‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die twee vrouestudente wat afgeneem is met swart gesmeerde gesigte, is uit hul koshuis geskors, het die Universiteit van Pretoria (UP) Donderdag gesê.

“Hulle is uit die koshuis geskors maar nie uit die universiteit nie,” het Nicolize Mulder, woordvoerder van UP, gesê.

“Dit is hangende verdere ondersoek en die uitkoms van ‘n dissiplinêre proses.” Mulder sê die twee studente mag steeds klasse bywoon.

Die twee studente word daarvan beskuldig dat hulle die universiteit se naam in oneer gebring het. Die foto is op sosiale media versprei.

Mulder het vroeër gesê dat die universiteit onmiddellik ‘n ondersoek van stapel gestuur het nadat hulle Dinsdag van die foto bewus geword het. Die foto is tydens ‘n private 21ste verjaardagpartytjie geneem.

Die studenteliggaam Sasco het die universiteit en wit mense intussen daarvan beskuldig dat hulle die jeug leer om swart mense te minag.

Ntuthuko Makhombothi, president van Sasco, sê die foto is onsmaaklik en “uiters rassisties”.

“Swart studente sal nie hul arms vou terwyl daar ‘n bespotting gemaak word van hulle en hul ouers se lyding nie. Die waardigheid van Afrikane kan nie vertrap word sonder gevolge vir die oortreders nie.”

Lees ook:
Tugstappe teen studente oor ‘swart gesigte’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Anoniem ·

In koshuise het studente noue verbande met die skoonmakers. Studente en skoonmakers noem mekaar squeezas. Die meisies het glad nie ‘n bespotting probeer maak nie maar slegs vir ‘n private partytjie soos squeezas aangetrek. Wat maak dit anders as Amerikaners wat soos indiane of Meksikane aantrek na partytjies? Die storie word uit verband uit geruk en beeld staan weer in die voorry.

Snippie ·

Squeezas is soos ekstra ma’s vir koshuisbrakke!! Hulle word werklik gelief en waardeer. Hierdie ou landjie wat tog so kleursensitief is moet regitg net bietjie begin wakker word of ‘n sin vir humor iewers gaan bedel.

Eunice ·

Ek dink persoonlik dat daar geen probleem is met die foto nie,die mense wil altyd die rasistiese kaart speel,ai mag mens nie eers meer bietjie fun he saam jou pelle nie??? Uiters belaglik regtig.

Estelle ·

Dit staan duidelik bo “privaat partytjie”!! So kleinlik het ek in my lewe nog nie gesien nie! Ons sal nooit ooit die woord “rasis” uit ons woordeskat kan haal nie, want dit maak nie ‘n flenter saak wat die blankes doen nie, daar sal met n vergrootglas gesoek word na iets wat gekoppel kan word aan rasisme! My oorlede moeder het my geleer dat ‘n vrou se liggaam ‘n tempel is, wat van die swart dames wat in die bank sit en borsvoed? (dit beleef en was hoogs “embarrasing” vir die mans en vrouens wat daar gesit het, ek het haar nie gaan aankla nie) Ons mag niks daaroor se nie, want dit is hulle kultuur! Wel die afrikaners is plesierig, dit is ons kultuur! Ons sal nooit vorentoe beweeg in die land met al die kleinighede nie!!!

Burger ·

Iets wat ons nog baie probleme gaan gee en ons ondergang kan bewerkstelig is die heksejag ingesteldheid tussen rasse en ek sonder niemand uit nie. Almal is hiper sensitief en kan nie wag om mekaar met die grootste klip moontlik te gooi nie.

Ek weet nie wat die gesindheid was van die mense toe hulle hulself so aangetrek het nie. Ek kon dit oor nerens lees nie. As dit n gesindheid was om doelbewus neer te sien ,dan het hulle seker iets om oor na te dink. Nog meer pateties is die universiteit wat net oor hulle naam bekommerd is. Mense dink en doen verskillend en om almal en alles deel te wil maak van een mens se moontlike sonde is seker maar die ongesonde aard van ons menswees.

