Swart ekonomiese bemagtiging nie rassisties, meen Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (11 November 2020) (Foto: GCIS)

Swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie is nie rassisties nie, en wit mense wat dit teenstaan is soos iemand op die dak van ʼn gebou wat die leer afskop as iemand anders ook tot bo wil klim, meen pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het Donderdag tydens ʼn mondelinge parlementêre vraesessie  in die Nasionale Vergadering gereageer op ‘n oproep deur die DA-leier, John Steenhuisen, dat Ramaphosa toesien dat alle rasverwysings op vorms en in werkaansoeke dadelik geskrap word, omdat dit Suid-Afrikaners verdeel.

Ramaphosa het gesê Steenhuisen se onderskrywing van die nie-rassigheid in die Grondwet is welkom, maar hy moet ook die grondwetlike verbintenis tot regstelling van die diskriminasie van die verlede onthou. “Wit mense pluk steeds die vrugte van die bevoorregting en ongelykhede van apartheid. Die regstelling daarvan deur byvoorbeeld swart ekonomiese bemagtiging is nie diskriminasie nie,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gevra dat wit mense nie ontevrede moet wees nie, maar eerder moet help om ‘n nuwe gety daar te stel wat alle skepe kan lig.

Op ‘n vraag van die VF Plus-LP Tammy Breedt oor sy reaksie op oorlogspraatjies rondom die Brendin Horner-plaasmoord buite Senekal het Ramaphosa gesê mense wat oorlog predik weet wat dit behels, en na sy mening moet oorlogspraatjies eintlik verban word.

Voor sy antwoord op Steenhuisen se aandrang op nie-rassigheid het Ramaphosa self ten gunste daarvan gepraat in antwoord op ‘n vraag deur die ANC-LP Bongani Bongo oor die gebeure tydens verdagtes se hofverskyning in Senekal.

Die president het uitgewys die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners glo in ‘n verenigde Suid-Afrikaanse nasie. Daarom is die gebeure by die hof in Senekal en hierdie week by die Hoërskool Brackenfell volgens Ramaphosa teen die wense van die meerderheid van die land se bevolking.

“Dit skrei teen die gemeenskap wat ons probeer bou en dit reflekteer nie Suid-Afrika realiteit nie,” het Ramaphosa gesê.

Volgens die president moet alle Suid-Afrikaners optree om alle vorme van rasverdeling en rassisme teen te staan, en ongelykheid te besweer deur verdraagsaam, versoenend en eendragtig te wees.

Vroeër in die vraesessie het Ramaphosa hom uitgespreek teen godsdiensonverdraagsaamheid, homself verbind tot die beskerming van Suid-Afrika teen die oorspoel van Isis-aanvalle uit Mosambiek na Suid-Afrika, die uitbou van infrastruktuur in die vooruitsig gestel, geweier om donateurs tot sy suksesvolle CR17-leierskapveldtog van die ANC bekend te maak, en homself herverbind tot die stryd teen korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Persheks Adri ·

Niks met rassisme uit te waai nie pffft hier bewys ons jou WEER hoe rassisties jy en kaders is Cyril! Vlak in die dak maggies man

Cathaldus ·

As jy nie die dak gebou het nie, het jy nie die reg om net sommer op te klim nie.

Susan ·

Hulle bereik niks op meriete nie , ons moet ons dingese af werk en leer dan word die leer weg gevat vir ons agv BEE!!

Andre ·

Nee wat.Verduidelik in graad 1 terme en maak dit so eenvoudig as moontlik maar steeds verstaan hulle nie die skade wat SEB veroorsaak nie.Hoe nou ? My gevolgtrekking- Die ANC kom altyd eerste.Dan die kaders in top posisies.Dan die wat reeds wag om ook op die soustrein te klim en dan meskien in die vierde plek Suid Afrika.Daarom is daar min kommer oor die ekonimie en kan daar geld gemors word op SAA en daarom is die wetteloosheid en misdaad ‘n lae prioriteit.Daarom kan boere maar vermoor word en die werklossheid amper 50% van die bevolking wees.

