Swanger vrou op kleinhoewe vasgebind

Argieffoto

ʼn Swanger vrou, haar 25-jarige man en sy 15-jarige broer is erg getraumatiseerd ná hulle Maandagoggend op ʼn kleinhoewe in Boshoek naby Rustenburg in Noordwes vasgebind en beroof is.

Kapt. Elsabe Augoustides, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het tussen 01:00 en 02:00 die oggend in ʼn kompleks op ʼn kleinhoewe plaasgevind.

Die egpaar het in die huis saam met hul baba en die 15-jarige seun geslaap toe drie gewapende mans hulle oorval het.

“Die man, vrou en boetie is vasgebind. Die man is gedwing om die kluis vir die aanvallers uit te wys,” het Augoustides gesê. Daar word verneem dat die baba tydens die beproewing geslaap het en nie deur die aanvallers geteiken is nie.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die slagoffers se hande is met draad vasgebind. Die aanvallers het glo toegang tot die eiendom verkry deur van die elektriese heinings te knip.

Die aanvallers het volgens Augoustides op die vlug geslaan met twee vuurwapens, drie selfone, ʼn televisie, ʼn skootrekenaar en juwele.

Cameron het gesê die vrou kon daarin slaag om haarself los te wikkel en het hulp ontbied.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende huisroof.

Augoustides het bygevoeg dat ʼn huishulp in ʼn ander onverwante voorval omstreeks 09:00 Maandagoggend op die plaas Doornpoort tussen Swartruggens en Koster ook vasgebind is.

Die vrou was glo besig in die waskamer toe ʼn man skielik langs haar verskyn en sê dat hy ʼn bees wil koop. “Sy het vir hom gesê die eienaar is nie op die plaas nie en dat sy hom nie in daardie verband kan help nie.”

Daar het nog twee mans te voorskyn gekom en die vrou in die huis ingedwing waar sy met kabelbinders vasgebind is. Die eerste man was met ʼn vuurwapen bewapen. Hulle het die huis geplunder en juweliersware en elektriese toebehore gesteel. Die aanvallers het hierna op die vlug geslaan. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Theresa ·

Nie een van die gevalle is bloot huisroof nie. Dis sommer aanranding ook want jy vat nie sommer aan iemand sonder toestemming nie. Dan ook sake van trauma.

anton ·

Ek raak briesend as ek hoor dat hulle mense se wapens geroof het!!!
Dit is die belangrikste items wat hulle altyd soek. Net nog wapens in die hande van die kriminele waarmee hulle dit weer gaan gee aan hulle makkers wat ons gaan beroof en/of vermoor mee.
Mense sal moet planne beraam om hulle wapens op ander plekke te berg. Kry n 2de kluis wat goed versteek is en bere die wapens daarin. Maak tog net n plan!!!
Bly dat julle die roof/aanval oorleef het.

Albaster ·

Daar is plotte tussen Rustenburg en Pokeng wat totaal verlate is al as gevolg van misdaad, die totale plotarea is verlate en beset deur onwettige immegrante van Zim, Mosambiek ens, en geen van die oorspronklike ploteienaars meer oor nie.

Pietman ·

Ja dis die plan. om plotte en plase te omskep in plakkerskampe.

Andrew Muller ·

Nog ‘n dag.
Nog ‘n aanval.
Nog ‘n berig in die nuus van NOG mense wat aangeval is.

Kan een land so baie haat in sy hart dra?

geregtigheid ·

Ek sal nooit begryp hoekom vuurwapens in kluise toegesluit word en nie naby kundige hande gehou word nie!

rollie ·

Ek dink dis ‘n wetlike vereiste dat dit in ‘n kluis toegesluit moet wees. Boere moet ontslae raak van die groot gewere en dalk net handwapens aanhou wat hulle in draagbare kluisies kan rondskuif.

Simone ·

Di wet sê dit moet in ‘n kluis wees of dit moet in ‘n “holster” wees, ek verstaan ook nie hoekom mense dit in ‘n kluis los as hulle dit kan dra nie, die eerste ding waarna inbrekers soek is ‘n kluis

KOOS 2 ·

As dit so aangaan gaan n Boer geen wapens he nie !!!!!!!!!!!!!!!

PJC ·

Ek verstaan nog sreeds nie hoe aanvallers so maklik in mense se huise kom sonder om ń geraas te maak nie. Met die nodige voorsorg en jou wapen byderhand moet jy in staat wees om enige inbreker te troef. Iemand moet mense op plase en kleinhoewes oplei om hulself behoorlik te beveilig.

