Swanger vrou en kollega saam verkrag in Hazyview

polisieSkaars vier dae nadat ʼn groep skoolkinders van Centurion tydens ʼn skoolkamp in Hazyview in Mpumalanga beroof is, is ʼn swanger vrou van Pretoria en haar kollega daar verkrag.

Kolonel Leonard Hlathi, ʼn provinsiale woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die twee vroue, onderskeidelik 32 en 23 jaar oud, is Sondagoggend omstreeks 03:00 deur twee rowers in die Tatenda-gastehuis, waar hulle tuisgegaan het, oorval. Die twee vroue was op ʼn sakebesoek in die omgewing en het ʼn kamer gedeel. “Die aanvallers, waarvan een gewapen was, het deur ʼn glasdeur toegang tot hul kamer bekom. Hulle het die twee vrouens met ʼn vuurwapen aangehou en hulle van hul selfone en juweliersware beroof, waarna die vroue deur een van die mans verkrag is,” het Hlathi gesê. Die 32-jarige vrou is hoog swanger.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak. Hlathi versoek dat enigiemand wat meer inligting oor die saak het, met kapt. Albert Mansini by 082 449 0231 in verbinding sal tree.

Lees ook:
Kinders tydens skoolkamp in Hazyview beroof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Vas Vat ·

Wat van n GROOT elektroniese advertensie bord wat die moorde, verkragtings ens aankondig elke dag ???

Pieter Potgieter ·

Ja nou stem ek saam sommer een vir die plaasmoorde ook. Ek wonder waar is die DA nou. Hier is mos nou kans vir die DA om te wys hulle gee ook vir die witmense om. Kom DA ek daag julle uit soek julle ons stem volgende jaar.

Eben ·

Dis waar Pieter …. aan die ander kant vir wie kan ons stem behalwe die DA? Die ander partye is maar net n poep in die wind. DA sal MOET iets doen om die wit stem na hom te lok met dade! Dans op verhoë gaan nie werk, wys ons julle kan die anc aanvat!

Jasper ·

Maroela het my kommentaar oor die vyand se dade afgehaal.
Ek het so effense probleem dat die mense verantwoordelik vir al hierdie verfoeilike dade dit as n Nasionale “Score board” gaan sien
Ek stel dit dan so: Publiseer elke noodlottige ongegeluk of geweld waarin een van hulle betrokke was in die ooreenstemmende tyd van moord en verkragtings saam met dit wat beoog word.
Is ek weer lelik ?

Justi ·

Maroela, waar is my kommentaar wat ek gelewer het? Mag ek dan nie my se, se nie? Tsk, dis baie onregverdig!

Eben ·

Leonard Hlathi ek dink dis tyd dat julle polisie julle eie werk doen en minder KFC een. Elke dag is daar berigte dat ‘enige iemand met inligting so-en-so moet skakel’ A nee A ou grote begin warm maak tussen julle mense dat hulle self die werk doen waarvoor hulle betaal word.

Komaan DA …. ons wag. As julle nie geld het om dit op groot borde te plaas nie, vra die publiek glo my almal sal iets bydra dat die skille af gaan van die oë van die wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.