Swanger vrou se liggaam in rivier gevind

Die Krokodilrivier. (Foto verskaf)

Die provinsiale polisiekommissaris van Mpumalanga het sy skok uitgespreek nadat die liggaam van ʼn swanger vrou in die Krokodilrivier gevind is.

Die vrou se liggaam is Sondag met twee skietwonde in die Kanyamazane-nedersetting buite Mbombela (Nelspruit) gevind. Die liggaam kon nog nie geïdentifiseer word nie, maar volgens die polisie het die slagoffer kort blonde hare en het sy ʼn pienk langbroek en maroen T-hemp aangehad toe sy gevind is. Sy het ook een of meer skietwonde aan haar liggaam gehad. Dit word vermoed die vrou was in haar 30’s en swanger toe sy vermoor is.

“ʼn Saak van moord is oopgemaak en die polisie is tans hard op soek na die oortreders,” het kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, gesê.

Dit is die soveelste moord op ʼn vrou wat die afgelope week aangemeld is en genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het gesê dit is jammer dat hierdie voorval juis in die maand plaasvind wanneer vroue gevier behoort te word.

Maroela Media het vroeër die week berig dat Nosicelo Mtebeni (23), ʼn regstudent aan die Fort Hare-universiteit (UFH) se Oos-Londen-kampus, se liggaam in ʼn tas in Quigney gevind is. By die tas was ʼn swart sak met ander liggaamsdele. Haar kêrel het intussen in die hof verskyn vir haar moord.

Nóg ʼn vrou se liggaam is die naweek gevind waar die van die dakbalke in ʼn huis in Khunu naby Stilfontein gehang het. Palesa Maruping (25) se kêrel en die man by wie sy die huis gehuur het, het Maandag in die hof verskyn op aanklag van haar moord.

Lede van die publiek met inligting wat die polisie kan help om die moord op die swanger vrou op te los, of om haar familie in die hande te kry, kan speur.konst. Andrea Terrance Mthunzi Maphanga by 082 469 1604 skakel of die takbevelvoerder, kapt. Ishmael Zephania Phiri, by 0824691542 kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Misky ·

Absoluut skokkend en die mensdom verval teen ‘n hengse tempo!!!

Elize ·

Vrou of man. In hierdie land is daar geen respek vir ‘n lewe nie.

Belinda ·

Wat gaan aan die dat so moord gepleeg word op vrouens? dis skokkend!!! RIP

JM ·

Ek weet waarom daar soveel moorde is! Vir té veel mense bestaan God en Sy gebod nie.

Casper ·

Is daar niemand wat ‘n familielid vermis nie.Die persoon met wie sy in ‘n verhouding was sal kan help met die ondersoek.

Paul ·

Ek dink die tyd het aangebreek dat daar n standard lewenslange tronkstraf vi verkragting of misdaad teen kinders moet wess

Swerwer ·

Dit is verskriklik. Iewers moet nou ingegryp word. Dit is duidelik dat die ANC nie beheer oor die burgers meer het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.