Tc ·

Die beste manier om veilig te slaap en te weet die teroriste gan ons nie onverwags in die bed betrap nie is om die slaap Kames te beveilig. Sit n trellidoor aan die binne kant van jou slaap kamer deur.hulle sal nie die deur kan oop maak nie want die deur maak binekant toe oop en dis waar die deur dan teen die trellidoor vas druk.As daar klein kinder is Dan sal julle n slaapkamer moet deel.Dis ongelukig die land waar ons ons self in bevind en dit gan nie beter raak nie.Beveilig julle self mense….begin met waar julle slaap sodat daar geen mar geen manier is vir hulle om in te kom nie.

Herman ·

Ek kan nie verstaan hoekom die Afrikaner so “Dom_Astrant” kan wees nie. Teen hierdie tyd moet jy mos weet jou lewe is elke dag op die spel maar ons dink mos “ag dit sal mos nie met my gebeur nie” dan gaan ons maar net niksvermoedents aan -en die paddatjie begin stadig kook. Word wakker en dra jou wapen aan jou sy 24/7.

Jeni ·

Het die boere nog nie n plan B nie, moet nie jou gewere in kluis bere nie,
sit sommer n pellet geweer daar in, bere jou gewere op n ander plek!

not in wonderland ·

Herman, nou is die Afrikaners “dom-astrant” . Wat noem jy die oortreders?

Komaan ·

Aan al die liberales en ANC en EFF ondersteuners . . .EK VRA VANDAG< wat sou gebeur het as WIT MANS 'n SWART SWANGER VROU VASGEBIND en die familie so VERNIEL het? Die Kommissaris en Minister ONTKEN daar is 'n aanslag op WIT LEWENS, maar asb Max en KIE, ek vra vandag WAT SOU JULLE DOEN AS DIT 'n SWART VROU WAS WAT DEUR WIT MANS SO MISHANDEL IS???? Die hele wereld is up in arms oor 'n DOODSKIS saak, maar die aanvalle en moorde op BOERE WORD VERBLOEM!!!

rollie ·

Wie se skuld is dit dat witmense nie by hofsake van plaasaanvalle betoog nie? Sien dis die verskil, witmense sit cosy en moan met ‘n rooiwyntjie in die hand voor ‘n kaggelvuurtjie.

@ Rollie ·

JY IS VERKEERD, die witmense word GEFIRE as hulle van die werk af wegbly. Hulle vat nie al 36 dae siekverlof en 22 dae verlof en 7 dae gesinsverlof om te gaan betoog nie . hulle het gesinne om voor te sorg en word BAIE VINNIGER afgedank as die makkers wat aan al wat ‘n unie is behoort .. So DAAR is jou antwoord .. en in elk geval is die betogings in die oggende wanneer ALMAL WERK, so niemand kan met ‘n rooiwyntjie langs die vuur sit nie .. WEER VERKEERD ou rollie .lyk my jy ken NIE witmense se lewens nie.

Sputnik ·

‘n Alarmstelsel wat jou vroeë waarskuwing kan gee is ‘n “móét hê”!

Ouma ·

‘n Hele paar wakker klein hondjies soos Jack Russels in die huis is die antwoord. As een begin blaf, blaf die hele lot. Dit mag dalk ‘n ongemaklikheid wees, maar dit kan jou lewe red. Maak ‘n klein “doggy door” waar hulle self kan in en uitgaan om toilet toe te gaan. Kom die hond nie terug nadat hy toilet toe gegaan het nie, kry maar jou vuurwapen reg. Iemand wat ek ken is vermoor omdat hy gaan kyk het hoekom die hondjie nie terugkom nie. Bly dan binne.

Gert ·

So maklik om soveel uitlatings te maak van watter aard ookal. Soveel moets en moenies. Feit is dat aanvalle bepland, ongereeld en van streek tot streek gepleeg word. Die algemene kultuur is een van “verkryging”, afbreek en destruktiewe optrede. Om hierdie te “counter” is nie maklik moontlik nie. Wetlike bestuur en toepassing daarvan verskil van individu tot individu gelang van sy of haar waarde sisteem en ingesteldheid. Die vraag is wat nou.

David ·

My honde slaap binne die huis. Mense wat jou plek dophou sien die honde gedurende die dag, maar nie saans nie. Net ‘n dwaas sal daar inbreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.