Die polisie op Botshabelo in die Vrystaat het ’n soektog van stapel gestuur nadat ’n 23-jarige swanger vrou en haar kind verdwyn het. Dié vrou ly glo aan ʼn geestesversteuring.
Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Matshediso Maliela en haar seun, Lerato Junior Maliela, is op 23 Mei laas tydens ʼn dankseggingseremonie by haar ouers se huis in Botshabelo gesien.
“Maliela en haar seun is glo na afloop van die seremonie, Thaba Nchu toe,” sê Makhele.
Die familie het ʼn paar dae later bekommerd geraak toe hulle haar nie in die hande kon kry nie.
“Daar word vermoed dat Maliela dalk in Pretoria kan wees.”
Enigiemand met meer inligting oor waar Maliela en haar seun kan wees, kan die Botshabelo-speurdiens by 082 466 8341 of die Stop Misdaadnommer by 086 000 10111 skakel.