‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die twee vrouestudente wat afgeneem is met swart gesmeerde gesigte, is uit hul koshuis geskors, het die Universiteit van Pretoria (UP) Donderdag gesê.

“Hulle is uit die koshuis geskors maar nie uit die universiteit nie,” het Nicolize Mulder, woordvoerder van UP, gesê.

“Dit is hangende verdere ondersoek en die uitkoms van ‘n dissiplinêre proses.” Mulder sê die twee studente mag steeds klasse bywoon.

Die twee studente word daarvan beskuldig dat hulle die universiteit se naam in oneer gebring het. Die foto is op sosiale media versprei.

Mulder het vroeër gesê dat die universiteit onmiddellik ‘n ondersoek van stapel gestuur het nadat hulle Dinsdag van die foto bewus geword het. Die foto is tydens ‘n private 21ste verjaardagpartytjie geneem.

Die studenteliggaam Sasco het die universiteit en wit mense intussen daarvan beskuldig dat hulle die jeug leer om swart mense te minag.

Ntuthuko Makhombothi, president van Sasco, sê die foto is onsmaaklik en “uiters rassisties”.

“Swart studente sal nie hul arms vou terwyl daar ‘n bespotting gemaak word van hulle en hul ouers se lyding nie. Die waardigheid van Afrikane kan nie vertrap word sonder gevolge vir die oortreders nie.”

Lees ook:
Tugstappe teen studente oor ‘swart gesigte’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

87 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anoniem

In koshuise het studente noue verbande met die skoonmakers. Studente en skoonmakers noem mekaar squeezas. Die meisies het glad nie ‘n bespotting probeer maak nie maar slegs vir ‘n private partytjie soos squeezas aangetrek. Wat maak dit anders as Amerikaners wat soos indiane of Meksikane aantrek na partytjies? Die storie word uit verband uit geruk en beeld staan weer in die voorry.

Eunice

Ek dink persoonlik dat daar geen probleem is met die foto nie,die mense wil altyd die rasistiese kaart speel,ai mag mens nie eers meer bietjie fun he saam jou pelle nie??? Uiters belaglik regtig.

Estelle

Dit staan duidelik bo “privaat partytjie”!! So kleinlik het ek in my lewe nog nie gesien nie! Ons sal nooit ooit die woord “rasis” uit ons woordeskat kan haal nie, want dit maak nie ‘n flenter saak wat die blankes doen nie, daar sal met n vergrootglas gesoek word na iets wat gekoppel kan word aan rasisme! My oorlede moeder het my geleer dat ‘n vrou se liggaam ‘n tempel is, wat van die swart dames wat in die bank sit en borsvoed? (dit beleef en was hoogs “embarrasing” vir die mans en vrouens wat daar gesit het, ek het… Lees meer »

Burger

Iets wat ons nog baie probleme gaan gee en ons ondergang kan bewerkstelig is die heksejag ingesteldheid tussen rasse en ek sonder niemand uit nie. Almal is hiper sensitief en kan nie wag om mekaar met die grootste klip moontlik te gooi nie. Ek weet nie wat die gesindheid was van die mense toe hulle hulself so aangetrek het nie. Ek kon dit oor nerens lees nie. As dit n gesindheid was om doelbewus neer te sien ,dan het hulle seker iets om oor na te dink. Nog meer pateties is die universiteit wat net oor hulle naam bekommerd is.… Lees meer »

Johann

Die tipe beriggewing raak nou vervelig. Elke keer as iemand soos ‘n persoon van ‘n ander ras aantrek of ‘n grap maak waar ander rasse betrokke is, word dit ‘n politieke kwessie. Dit wil voorkom asof ons as Afrikaners voor in die koor is met die gooi van ‘n klip wanneer ons eie mense ‘n grap probeer maak. Dan tjank sekere ander rasse ook soos babatjies wanneer hulle die teiken van spot word…. spul sissies…!!!!