Swanger vrou sterf tydens KZN-plaasaanval

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 26-jarige vrou, die ma van twee jong kinders, is Saterdag dood in ʼn aanval op ʼn plaas in Weenen in KwaZulu-Natal. Sy was swanger met die egpaar se derde kind.

Haar man was in ʼn hewige geveg met die aanvallers betrokke om sy gesin te beskerm nadat die aanvallers ook probeer het om die seun van agt te verwurg. Die dogtertjie van vier is ongedeerd.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is die pa na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie in Weenen het die voorval bevestig. Die man is ernstig beseer en ontvang behandeling in die hospitaal.

Die gesin se name is nog nie bekend gemaak nie.

Chris Pappas, die DA se woordvoerder oor landbou en landelike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, het gesê die party is geskok oor die gewelddadige moord en die tragiese verlies van ʼn ongebore kind. “Ons innige meegevoel aan die familie en die gemeenskap,” het hy gesê. “Daar is egter twee fundamentele kwessies: Waarom bly die president van die land stil en hou aan ontken dat plaasmoorde gebeur? En hoekom word hierdie plaasmoorde nie as haatmisdade geklassifiseer nie?”

Pappas het gesê die gewelddadige aard van plaasaanvalle en die kwesbaarheid van die boere- en landbougemeenskap moet ʼn topprioriteit wees vir die regering. “Tog ontken en ignoreer hulle dit en gee nie om vir die tragedie wat ontvou in ons plaas- en landelike gemeenskappe nie.”

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het ook gesê die realiteit van plaasmoorde is nou lank genoeg ontken en misken in die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap en deur die ANC- regering en die tyd het lankal aangebreek dat president Cyril Ramaphosa dit erken en daadwerklik optree.

Groenewald sal ʼn skrywe hieroor en oor die voorkoms van plaasaanvalle aan Ramaphosa rig met die boodskap dat sy indruk dat dit net wit boere is wat vermoor word, verkeerd is. Die jongste voorval in Weenen is ʼn Indiër-gesin.

“Alle boere in Suid-Afrika word geteiken en vermoor. Dit is ʼn ernstige bedreiging vir voedselsekerheid en pres. Ramaphosa kan nie langer versuim om op te tree nie,” het Groenewald bygevoeg.

“Die sinnelose slagting van die landbougemeenskap soos in hierdie geval, waar ʼn jong vrou op grusame wyse soos ʼn dier keelaf gesny is en die aanvallers daarna gevlug het sonder om iets te roof, kan bloot nie voortgaan nie. Die aantal aanvalle en die buitengewone brutaliteit daarvan, dien as genoegsame bewys dat hierdie nie net gewone misdaad is nie, maar georganiseerde misdaad wat prioriteit aandag verg. Dit is tans duidelik dat boere nie op die regering kan staatmaak vir beskerming nie. Plaasaanvalle gaan verder toeneem en die landbougemeenskap moet paraat en voorbereid wees om, binne die wet, vuur met vuur te beantwoord. Elke persoon in die land het die grondwetlike reg om hom- of haarself te verdedig wanneer hul veiligheid en lewe bedreig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Cleopatra69 ·

Laat die res van die wereld bietjie hoor wat hier aangaan

Delon ·

wat dink jy gaan hulle doen ? jy vergeet dat die anc propaganda hulle onder die vals indruk het dat ons monsters is wat dit verdien

Co ·

Ek doen dit gereeld, met elke moointlike geleentheid lig ek my mening op die “online” nuus groep. En met die blm tyd het ek baie geleenthede gekry om my mening te lig, om Europe te vertel wat hier aangaan, gestaaf met feite! Baie opduime al gekry en dit groei met elke mening wat ek lig! Wat so mooi is, is die feit dat Euronews nie skroom om my menings te plaas nie, nieteenstaande die feit dat hulle ook baie liberaal voorkom!

koos10 ·

BLM, waar is julle kommentaar nou? All Lives Matter!!!!
Baie sterkte aan alle betrokkenes, behalwe die moordenaars. Mag God gee dat julle dade nie ongestraf bly nie.

