Die Kaapstadse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn swanger vrou Sondagmiddag doodgeskiet is.
Die vrou (24) is na bewering omstreeks 16:30 ses keer in Ivanhoestraat, Matroosfontein, geskiet. Sy is glo vier keer in die bors en twee keer in die maag getref.
Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag by navraag aan Maroela Media gesê die saak word nog ondersoek, en niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie. Die motief vir die moord is ook nog nie bekend nie.
“Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel,” het Van Wyk gesê.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Dis vreeslik!!!! Dis n dubbelle moord.