Hannes ·

In 2099 sal die ANC steeds verwys na witmense wat die vrugte pluk agv apartheid. Ek wonder wie het die land se vrugtebome geplant? Hulle moet maar die HAT se definisie van rassisme verander want die kaart word net in 1 rigting gespeel. “All animals are equal but some animals are more equal than others”

Eiervrug ·

Om die leer af te skop as iemand probeer opklim????. Twak. Swart ekonomiese bemagtiging is vir wit mense om self teen die leer op te klim, en die res om met helikopters op die dak afgelaai te word want hulle weet nie hoe om ‘n leer te klim nie..

Eiervrug ·

Om die leer af te skop as iemand probeer opklim????. Twak. Swart ekonomiese bemagtiging is vir wit mense om self teen die leer op te klim, en die res om met helikopters op die dak afgelaai te word want hulle weet nie hoe om ‘n leer te klim nie..

Kompas ·

A.g.v. Swart Ekonomiese Bemagtiging, word daar soveel druk op ons kinders geplaas om die beste van die beste te wees net sodat hul hopelik eendag ń werk kan kry. Dit moet gaan oor die persoon wat die werk die beste kan doen en nie velkleur nie.

Frederik C ·

Die land se verval het begin met regstellende aksie. Jy stel eenvoudig in ‘n besigheid die beste man aan vir die posisie. Die Staat is ook ‘n besigheid. Ek gaan nie my beste werker – wat swart is – laat gaan net om hom te vervang met ‘n witte wat ek nie ken nie. Dit is wat die regering gedoen het met die instelling van regstellende aksie.

PH ·

BEE gaan juis oor bevoordeling van een ras bo ander. Selfs Trump sou dit moeilik vind om sulke twak kwyt te raak.

Fedup ·

And i am definitely the pope’s niece.
Bet you did not know that jellyfish.

Anoniem ·

Die ou se uitlatings neem my baie jare terug. Ons destydse buurman het 14 kinders gehad. Als het goed verloop totdat hy aan dobbel verslaaf geraak het en elke maand sy inkomste gaan wegdobbel. My ouers kon nie toesien dat hulle kinders honger gaan slaap en het maar altyd hand bygesit. Buurman het daagliks gekla oor hoe arm hulle is totdat my pa vir hom së “ou Koos, jy laat my dink aan ‘n hond wat aanhoudend tjank maar hy weier om sy g@t te lig sodat die spyker hom nie meer seermaak nie.” Nadat ons getrek het moes buurman se kinders ook trek ….kinderhuis toe. Cyril kan (of wil) dit nie insien nie. Die meeste blankes het verpas en daar bly net ‘n handvol in die land oor. Ons kan onmoontlik nie vir sy miljoene “our people” sorg nie. Ons bied aan die beste wat ons kan maar die ou en sy korrupte maatjies staan nou self op daardie einste dak. Hulle het die leër weggeskop en skree van bo dat die blankes na our people moet omsien. Dit werk nie so nie cyril. Word wakker!

Nico ·

Rassisme is ‘n voldwonge feit. Die ANC is te bang om te erken dat hulle foute maak, daarom gebruik hulle altyd hierdie verskonings.

Denise ·

Die man weet nie waarvan hy praat nie…. geen ons n president wat SENCE praat en nie nonsens nie.

Wondermaarnet ·

En as ek ‘n privaat funksie reël en net wit mense nooi dan is dit rassisties? Dubbel standaarde CR????

Wondermaarnet ·

Hehehehe hoe lekker lag ek nou. Ek mag dink wat ek wil, maar ongelukkig nie sê wat ek wil nie.

Alta Alleman ·

My boot is vol gate wat veroorsaak word deur die swak ekonomie van Suid Afrika. Hoe verwag jy moet ek mense red as ek myself nie kan red nie?

Spook ·

Ek sou dit nooit kon raai nie.
En boonop is my neus ‘n kreef ook nog.

Johann ·

Komende van die grootate ras behepte een? Ten minste weet ons darm al wie is in en wie is uit as hy sê “fellow south AFRICANS en our people”. Om te dink dat jou swart vel jou verweer en verskoning is vir als. Jy hoef noe goed of beter of beste te wees nie…NET swart…en swarter….en swartste.

