Swanger vrou ses keer geskiet

swangerDie Kaapstadse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn swanger vrou Sondagmiddag doodgeskiet is.

Die vrou (24) is na bewering omstreeks 16:30 ses keer in Ivanhoestraat, Matroosfontein, geskiet. Sy is glo vier keer in die bors en twee keer in die maag getref.

Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag by navraag aan Maroela Media gesê die saak word nog ondersoek, en niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie. Die motief vir die moord is ook nog nie bekend nie.

“Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel,” het Van Wyk gesê.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.