Swart boere hou optog na Uniegebou

Argieffoto: led.co.za

Argieffoto: led.co.za

Swart boere sal vandag ʼn optog na die Uniegebou in Pretoria hou in protes teen die stadige pas van grondhervorming.

Die African Farmers Association of South Africa (Afasa) het Maandag gesê grondhervorming in die land is ʼn tikkende tydbom. Aggrey Mahanjana, Afasa se sekretaris-generaal, het gesê tesame met onvoldoende ondersteuning aan boere ná grondverdeling en vestiging op plase, kan die stadige pas van grondhervorming uiteindelik tot ʼn potensiële voedselkrisis in Suid-Afrika lei.

Die optog sal deur Afasa en die National Emergent Red Meat Producers Organisation (Nerpo) vanaf Irene gelei word waar die twee organisasies Maandag ʼn gesamentlike jaarlikse kongres gehou het. Die boere sal onder meer trekkers en perde gebruik om tot by die Uniegebou te stap.

“Tydens hierdie historiese geleentheid, die eerste van sy soort, sal ongeveer 500 boere ʼn konvooi van plaasvoertuie, soos trekkers, vragmotors, perde en vierwielmotorfietse, gebruik om van die St George’s Hotel en Konferensiesentrum na die Uniegebou te stap om ʼn petisie, ʼn lys van eise en voorstelle vir grondhervorming en ondersteuning aan boere aan pres. [Jacob Zuma] te oorhandig,” het Mahanjana gesê.

Hy het gesê die boere het voorheen reeds pertinente kwessies wat kleinhoeweboere raak, bespreek en voorstelle aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, asook die departement van landbou ingedien om grondhervorming te bespoedig en doeltreffende ondersteuning aan boere te lewer. Die boere is egter nie tevrede met die vordering wat deur die twee departemente in die verband gemaak is nie.

Hy het gesê die optog sal kwessies soos korttermyn-huurkontrakte op regeringsplase, die gebrek aan tittelaktes, hoë pryse van grond, plaasopsigters se kontrakte, die beskikbaarheid van grond en die stadige vordering van ondersteunings- en rampverligtingsprogramme beklemtoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Lance ·

En as hulle die grond het gaan sit hulle onder die boom en drink bier .. mos baie op tv gesien hoe prag plase wat kos produseer op n silver skinkbord weggegee word, net om te sien 2 jaar daarna is alles stukkend geplunder of verkoop …O ja en dis nooit hulle skuld want hulle het dan nie opleiding of geld van die staat gekry nie …net NOG n gemors !

Frederik ·

Hul gaan vragmotors, trekkers, perde & vierwielmotorfietse gebruik om te stap ?? My kop raas.

jennifer ·

dis nou wat mens ge-dekoliniseerde vervoer noem ….Stap. ek dog Zums kuier by die rykste vrou in Afrika? Prez do Santos van Angola se dogter.

Blikkies ·

Pleks dat hulle die diesel wat hulle gaan mors om met hulle trekkers in die stad rond te ry, gebruik om in hierdie kritieke tye na die reëns te plant!

Blikkies ·

Pleks dat die opkomende boere liewers die diesel wat hulle gaan mors om in die stad rond te ry, produktief aanwend om te plant in die kritieke tye na die goeie reëns!

Gerd Lourens ·

Hierdie is regtig lagwekkend.

Die “boere” het alles verniet gekry en word nog steeds finansieel en met advies/raad/hulp bygestaan, maar ek wag nog om die eerste suksesverhaal aan te hoor.

Azuni ·

So hulle kry die grond verniet en nou soek hulle die fondse om ‘n plaas te kan aan die gang kry? Waar kry die mense hulle logika vandaan? Wit boere moet die land koop en die fondse self kry om dit te bewerk. Die klomp is net eenvoudig sleg.

callie ·

Die regering betaal mos die diesel vir hulle. Stem, die is begin van whitefarmersmustfall

Adri ·

Mooi man. Dalk is dit ‘n wenk vir blanke boere om weer die stad te beset soos voorheen in protes teen die plaasmoorde en die regering se gebrek aan beskerming. Ons sal vir hulle wys hoe dit gedoen word!

Basson ·

Selfde hier, en ook so in baie van ons voorgeslagte – moes WERK om dit by Engelse te kon koop.

Sarah ·

Basson, as jy mooi klaarlees sal jy sien dit is waar hulle begin – “Hy het gesê die optog sal kwessies soos korttermyn-huurkontrakte op regeringsplase, die gebrek aan tittelaktes, hoë pryse van grond, plaasopsigters se kontrakte, die beskikbaarheid van grond en die stadige vordering van ondersteunings- en rampverligtingsprogramme beklemtoon.” Hierdie is n redelike versoek, blanke boere kon ook hiervoor vra en nie ekstremisties klink nie.

Johan Ferreira ·

Presies hoe lank het die klomp nodig om enige iets te leer?. My oupa het as kind van n skoolmeester grootgeword. Die boere het na die oorlog sy pa betaal met groente, meel en vleis om hul kinders te laat skoolgaan. Oupa was in die 50 toe hy sy stukkie grond met n lening moes koop.

Maria van Dieweeck ·

En stropers? O, nog nie een nodig gehad nie, want kon nog niks oes nie.

Sakkie ·

Waar kry hul die trekkers, vierwiel motorfietse en implemente om te boer. Gee vir hul ‘n handleiding om te boer en nie net te “demand” nie.

