Ramakone Tsoeu, ʼn burger van Lesotho, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die slagoffer, ʼn 22-jarige vrou, het op 6 Augustus 2015 huis toe gestap in Lipelaneng, naby Hobhouse, toe sy aangeval is.
Tsoeu het ʼn ent saam met die vrou gestap voordat hy haar met geweld na ʼn nabygeleë steengroef gesleep en verkrag het. Tsoeu het sy slagoffer hierna aan ʼn boom vasgebind en gevlug. Die vrou kon later daarin slaag om haarself te bevry waarna ʼn saak by die Hobhouse-polisiestasie aanhangig gemaak is.
Tsoeu is ʼn paar dae ná die voorval in hegtenis geneem. DNS-toetse het hom positief aan die verkragting verbind. Lt.genl. Thabethe Mpembe, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en gesê misdadigers wat vroue en kinders mishandel “sal tronk toe gestuur word waar hulle hoort”.
Waar is die span wat die ondersoek gedoen het Kom haal ons boere moordenaars uit ?
Goed gedoen ondersoekspan! Stem saam met Liewe Heksie. Lewenslank vir dié daad is eintlik te kort.