Swanger vrou, kind vermis

Matshediso Maliela (links) en Lerato Junior Maliela (regs) (Foto: SAPD)

Die polisie op Botshabelo in die Vrystaat het ’n soektog van stapel gestuur nadat ’n 23-jarige swanger vrou en haar kind verdwyn het. Dié vrou ly glo aan ʼn geestesversteuring.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Matshediso Maliela en haar seun, Lerato Junior Maliela, is op 23 Mei laas tydens ʼn dankseggingseremonie by haar ouers se huis in Botshabelo gesien.

“Maliela en haar seun is glo na afloop van die seremonie, Thaba Nchu toe,” sê Makhele.

Die familie het ʼn paar dae later bekommerd geraak toe hulle haar nie in die hande kon kry nie.

“Daar word vermoed dat Maliela dalk in Pretoria kan wees.”

Enigiemand met meer inligting oor waar Maliela en haar seun kan wees, kan die Botshabelo-speurdiens by 082 466 8341 of die Stop Misdaadnommer by 086 000 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.