Swanger vrou sterf toe trein haar tref

Argieffoto

ʼn Swanger vrou, vermoedelik 32 jaar oud, is Vrydagaand dood toe ʼn trein haar in KwaZulu-Natal getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het langs Camperdown- informele nedersetting plaasgevind. “Paramedici het kort ná 23:00 by die toneel opgedaag en is langs die spoor vergesel tot die plek waar die vrou gevind is.”

Die vrou het veelvoudige beserings opgedoen en het nie enige teken van lewe getoon nie. “Daar was ongelukkig niks wat paramedici verder vir haar kon doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.”

Niemand van die goederetrein is beseer nie.

Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frikkie ·

Wat soek die vrou op die terrein , soos gewoontlik vat hulle kanse om oor besigge paaie en spoorlyne voor aankomende verkeur oor te hardloop. Nou sal daar weer n ondersoek wees, die trein drywer moes mos uitgeswaai het of nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.