Ondervinding en bekwaamheid is “europese” konsepte.

SHAME ON YOU RAMAPOSA for not manning up and admitting that YOU are a hater of white people!

Persheks Adri ·

Kyk die twak wat hy kwytraak en ons moet help pffft

“Hy het gevra dat wit mense nie ontevrede moet wees nie, maar eerder moet help om ‘n nuwe gety daar te stel wat alle skepe kan lig.”

Nie Verbaas ·

Intellektuele kapasiteit bly sekere mense ontwyk. Het ANC al ooit gwonder hoekom land is waar hy is?

Oumie7 ·

Ai ek weet nie hoe kan Suid Afrika bestaan nog na al die tyd. Ons het 2 ore om te luister en 1 mond om mee te praat so ons moet eindelik meer luister as praat maar die ANC praat praat en praat hulle luister net nie na die mense daar buite nie. Hulle praat bo oor ons almal hulle praat nie met ons nie.

Gerrie ·

Die probleem is dat te veel nie die leer wil opklim nie; hulle wil opgedra word.

Alta Alleman ·

En ander weier volstrek om die bietjie moeite te doen.

pokkel ·

In ‘n vorige inkarnasie was Ramaphosa die kaptein van die Titanic?

Brakpan ·

Na soveel jare en dis steeds nodig??? Sal skere mense nooit op hulle eie voete kan staan nie??? So verloor SA steeds sy kundigheid!!

Yolandie ·

Soos in elke simbiotiese verhouding – moet albei partye gelyk voordeel trek of glad nie. As daar van ‘n minderheid gevra word om steeds ‘n prys te betaal vir ‘n verlede wat lankal nie meer bestaan nie, dra die argument oor apartheid ook nie meer gewig nie. 26 Jaar later en steeds ry julle die apartheid verskoning holrug. Raai wat die wit mense wil nie meer help nie, julle is op julle eie – kyk of julle self reg kan kom julle is mos slim!!!!!!!!

Connie ·

Aaaggg asb mnr die president jy weet nie waarvan jy praat nie, en niemand praat namens my nie, ek het n mond gekry om dit self te doen. Ek se julle stook die rassisme aan, nou wil jy kom vertel die ‘oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners glo in ‘n verenigde Suid-Afrikaanse nasie’, miskien as jy die ‘swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie’ uitskakel want dit is rassisties, want dit tel nie vir ons nie.

Hoekom ·

Ongelukkig is die wit man nie op die dak nie, want met SEB is daar ‘n bordjie by die leer wat sê slegs swartes. Niks in SA het verander nie, dit het net hande geruil…

Regverdigheid ·

Rassisme kom van ons eie Presedent af dis hoekom ons land nie sal reg kom…. wat ons voorvaders gedoen het, het niks met ons te doen ……leef in vrede maar nie met ANC en EFF

Snuffels123 ·

Die kwak. Hy moet sy haat brilletjies bietjie afhaal.

Martie Smartie ·

Het jy al so daaraan gedink hoogedele Ramma, as diskriminasie teen witmense geregverdig is om swartes te bemagtig en nie diskriminasie is nie, dan was diskriminasie teen swartmense vroeër jare net so min diskriminasie. Het jy al so daaraan gedink, witmense in hierdie land was nog altyd by verre die minderheid en moes hulle self beskerm met ‘n politieke bestel en wetgewing om die massas te keer dat om hulle te vertrap, soos nou die afgelope 26 jaar. Soos dit in menige wereld dele gebeur het, insluitend die VSA en Australie. Het jy al hoogedele? Nee seker nie, mens het ‘n brein nodig om te dink …

Rosie ·

Dis hoekom alles ‘n gemors is want hulle lewe in die verlede en met haat. As daar liefde was vir hulle medemens sou hulle nie so rassisties teenoor ons wittes wees nie. Maar alles wat hulle aanpak en dis nie ‘n sukses nie word geblameer op die wittes en apartheid. 26 jaar is ‘n lang tyd maar alles gaan ten gronde. Daar is beslis baie meer swartes in hoë poste as wittes. Kyk maar na al die staat instansies Wie sit in die bestuurstoele? Nee wat mens kan nie met iemand redeneer wat nie verder as sy neus wil kyk of sien nie.

