Swanger vrou tydens transitorooftog geskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Swanger vrou is Dinsdagoggend tydens ʼn transitorooftog in die Wes-Kaap raakgeskiet.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Voortrekkerweg in Parow in die Wes-Kaap plaasgevind. “Sekuriteitsbeamptes is deur twee mense in ʼn lokval gelei. Verskeie skote is deur die verdagtes afgevuur en ʼn swanger voetganger is gewond,” het Traut gesê.

Volgens Traut is sy na ʼn hospitaal vervoer en daar opgeneem.

Hy voeg by die verdagtes het op die vlug geslaan met ʼn onbekende hoeveelheid kontant. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het aan die kant van die pad gelê en was baie ernstig beseer. “Sy het ʼn skietwond aan haar bors gehad. Sy is op die toneel behandel en daarna na die Tygerberg provinsiale hospitaal gehaas vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.

Die ondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.