Swanger vrou durf aanvaller aan

Anton en Carina Klopper van Rustenburg. Foto: Verskaf

ʼn Jong swanger vrou van Rustenburg in Noordwes het Maandag verbete geveg om haar man uit die wurggreep van ʼn aanvaller te bevry wat hulle helder oordag in die dorp wou beroof.

Gerda Steyn, by wie die jong getroude paartjie Anton (25) en Carina (24) Klopper woon, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy was saam met die egpaar dorp toe, waar die aanval plaasgevind het.

“Carina is nou ses maande swanger en was na haar dokter vir ʼn roetine-ondersoek. My man, Dries, het ons by die dokter se praktyk naby die Wimpy afgelaai, waarna hy na ʼn handelaar is om nuwe bande op ons voertuig te sit,” het Steyn gesê.

“Ons was so 10:15 klaar by die dokter. Ek het my man gebel en hy het gesê hulle is nog nie klaar met die voertuig nie. Ons drie het toe besluit om solank na die handelaar te stap en het in Nelson Mandelaweg opgestap.”

Steyn het gesê sy het haar selfoon aan Anton oorhandig sodat hy dit by hom kon hou aangesien sy om veiligheidsredes nie ʼn handsak by haar dra nie.

“Anton het sy beursie, sy selfoon en my en Carina se fone by hom gehad. Ek het so twee tree voor Anton en Carina geloop en by die munisipaliteit het twee mans verby my geloop. Een van hulle het sy hare in rastalokke gedra. Kort daarna hoor ek toe Carina gil agter my.”

Steyn sê toe sy omkyk, het een van die mans met die rastalokke vir Anton van agter gegryp en hom in ʼn wurggreep beetgehad terwyl die twee aanvallers aangedring het op sy beursie en die selfone.

“Carina was histeries. Sy het verwoed baklei om die man se arms om Anton se nek los te kry, terwyl Anton self ook ʼn hewige bakleiery opgesit het.”

Volgens Steyn het sy gevrees dat die mans ʼn mes by hulle gehad het. Sy het in die straat gehardloop om hulp by motoriste te soek.

“ʼn Jong vroutjie het stilgehou en gesê sy het haar pistool by haar. Sy het net uitgeklim toe daar ook ʼn jong man met ʼn bakkie gestop het om te help. Een van die aanvallers het toe weggehardloop. Die jong man het kort daarna die aanvaller wat Anton nog beetgehad het, aan sy rastalokke beetgekry.”

Die aanvaller kon homself uit die man se greep loswikkel en het met leë hande weggehardloop. Albei aanvallers kon daarin slaag om te ontsnap.

“Ons het baie groot geskrik, maar is darem ongedeerd. Mense moet asseblief versigtig wees as hulle op straat moet loop. Die aanval het helder oordag in ʼn besige dorp plaasgevind.” Sy sê sy het nooit die barmhartige samaritane se name gevra nie, maar wil hulle uit die diepte van haar hart bedank.

Hulle het nog nie ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nie.

Dit is nie die eerste keer dat die Steyn-gesin met geweldsmisdaad te doen kry nie. Sy sê hulle is nog besig om die aanval op haar seun, Braam Blignaut (37), te verwerk. Blignaut is op ʼn kleinhoewe vir twee selfone en R250 geskiet terwyl sy vrou en vier kinders saam in die huis was. Blignaut het die aanval oorleef, maar is verlam gelaat nadat die koeël ʼn senuwee in sy rug afgeskiet het.

Die Blignaut-gesin is nooit weer terug na die kleinhoewe in die Buffelsfontein-omgewing waar hulle in Julie 2015 deur twee gewapende mans aangeval is nie. Blignaut het voor die aanval as ʼn voorman by ʼn myn gewerk. Lees meer oor dié aanval op Maroela Media.

“Hy was die broodwinner in die gesin en noudat hy verlam is, kan hy nie meer werk nie. Sy vrou, Izulda, versorg hom voltyds. Dit gaan maar swaar met hulle. Hy sukkel met bedsere, kry spasmas en verduur nog baie pyn. Dokters het gesê dit kan tot vyf jaar vat vir sy liggaam om te ‘aanvaar’ dat hy verlam is.”

Steyn, ʼn bakster van formaat, hou juis Saterdag 1 April ʼn groot bakdag by Hoërskool Rustenburg waar vroue van onder meer Vereeniging, Durban, Amanzimtoti en selfs die Weskus tuisgebakte lekkernye gaan verkoop en hul opbrengste aan die Blignaut-gesin skenk. “Daar is plek vir nog baksters wat wil deelneem,” het Steyn bygevoeg.

Steyn het intussen van die polisie verneem dat die verdagte wat haar seun geskiet het, glo dood is. Sy makker is nog soek.

Braam Blignaut en sy kinders ná die aanval wat hom verlam gelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Dellaq ·

Kan mens die Blignaut familie help met skenkings, Maroela?