Willempie ·

Die probleem met hierdie proses is dat “ou people” op die dak geolaas word sonder om die leer te gebruik. Hoe sal hulle ooit weet hoe hulle daar gekom het of hoe ‘n mens ‘n leer gebruik.

Ossewa ·

25 Jaar is nie genoeg nie? Die huidige jongmense is dan gebore in ‘n reënboognasie??

Frank ·

Blikskottel!!!! Hierdie mense se manier van redenering dryf mens teen die mure op!!!! Sal my nog mal maak!!!

christo ·

Eerstens is Ramaphosa blind vir dit wat in SA aangaan. Die SA waarin hy leef en wat wit Suid-Afrikaners leef is twee verskillende wêrelde.
Swart ekonomiese bemagtiging is eintlik ekonomiese verkragting.
Tweede as sogenaamde ‘swart sakeman’ het hy ryk geword omdat hy maar net ‘n ‘token appointment’ op direksies was en het hy nie die vaagste benul van die ekonomie nie.
Verder hou hy daarvan om op enige wit protesaksie in te zoom , nét omdat die mense wit is, hulle dan rassiste is. Enige misdaad wat deur ‘n wit persoon gepleeg word, word aan die groot klok gehang, al het die saak nog nie in die hof sy verloop geneem het nie.
Ramaphosa is ‘n dromer en nie eers die ANC ondersteuners het enige respek vir hom nie.
Hy kan vergeet van ‘n tweede termyn want sy eie party gaan hom uit sy leiersposisie verwyder.

Piet ·

Laat CR verduidelik hoe seb en bee die Swart inwoners van n plakkers Kamp bevoordeel. Hulle sit sonder werk en kos sonder vooruitsigte op verbetering. Al Las hulle nog 6 Eeee aan by Bee sal hulle lewens nie verbeter nie.
Dit is net die elite wat skep.

Susan ·

Ons werk op meriete , hulle werk op vel kleur !Hoe gerieflik vir ‘n top pos by ‘n staat instelling.

Adam Adriaan ·

Onder die ANC se bewind lyk apartheid soos ‘n kindertuin in vergelyking met wat vandag in die land van ons aangaan. MOORD, DOODSLAG, DIEFSTAL,KORRUPSIE, VERKRAGTING VAN VROUE, MOORD OP KINDERS, WERKLOOSHEID, EKONOMIE WAT IN DUIE GESTORT HET, SO KAN JY MAAR OPNOEM. Hy kan verwys na apartheid, maar hy is blind vir wat plaasvind in die land van ons onder sy en die ANC se bestuur nie. ALLES IS VERROT ONDER SY BEHEER EN BESTUUR!!

Einstein ·

Maar die wêreld wou dit nie so insien nie. Stadig maar seker kry hulle van hul eie medisyne

Cornelius ·

BEEE is rasisties. Die ANC het net mooi niks sedert 1994 met BEEE bereik nie behalwe massiewe diefstal op feitlik elke vlag van regering.
ISIS is beslis op pad. Dis net n saak van tyd en die weermag gaan magteloos wees om teen hulle op te tree.

Jakes ·

As die agbare president praat dan word ek baie ontsteld want ek het nie lus om na nog n nar te luister nie.

Atta ·

Ongelukkig is die realiteit dat die witman van die dak afgestamp word…

Janee ·

Hier gaan ons alweer….blykbaar verstaan niemand nie, maar die witman is die rassis…..hulle is onskuldig soos more die heel dag. Hy en sy “people” moet bykom….

Servaas ·

As dit nie rassisties is nie hoekom dan sê SWART bemagtiging

Renier johannes ·

Wat van sal dis mos beee en hulle kan nie op hou sukkel nie shame

Hennie ·

Papsak Ramaphosa! Geen ruggraat nie – seker een van die swakte leiers wat ons nog gehad het.

agnes ·

Dis darem maar n feit dat Swart ekonomiese bemagtiging help om nie opgeleide mense in hoe posisies te plaas. Anders sou hulle nooit aangestel word nie want kennis kom kort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.