‘Swanger vrou’ laat jongman jaag

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

ʼn 26-jarige man is Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy 221 km/h op die N4-snelweg buite Pretoria gejaag het.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het gesê die man is in sy wit Audi RS3 betrap waar hy ʼn gemiddelde spoed van 221 km/h in ʼn 120 km/h-sone gehandhaaf het.

Hy is omstreeks 13:30 deur die Gauteng-verkeerspolisie se hoëspoedeenheid van die pad af getrek.

“Die bestuurder het beweer hy is op pad na sy huis om sy vrou te gaan ‘red’ aangesien sy swanger is. Sy vrou kon egter nie die inligting of beweringe staaf nie,” het Nxumalo gesê.

Die man is in hegtenis geneem en na die Bronkhorstspruit-polisiestasie geneem waar aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en die oorskryding van algemene spoedgrens van 120 km/h aanhangig gemaak is.

Hy moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wim ·

Heelwaarskynlik het dit in die Bronkhorstspruit landrosdistrik gebeur.

Piet ·

As dit ooit sy vrou is? As hy n ongeluk gehad het of veroorsaak het was nie net sy in die hospitaal nie.

Stormrider ·

En as hy onskuldige mense doodmaak in die proses, sit hy met sy tranerige ogies in die hof en smeek vir genade. Ek is so gatvol vir sulke arrogansie en totale disrespek vir lewens. Twee jong outjies wat met duur sportmotors gedice het in ‘n 60km/h sone in Bothalaan het twee weke terug amper my en my gesin uitgewis en laggend by ‘n drinkplek ingedraai. As ek die krag gehad het, het ek daar ingedraai en hulle altwee half doodgeslaan. Hulle hoort agter tralies. Waar is die owerhede as jy hulle nodig het?

Ben ·

Dit is goed dat die verkeerspolisie hierdie tipe jaagduiwels vastrek. Dit sal ook goed wees as die polisie die mense wat 60 en 70 per uur vastrek. Hulle is ‘n baie groter gevaar op snelwee as die wat die spoedbeperking oortree. Een van hierdie kruiers het bykans my en sy gesin se dood gekos op die N4.

Hannes ·

Ek stem 100% saam Ben. Iemand wat 70kmph op ‘n 120kmph smelweg ry is net so gevaarlik soos spoedvrate, indien nie meer gevaarlik nie.

Rassie ·

70 op die snelweg is nog vinnig! Gewoonlik is dit 30km/h in 5de rat!

Basson ·

Ai – jammer vir jou ou maat :(

(Wens mense wil besef dat ‘n Audi @ 221 km/h heel moontlik veiliger is (in gepaste omstandighede) as baie met hulle 4×4 (+ houding + sel) in die woonbuurtes. Ja 60 km/h is TE vinnig in ‘n woonbuurt (of Bothalaan).

Speedy ·

Kom ek probeer weer en stuur weg van die Audi se “verfwerk”. Gaan loer op die internet en daar sal jy vind die Sportback met ‘n topspoed van 250 km/h wat opgeskuif kan word na ‘n lekker 280 km/h. Hy het teen 221 km/h die lengte van ‘n rugbyveld (100m) afgelê in 1,6 sek. Nogal nie sleg vir ‘n ongeluk. Die Audi sal jou so R710 000 uit die sak jaag. Ek glo dat die outjie se baba se stootwaentjie ‘n ietsie minder sal kos. Op hierdie rype ouderdom van 26 kan ons hom kwalik neem dat hy eers doen en dan dink? Nee, hier gaan ons terug en wys die vinger na die regering wat die topspoed moet beperk tot sê 160 km/h sodat jy wel met veiligheid ‘n ander voertuig kan verbysteek.

Chris Ws ·

Hulle moet sy voertuig konfiskeer saam met ‘n vet boete.Kan nie glo daar was ‘n snelstrik nie!Die’ goed is hopeloos te skaars op ons paaie.

Lance ·

So lieg ons ons pad oop in die lewe ..bly dit werk nie altyd nie want baie kom weg

william ·

Meeste luukse motors kan gemaklik n’ spoed van 200km/H handhaaf. Hulle is ontwerp vir die Autobahn.
Die Audi RS3 luier teen 200km/H.
Dit is nie spoed nie, maar slegte en overskillige bestuurders wat die probleem is, asook Trokke, slaggate en mense wat teen 120km/ H agter die stuurwiel aan die slaap raak.
Wie ry stadig en maak ongelukke-Dronk bestuurders!.
Die genot is nou uit bestuur uit met al die kameras op die N3-. Probeer daar deur die vrystaat wakker bly!–nogal moeilik..

gerrit ·

Ek wil jou se daar minister swartmotor moet ook ry 120 km ek baie sien op jhb na pta al motor moet skuif daar minister ry vinnig wat is verskil van spoed ry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.