Janie Monsieur ·

Dagsê Dellaq,

Dankie vir jou kommentaar. Jy kan gerus vir Phillip, die joernalis wat die storie hanteer, kontak en hy sal jou dan in kontak sit met die familie.
E-pos hom gerus by [email protected]

Groetnis
Janei nms. Maroela Media

Varkie ·

Ja jong ek voel deesdae nogal sleg want soos ek in enige straat moet loop kyk ek maar wie daar is en wie loop agter en voor my, en as die een in dieselfde kant as ek loop dan loop ek na die ander kant ens, ek weet almal op straat is nie vyandig nie maar dit het nou tot dit gekom, ek was al in n “goeie” area te voet ook al amper beroof, jy kan nerens meer veilig loop nie.. bly die mense was gehelp

AL ·

Baie trots op die swanger vroutjie en die barmhartige samiritane.
Ek dink nie die publiek besef watter geweldige impak plaasaanvalle het nie. Daar is soveel hartseerstories wat saam met statistieke verlore gaan

Carisma Laubscher ·

Hi, eks baie bly dat niemand seer gekry het nie. Dit was n besturing dat ek daar gery het. Sal dit weer doen…..sonder on twee keer te dink.

Balkie ·

Rustenburg is deesdae so vol van geweldige aanvalle. Hoop mense ondersteun die Blignaut gesin in hul duisende.

Boerin ·

Ek val niemand aan nie. Ek wonder maar net hoekom die saak nog nie by die polisie aangegee is nie? Sterkte aan die swanger vroutjie, hoop van harte sy en die ongebore baba is 100% na die voorval. Sterkte ook aan die ander.

Grens ·

want dit gaan niks help om by hulle aan te meld. Mors van tyd, ons moet maar self voortveg!!

oumie ·

Boerin in watter land bly jy hulle is wit en niks is gesteel nie dink jy die sapd gaan hul Kentucky tyd mis vir soiets dankie tog vir n gelukkige einde en baie sterkte aan jul almal

Ronel ·

Want dis ‘n vermorsing van tyd en energie om ‘n saak by die polisie aanhangig te maak.

Ruth ·

Ongelukkig help dit nie jy gaan hier polisie toe nie…nie net ignoreer hulle jou ure lank by polisie kantoor nie, jy hoor niks van hulle nie….ek is Desember met ‘n mes gesny oor my arms en ribbes gesteek vir my selfoon en R250 in my sak…swart mense op to eel het my gehelp, ambulans en polisie het nooit uitgekom nie, ons huis dokter het van sy spreekkamer tot op die toneel gery en my kom help, tot my pa kon kom. Rustenburg is jy nerens veilig nie. En as jy iets se word jy helder oordag van pad gedruk en aangeval.

snoefie ·

al voel jy dis tydmors om son aanvak aan te meld, meld dit nogtans aan.

Tammy ·

Dit gaan net statistiek wees as dit aangemeld word. SAP gaan niks doen nie. More val die gemors weer iemand anders aan totdat hulle kan steel om te verkoop. Sies, Suid Afrika het n hool van misdaad geword en ons regering word net vetter en ryker. Pleks hulle doen iets aan die misdaad en stel geloofwaardige polisie beamptes aan. Ek skaam my dood om te sien hoeveel polisie is betrokke by misdaad. Hoe word sulke mense in so n kritieke werksomgewing toegelaat?

Uvonka ·

Baie maklik Tammy, pelle van pelle, familie van familie en so raak dit al hoe meer ‘n put van ongeregtigheid.

Barrie Vermeulen ·

Sy is ‘n afstammeling van die Voortrekker vrou wat kaalvoet oor die berge geloop het: Carina ek salueer jou. Jy het meer murg in jou pype as meeste van hierdie slaprug wit mans wat staan en toekyk hoe ‘n wit vrou aangerand word.

Corrie ·

Trots op jou Carina! Net nog n bewys nie alle vroue is weerloos nie. Dankie Jesus julle is ongedeerd. Ook n groot dank aan die 2 weldoeners. Hoop sy rastalokke was uitgeruk!

pik ·

Ek moet se ek loop deesdae met n sambok rond en hy dwing nogal gesag af op mense niemand kom poer poer by jou nie.

Cornelius du Rand ·

Ek werk elke dag daarmee. Die SAPS gaan niks doen nie. Vir die eenvoudige rede dit is ‘n wit man wat deur swart mans beroof is. In die meeste SAPS lede se boeke is dit nie eers ‘n misdaad nie. Maar laat ‘n wit man ‘n swart man iets na bewering aandoen. Dan is die hele poliemag en bevelvoerder daar in 5 minute saam met die plaaslike ANC, EFF en ANC light (DA) om die wit boer toe te sluit. Ek kan dit staaf met baie feite.

gerda ·

Baie dankie julle, ASB Braam het nie meer pille vir sy spasmas nie, hy is in geweldige pyn, as enige iemand wil help, hier is hulle kontak nrs en bank bes! Braam-0728834031 Izulda- 0723871008 Bank bes- ABSA spaar rek- 9324353196. Baie dankie! Gerda

gerda ·

New Nico, hy gebruik baclofen van begin AF, sal dit help vir sy spasmas? Hy het my gebel vanmiddag en gehuil, hy kan die pyn nie meer hanteer nie, word te veel vir hom, ASB as julle kan add my op WhatsApp op 0764671411

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.