gewerk toe sy deur die vragmotor raakgery is. “Die vrou het ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.”
Die vrou is op die toneel behandel voordat sy na die Mediclinic Bloemfontein vervoer is vir verdere behandeling. Die vrou het egter kort ná haar aankoms by die hospitaal aan haar beserings beswyk.
Die omstandighede tydens die vrou se dood word ondersoek.
Voordat die Metropolisien en Verkeerspolisie nie hulle werk ernstig opneem nie, sal hierdie gru-ongelukke nie ophou nie. Ek rapporteer weekliks probleme aan ons Metropolisie in Ekurhuleni, maar hulle trek net hulle skouers op en sê DIS NIE ONS AREA NIE. Waar is hulle area dan?