As jy van gemende ras is kan jy se wat jy wil en grappe maak oor ras en wegkom met alles. Trevor Noah maak n bestaan daaruit . Elkeen in die land moet regtig kyk hoe die bril lyk waarmee hy na ander kyk.

Johann ·

Die tipe beriggewing raak nou vervelig. Elke keer as iemand soos ‘n persoon van ‘n ander ras aantrek of ‘n grap maak waar ander rasse betrokke is, word dit ‘n politieke kwessie. Dit wil voorkom asof ons as Afrikaners voor in die koor is met die gooi van ‘n klip wanneer ons eie mense ‘n grap probeer maak. Dan tjank sekere ander rasse ook soos babatjies wanneer hulle die teiken van spot word…. spul sissies…!!!!

Ben Esterhuizen ·

Die openbare heksejag op hierdie twee meisies is niks anders as omgekeerde rassisme nie. Dit maak ook ‘n bespotting van ons sogenaamde individuele regte in terme van die grondwet. Gaan daardie studente wat velverbleiker produkte gebruik, of hul hare blond kleur, net om meer blank te lyk nou ook vervolg word?. Konsentreer liewer op sake soos korrupsie, leuens, bedrog, misdaad en sulke goed en los ons studente uit! Daardie mense wat nou hierdie saak teen die studente aanblaas – kyk sommer tussen julle, daar is genoeg geraamtes in jul eie kas om jul besig te hou….

"Huh!" ·

Ek sien niks verkeerd met die foto nie. Dit is ‘n baie goeie en akurate uitbeelding van ons reënboog-susters. Bo alles is die emosies op die gesigte net so goed. So onthou ek altyd ons goeie ou huishulp van jare gelede. Altyd vriendelik met so groot wye glimlag.
Ek hoop die volwassenes wat hierdie saak ondersoek, kan die onskuld van die meisies raaksien.

Meisies, baie sterkte aan julle. Ek hoop die uitkoms van die saak is vir julle gunstig.

HEVW ·

Die meisies word uitgemaak as rassisties, maar kyk hoe reageer die ene president van Sasco. n Toonbeeld van rassisme en n minderwaardigheidskompleks. Sal ons dan tot in die ewigheid nie verlos kan word van hierdie persepsie wat swartmense jeens hulleself het nie. Interessant, nie net in SA nie,maar oor die wereld heen waar swart en wit saam gevestig is, beleef hul dat hul die benadeeldes is en dat op hul neergesien word.Daar word gedurigdeur gekerm oor “freedom” maar nooit sal hul met hierdie persepsie jeens hulself dit beleef nie.

Annoniem ·

Hoe regverdig die universiteit die skorsing van die studente uit die koshuis siende die aksie nie in koshuishoedanigheid plaasgevind het nie? Ek het al swartes gesien soos blankes aantrek en dit word nie as rassisme beskou nie. Sasco het van `n miershoop `n berg gaan staan en maak.

roelien ·

Dit was n dress up party soos wat dit vir my lyk is dit nie rasisties nie. Dit was onskuldig en pret

Leeutjie ·

Dis is kostelik! Wat het van die mense se humorsin geword???

anoniem ·

Dit was n dress up party soos wat dit vir my lyk is dit nie rasisties nie. Dit was onskuldig en pret. Julle kyk net hoe hulle aan trek soos Africans maar wat van die polisies wat altyd te laat opdaag by mense se huise as daar ingebreuk word of verkrag word nee daar word niks oor dit gedoen nee hel suid Afrika is besig om agter uit te loop.

elsie van biljon ·

Dit was net een onskuldige partytjie met n tema, als word uit verband ggeruk, dit is so jammer.
Seker hulle het niks lelik daarby bedoel nie, dis net soos as jy na boemelaarpartytjie gaan en so aantrek.

Johann Roux ·

Een ding wat ons Vader haat is dit onregverdigheid.

Daarom bid ek dat die twee studente onskuldig bevind sal word.
Dat hulle sonder enige viktimisasie hulle studies in vrede mag voltooi.