Pieter ·

Koos vra weer. In die wereld gaan dit net oor swart En die klomp worry oor geen ander ras nie. Almal moet Net hulle jammer kry en alles vir hulle gee en ingee. Ek stem ek is nie saam BLM nie maar wel aan AFM. All lives matter irrespective colour or race.

Oujongvrou ·

Dit raak elke dag skokkender. As ek die goed lees kry ek nie asem nie. Dis sleg vir mens se geestestoestand. Dit knip mense se lewens kort van al die stres. Maar dit pla die ANC glad nie want hulle is sielloos. My innigste simpatie met hierdie stomme familie

Persheks Adri ·

Geen boer geen kos! Nog sinnelose moorde en ELKE dag meer en meer plaasaanvalle. Iemand moet in gryp en die land reg ruk! Plaas bring hul die dood straf terug, maar dis mos ongrondwetlik in CR se woorde… Elke lewe maak saak nie net our people se lewens nie

PieterP ·

Kos kom mos vanaf Shopriye en Checkers en PicknPay se rakke nie van die boere af nie!
Dit is tyd dat elke handelaar plakate opsit om die boere te bedank vir die kos op hulle rakke sodat die boodskap deurgetrek kan word en hulle kan besef! Die stilswue van hierdie groot ketting groepe dra by tot dje disrespect van die boere gemeenskap

Tinus ·

Dit gaan nie help ons wag vir iets om te gebeur van regerings kant af nie. Kom ons doen iets hier omtrent,wat van blok die paaie,ons moet aksie neem,dit kan nie so aan gaan nie!

Renee ·

Vogens onse president mag doodstraf nie terug gebring word nie volgens hom is dit die grondwet maar hulle kan die grondwet venrander vir grond oneining maak net nie sin nie.

JohanR ·

Die feit is dit sal net aangaan en aangaan tensy Cyril Ramaphosa en die ANC iets se. Maar hulle SAL niks se, want die verwydering van die boere vanaf hulle plaase is ‘n ANC beleid. Gaan ons nou elke more wakker word, en moet hoer, sien of lees dat nog ‘n plaas is oornag aangeval terwyl die ANC net mooi niks doen of se? Junie was ‘n geweldadige maand vir plaas aanvalle. Vandag is maar die 5de Julie, en dit gaan maar net aan en aan. Kan ek in Engels se : Cyril Ramaphosa you disgust me, Nkosazana Dlamini-Zuma you disgust me, David Mabuza you disgust me, Jessie Duarte you disgust me, Gwede Mantashe you disgust me, ANC you totally and utterly disgust me! EFF you disgust me!

Nic ·

Ons nou gatvol vir die regering wat so pateties is ek stem saam Blok die paaie en stuur alle berigte na buiteland dat hulle Kan sien hoe word ons boere. En burgers uitgemoor . en anc niks doen CR sê iets of is jy stom hi

Werner ·

Aan almal wat nou so wonder hoekom die regering nie n woord uiter nie , dit behoort nou seker n klokkie te begin lui dat dit hulle goedkeuring wegdra . Hoe anders gaan hulle die boere vd grond af kry hulle kan nie eers hulle werkers betaal nie hoe gaan hulle grond betaal

'n Simpelman ·

Net hartseer.
Wanneer gaan dit stop??
Wanneer on geen boere van enige kleur oor het?
Wanneer ons totaal van China afhanklik is?

Wakker word ANC.
Daai oosterlinge besig om julle vet te maak vir ‘n groot slagting

Ons kan net bid en vertrou.

MakersMark ·

Die gemors wat die land regeer sal niks se of doen nie.

