Swanger vrou glo in hospitaal verkrag

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Dokter van Qwaqwa in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn swanger vrou tydens haar ondersoek in die hospitaal verkrag het.

“ʼn 29-jarige swanger vrou van Bohlokong naby Bethlehem was op 27 November omstreeks 14:30 in die hospitaal vir ʼn ondersoek,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou voer aan die dokter het haar tydens die ondersoek verkrag. Sy het dit ná die voorval aan haar kêrel gesê en hulle het die saak later by een van hul ooms aangemeld. Die oom en die slagoffer het saam die hospitaalbestuurder gaan spreek.”

Volgens Mophiring is die saak Maandag by die Namahadi-polisiestasieaangemeld en ʼn 29-jarige man is later in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting Woensdag in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tammy ·

Sies, dis n skande. Skop die skurk uit die mediese bedryf want hy is n vernedering vir ons goeie dokters wat hard werk. Een van sy soort kan n hele land onder skande begrawe!

Fanie ·

Goeie genugtig!! Wat volgende!!
Mens raak nou nog éérs skrikkerig vir die hospitale?

Piet Pompies ·

Dit wil vir my voorkom dat die werk as Ginekoloog groot versoekinge het, ek weet van ‘n geval in Vanderbijlpark waar ‘n Ginekoloog ook so skuur skuur sy pasiente ondersoek het. Sonder om ‘n punt daarvan te maak het hy die dames van nader ondersoek. Hy het sy vrou toe gelos vir ‘n matriek meisie.

pop ·

Dring altyd daarop aan dat n derde persoon teenwoordig is met n ondersoek as jou man nie daar kan wees nie. My man was nog altyd saam met my in die dr se vertrek.

Bennie ·

Jong, die dr.seker nog nie sy kant gestel nie en nou word hy gestenig. Sal graag wil hoor wat die hele senario was,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.