Swanger vrou kritiek ná botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Swanger vrou is Woensdagaand kritiek beseer toe sy tydens ʼn botsing op die N12 in Fochville uit ʼn motor geslinger is.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou is etlike meter van haar motor op die ongelukstoneel aangetref. Sy het veelvuldige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand, het Bodasing-Harduth gesê.

“Die vrou is vermoedelik omtrent sewe maande swanger. Met paramedici se assessering van die pasiënt op die toneel het dit gelyk asof haar baba ongedeerd was,” het sy gesê.

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die vrou is op die toneel gestabiliseer en per helikopter na ʼn hospitaal geneem. Twee vroue wat in die ander motor was, het matige beserings opgedoen en is per ambulans na ʼn hospitaal geneem. Die bestuurders van albei voertuie was ongedeerd.

“Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek,” het Bodasing-Harduth gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ken ·

Dis nou al die hoeveelste ongeluk op die stuk pad….. Wanneer gaan owerhede iets omtrent die situasie begin doen?? Ja, die gedrag van baie motoriste is verantwoordelik vir ongelukke, maar daar’s obviously ‘n problem op die stuk pad met verwysing na al die ongelukke wat hier plaasvind……

Wonder ook ·

Jy is reg Ken, dit lyk my Fochville en omgewing is leeuwêreld met ongelukke.

Cherokee ·

Watse verandering stel jy voor om daar gedoen te word, Ken? Daardie is ‘n reguit stuk pad tussen Johannesburg en Potchefstroom met bulte, kronkels, onderbroke lyne en ononderbroke lyne (soos op die foto) en dit is nie anders as vele ander paaie in die land. Nie ‘n uitsonderlik hoë hoeveelheid verkeer nie, eerder relatief stil. En jy vra wanneer die owerhede iets daaraan gaan doen? Aan wat? Dit is eerder roekelose en nalatige bestuurders wat iets daaraan moet doen.

broos ·

etlike meters buite die motor, beteken dit sy het nie ‘n seatbelt gebruik nie?

Melanie Crause ·

Met alle respek gese…. jy was duidelik nog nie swanger nie

Karma ·

@Melanie Crause – so swangerskap gee jou die reg om die wet te verbreek? Is jou motor se veiligheidsgordel dan onverstelbaar? PS: Ek is 6½ maande swanger en dra myne ….

IR ·

Swangerskap is beslis nie ‘n rede om NIE jou gordel te dra nie. Ek sou dink dat dit eerder ‘n nog groter rede is om jou baba ook te beskerm. Ek het regdeur my swangerskap myne gedra. Daar is beslis geen rede om NIE ‘n gordel te dra nie.

Janine N ·

Met alle respek, Melanie; ek is deur VIER swangerskappe en het tot op die einde my sitplekgordel gedra. Jy kry darem ook ‘n verlengingstuk as dit nodig is. Ek het waaragtig nog nooit iemand gesien wat so massief dra dat hul NIE die sitplekgordel kan aankry nie. Die ding gaan immers onder jou maag deur, nie bo-oor nie.

REGVERDIG ·

Veiligheidsgordels ???
Innige simpatie met haar familie

Bokkie ·

Ek stem saam met die dra van veiligheidsgordels, maar ek verstaan dat dit nie verpligtend is vir n swanger vrou om een te dra nie? Sou sy wel een gedra het, sou die ongebore baba dit oorleef het?

IR ·

Hoekom bring mense altyd die “Wet” in met sulke goed – wil jy nie vir jou eie veiligheid ‘n gordel dra nie, dis tog waaroor dit gaan. Die “wet” baat niks daarby nie. Ek het my gordel regdeur my swangerskap gedra, daar is nooit ‘n rede hoekom mens dit nie sal dra nie.

m ·

Mense verkies om nie veiligheidsgordels te dra nie en dan gebeur so iets. Hoop regtig daai baba gaan ok wees want so skok op die liggaam beinvloed verseker die ongebore baba ook. Sterkte aan die vrou.

KarooKlong ·

Daardie klong laat nie aan hom stamp en stoot nie. Hy gaan Springbok voorry toe.

cherene ·

Sterkte aan di vrou, hoop glo en bid julle sal al 2 heel anderkant uitkom.. N motor ongeluk wens ek vi niemand toe ni!

Anoniem ·

ek glo nie baba sou dit oorleef het as sy wel een gedra het nie. die impak op haar maag met die gordel sou haar baie seerder gemaak het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.