Mariana ·

Nog ‘n moord op plaas en die keer eintlik dubbele moord van jong ma en ongebore kind. Kom mnr die president skrik wakker en hou op lieg vir die buiteland. Hoeveel onskuldiges moet nog sterf voor jy daadwerklik optree. Is dit net swart mense wat seerkry en vermoor word of bly daar ook ander rasse in die land. Skreiende skande dat al die goed plaasvind en jy dit ontken.

Cherokee ·

Pieter, vir ingeval jy hierdie kommentare lees, ek kan nie onthou dat enigeen al ooit direk die vraag aan ramaphosa gestel het, waarom hy dit ignoreer nie? Doen dit gerus en dring aan op ‘n antwoord. Wy ‘n spreukbeurt daaraan.

Flip ·

Dit was al in n sitting in die parlement direk aan Ramaphosa gevra en toe uitgelag deur die meeste daar.

Mariana ·

Innige meegevoel met die gesin. Wrede onsinnige moord op jong vrou en ongebore kind. Waar is die BLM nou of nee die regering. Wat gaan aan hierdie onsinnige plaasaanvalle gedoen word.

marius ·

Diegene wat agter hul lessenaars sit en dit aanblaas is die ware gespuis , en hulle moet voor die voet vergruis word . Punt .

C-Monster ·

Die boere moet besef die regering gaan hulle nie beskerm nie.
Tyd vir georganiseerde selfbeskermingsstruktuur en veldtog. Iets in die lyn ‘n burger kommando. Die regering gaan hulle nie help daarmee nie

madels ·

Die geweld waarmee hierdie familie aangeval is, is soos in n oorlog. Ons weet nou al lankal dis nie net wit boere wat geteiken word nie maar boere van alle rasse. Dit gaan oor grond, grond wat ons president uitbasuin, behoort aan “sy mense”… Die Here sal die laaste sê hê. Dis VERSEKER

Barbara ·

Dis tyd dat ons begin eis dat ons President ieta oor dit sê. Waar is jy mnr Ramaposa?????????????????

Desmond ·

Ons bly hoor dat ons politici so vreeslik geskok is oor wat keer op keer gebeur op die plase. Geskok help niemand nie.
Jul verdien enorme salarisse. DOEN N SLAG IETS DAARVOOR!

JohanR ·

Ek het op Twitter gesien dat ‘n mars teen plaas moorde word beplan vir Saterdag18de Julie vanaf Fairview St tot die Unie Gebou in Pretoria. Begin om 12uur.

Leon ·

Die drie party aliansie is nog steeds besig met sy sogenaamde vryheid stryd. Hulle sal solank hulle onbevoeg is om die land te regeer ‘n stryd hê.

Prikkie ·

Hoekom word moordenaars se reg op lewe deur die Grondwet beskerm nadat hulle ‘n lewe geneem het!

Dit maak mos geen sin nie. Jy kan mos nie ‘n lewe neem en dan word jou eie lewe deur ‘n wet beskerm nie?

Miskien kan Maroela Media Prof Pierre de Vos vra om ons lesers ‘n beter perspektief op hierdie baie ernstige saak te gee.

Annelize ·

Ja, die regering ontken en ignoreer dit, want hulle keur dit goed.

gatgogga ·

Dr Groenewald
Stuur ‘n afskrif van jou brief aan Trump, asseblief.

Mariaan ·

SKOKKEND SKOKKEND! Mens het net nie woorde nie…ons bly in n duiwelse land!!

Jack ·

Mnr Ramaphosa weet baie goed wat hulle beplanning vir die blanke boere en die wit inwoners van die land is en dit gaan nie n inklusiewe stelsel wees nie. Hy word gedwing deur “ our people “ om n blinde oog te draai tov van plaasmoorde. Hy is meer bekommerd oor n onwettige plakker wat deur sy toneelspel van kaal uittrek die aandag op hom vestig. N weerlig afleier vir die onbevoegde ministers en meelopers. Ons kan dit maar vir mekaar se: Madiba was net eenvoudig n beter kwaliteit leier. Ek mis hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.