Julle is in ons gebede en geniet jul sosiale lewe. Daar is niks mee verkeerd as julle dit op ‘n mooi manier doen nie.

ben krause ·

So waarvan gaan ek aangekla word….ek was tydens n “dresscode” funksie opgemaak en aangetrek soos n Chinees en daar was vele ook internasionale rolspelers…..sou ek soos n afrikaan aangetrek en opgemaak gewees het,sou ek n rassis wees?Wel dan SAL ek dit ernstig oorweeg om WEL te doen….ek daag al die medestudente wat eensgesind met die twee studente is, uit om Vrydag ALMAL op die sogenaamde rassistiese drag te besluit EN te dra….EEN MAG MAAK MAG.

Leeutjie ·

Ek stem saam Ben. Hulle moet sommer almal, (al die rasse) saamstaan en vir die ou verstokte rassis te wys dat hulle hulle nie gaan steur aan sy uitlatings nie. Die jongmense van alle rasse moet nou begin saamstaan en hulle stemme dik maak teen die gewraakte woord rassisme.

anoniem ·

Hoe belaglik gaan ons nou nog meer raak. Dis onskuldige studente pret. Om hulle te skors uit die koshuis en dalk moontlik van die Universiteit is absoluut waansinnig!!!!! Ag nee regtig.

SNEL ·

Dis belaglik!!!! Nou moet die arme jong meisies met so gemors op hul hande sit van skorsing en dan voel dit nog of hul gebrandmerk is en dit oor onskuldige pret by n PRIVAAT PARTYTJIE. Sterkte aan jul 2, weet net, baie van ons dink julle het niks verkeerd gedoen nie.

Heila Fourie ·

Blanke jong mense mag nie eens meer hul studente jare geniet nie veral op privaat partyjies nie dan word daar gediskrimineer. Dalk is die universiteit se personeel vies oor hulle nie genooi word na blanke privaat gesellighede nie en besef waar hul nie welkom is nie.
Dit is nie rasisties as 7-8 swart mans blanke mense aanval en koelbloedig martel en vermoor nie.

scalla ·

dan moet ons die staat dagvaar vir al die black is beautiful wat aan ons gesmeer is tydens diensplig

Angelique Erasmus ·

daar is mense met regte issues soos kanker, en wat verkrag word en en en, die mense wat hierdie onskuldige kinders geskors het het tyd vir nonsens

Lizelle ·

Tuks is nou net bang om dieselfde paadjie as die Puk te loop. Hulle reken seker “the cause of the many outweighs the cause of the few” (of’the two’) in die geval. Dis belaglik, Pukbestuur of ten minste die Puk se SR sou agter die twee meisies gestaan het, kry ruggraat Tuks. Hoe is dit nie rassisme as Leon dit doen in sy films nie, maar nou skielik?
Straf die girls, fair enough maar hoekom skors?

Alwyn Beetge ·

Moet nie Beeld en NASPERS se rol onderskat in die uitverband ruk van hierdie saak nie. Ek kan nie verstaan dat enige Afrikaners nog Beeld koop nie?

Anita ·

NOOIT WEER sal ek en my familie UP finansieel ondersteun tydens hulle fondsinsameling nie!!

PETRA ·

Ai, mag mense nou wraggies nie eens meer ‘n ou grappie maak nie?!

stephan ·

Ek dink dis heeltemal onskuldige studente pret. Waar gaan ons heen??

Judy ·

Leer nou n les asb almal. Ons weet dit is onskuldig, hou op om fotos op facebook, twitter ens te post! Jul stel julself onnodig bloot. Ek sien so baie jongmense post fotos van hul gedrinkerery op partytjies en dan wonder ek, besef hulle potentiele werkgewers kyk na hul profiele en dit kan teen hul tel. Hierdie was nou onskuldige oodress partytjie, en nooit het hul besef dat dit so grootopslae maak. Vriende post en share dit want dit is snaaks en komies en die verkeerde ou sien dit en besluit sulke jokery sal nie geduld word nie. Ek wens net mense wil besef die omvang van sosiale media!!! Dit kan jou maak of breek

Amanda Erasmus ·

Geskors?? Dis uiters kinderagtig om studente
oor so iets te skors.

Josh ·

Ja Solank wit karre met swart bande ry sal daar nooit n einde wees aan rasisme nie. Dit beeld duidellik die onderdrukking van swart deur wit uit.