Net die Waarheid ·

…..in die meeste gevalle word trekkers en implemente gratis deur die staat verskaf, Deesdae is daar blykbaar huurkontrakte maar die Waarheid is dat huurgeld en produksie lenings jaarliks afgeskryf word. Die proses word ‘n paar jaar herhaal en dan kry die volgende nuwe boer ‘n beurt omdat die vorige een nie die pyp kon rook nie. As jy niks het om te verloor nie is hierdie ‘n ideale skema om vir ‘n paar jaar op belastinggeld “vakansie” te hou op ‘n plaas totdat jou tyd verstreke is en die proses hom herhaal. Die eens produktiewe plaas verval egter soos die nuwe boere met geen belang kom en gaan…..grens self aan staatsgrond……

Wessie ·

Manne vanoggend dink ek baie diep. Ons is deur en party nog ‘n erge droogte. Die afgelope week of wat het ons die lekkerste reën gehad. Wat soek julle in die strate. Ons moet eerder op ons knieë gaan en vir die Here dankie sê vir die uitkoms wat hy aan ons gee. Presies dit wat julle vanoggend voor die Unie Gebou wil gaan doen kon julle eerder opgeruk het na ‘n huis van aanbidding. Sê dankie vir die Here en vra vir nog reën sodat ons kan plant en voedsel aan die mense kan gee. Zuma gaan dit nie vir julle gee nie, glo my.

hans ·

Wonder net het die “African. Farmers” bruin en indier lede?

Vivian ·

Wat van die 80% van die plase wat reeds weggegee is wat dormant le? Seker die wat optog hou vandag kan dit kry, sodat hul kan wys wat in hul is. G-vol vir hierdie demand generasie!

Jean ·

Ai tog, wat wys die statistieke, HOEVEEL swart boere was onsuksesvol, hoeveel plase lê nou brak en bar nadat dit oorgegee is EN hulp verleen is om hulle te help boer? Kom ons wees nou eerlik en nie polities korrek nie? En as jy reeds ‘n swart boer is, hoekom boer jy nie nou net en bly stil nie? Hoekom bekommer grondhervorming jou as jy reeds grond het? Ons almal weet dit is ‘n resep vir ‘n disaster, NIE ALMAL KAN BOER NIE! Lyk asof hierdie 20 jaar ZIM sindroom ons ook nou getref het, nou moet al die universiteite brand en plase weer afgevat word. NEE dis nie die swak grondverdeling wat tot ‘n voedselkrisis ly nie, dis die ONVERMOE van mense om te BOER en te PLANT wat ‘n voedselkrisis tot gevolg gaan hê.

Aitoggie ·

Ek wonder…. plaasmoorde sal dan afneem, wanneer hulle oorgeneem het.

Hendrik ·

My grootouers was almal bywoners op plase. Wat is die probleem?

Leigh ·

Laat ek raai. Daar gaan hordes van hulle wees. As daar n optog gereel word vir die wit boere wie sal opdaag? Dit maak my hard so seer dat ons mense nie saam staan as een volk nie.

Nel ·

Net nog ‘n verskoning om te verwoes en af te brand soos met die universiteite.

henk ·

dalk kan hulle hul tyd verwyl daaraan om te probeer boer. die grond waarop hulle sit is vrugbare grond en was suksesvol deur witboere bewerk gewees. Dikwels met skuld wat die boere by banke en kooperasies aangegaan het en wat hulle suksesvol afbetaal het na die oes. En selfs dan wins gemaak het, terwyl die oes kos en werk aan mense in die land gegee het en selfs uitgevoer is na ander lande. En nou groei daar gras en bome waar daar eens rye en rye bome in boorde gestaan het of mielies op lande gestaan het. O ja skuus ek vergeet daar groei sink en modder en papiersak huise in die lande en boorde

Neilia ·

Een van die beste uitvoer lemoen boorde in zebedelia is vir grond hervorming ge eis. Daar is niks behalwe hier en daar tekens dat dit eens van die beste boerderye was, jamner maar afrika mense is selfsugtig,hulle plant n hektaar mielies en glo dit moet n nasie voer. Jy kan nie veel verwag as ons land deurmekaar is met mugabe mentaliteit.

Net ek... ·

Onwettige plakkers wat sommer oral’s plakkershuisies wil opsit, nou’s die tyd om saam met optog te loop. Eis nou om op die swart boere se plase te gaan plak-dis ook jul broers… wat reg is, is reg!

Daniele le Roux ·

Ek is nie ‘n voorstander van grondhervorming nie. Jy kan nie aan iemand iets gee as dit teen die eienaar se wil en wense is nie, en die ontvanger dan van daardie grond nie die vaagste benul het wat hy daarmee moet maak nie. Goed, ek gee toe, daar is ‘n baie baie klein handjievol wat suksesvol is omdat hulle oop en bereid was vir hulp en leiding van regte egte boer, nie die staat nie, want hulle gee net en lewer dan nie ‘n afterstolen service nie. Ek het in Namakwaland gesien hoe diere doodgaan van die honger en dors want die nuwe boer het gekry oor hy bruin of swart is en toe niks verder nie. Dit kan mos nie vooruitgang genoem word nie. Ek is self op ‘n plaas, so ek kan sien en ervaar wat dit behels, en hierdie mense is nie reg daarvoor nie, weer, net ‘n baie bie klein hoeveelheid is. Daar moet ‘n ander manier wees, want om te vat by die kundige en te gee vir die onkundige wakker ook gevoelens aan wat in lyn is met apartheidsgevoelens.

kat ·

ag julle weet wat oor 10 jaar dan is daar hogersnood in die op gemorste land wat deur anc beheer word want hulle kan nie regeer nie net steel en korupsie pleeg vra vir zuma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.