Koos ·

Ons moet ook al die swart mense in die koshuise wat soos wit mense aantrek skors. Hulle maak n bespotting van ons kultuur. Ek dink ek gaan nou sommer n rennie drink en n paai eet. Ek is nou so onsteld.

Esmarelda van Heerden ·

Dit is nou belaglik vir wat mag mens in jou private tyd nie doen wat mens wil nie en dis mos nou onskuldig n verjaarsdagparty so wil da nou gese word dat op enige costuum party mag jy ni soos iemand aners aantrek of jou opmaak nie snert man ek is wit en ek doen di werk van n algemeene werkster saam my mede-kolegas is swart en glo my ons doen dieselfde werk en respekteer mekaar as ook die plek waar ons werk se mense kyk nie neer op ons nie maar maak ons deel van alles tot die skoolkinders het respek vir ons mense is so styf en geniet nie die lewe nie maar die groot ophef maak my siek want wil j nu se dat as dit nou swart-studente was wat hul wit gemaak het daar so ophef sou gemaak gewees het nee want ons nie so kleinlik nie en wat dan nou van die rolprente wat ons komedie-akteurs so maak en hul vermom

Marina ·

Vanoggend hoor ek op RSG van die handves van menseregte. Vryheid van spraak, Vryheid van uitdrukking ens. ens. ens. Word hierdie insident nie totaal uit verband geruk nie? Die Universiteit is kortsigtig en kan mos nie vir hulle inmeng met wat op privaat partytjies gebeur nie? Is die sensuur wet terug en het die regering net vergeet om dit vir ons te vertel? Hoe weet hulle daar is gespot met skoonmakers? Het hullle probeer vasstel of die studente nie dalk die grootste agting vir hierdie skoonmakers het en daarom hulle wil naboots nie. Nee wat, die ras ding raak nou net te erg.

Illa Conradie ·

Om op hierdie tydstip in hierdie land so duidelik te spot met (sommige) swart vroue se liggaamsbou, is gewoon breinloos DOM. Ek as Kapenaar probeer so hard om empatie te hê met die probleme van my mede-Afrikaners in die Noorde, veral die eindelose moeite wat Solidariteit, Afriforum en veral Afriforum Jeug doen om die aanhoudende aanslae op Afrikaans en Afrikaners op die kampusse te beperk. En dan gebeur so iets sinneloos en ondeurdag en almal se pogings is met die grond gelyk. Wat is dit met julle mense? Wat práát julle in julle huise dat jongmense soos die Waterkloof-vier, die Reitz-gedoente en hierdie twee meisies dink hulle optrede is in orde? Dit help NIKS om te verwys na die talle aanslae van die “ander kant” af nie, dit bly verskonings. Ek het in die Oos-Kaap grootgeword en ons huishulp het presies die liggaamsbou gehad waarmee hier gespot word. Maar sy was ‘n GERESPEKTEERDE lid van ons huisgesin en nie ek of my broer sou eens daaraan gedink het om te spot met haar liggaamsbou of enigiets anders wat sy gedoen of gesê het nie. Dit gaan oor respek vir ‘n ander mens en jy leer dit in jou ouerhuis. As mens nie self daardie stukkie beskawing begryp nie, kan jy beswaarlik na ander verwys as barbare.

Leeutjie ·

@ Illa… Gaan jy ooit teater toe, kyk jy flieks, kyk jy na kleuterskool opvoerings? Daar is gedurig omgekeerde rolle! Wat se jy van die rol van Leon Schuster as Mama Jack en die groot lyf?). Ek glo ons almal op die forum het ook GERESPEKTEERDES in ons huisgesinne wat eintlik al VRIENDINNE geword het, en om nog die ouers die skuld te gee vir hulle kinders se studentepret, AI TOG! Die Waterkloof 4 het ‘n moord gepleeg (wat ‘n verskriklike daad was) en nou sleep jy dit ook nog in en meng dit met onskuldige studentepret. As die rolle geruil was, sou daar ook so groot bohaai gewees het?? As jy kinders het moet jy onthou, jy het ook groen koring op die land.

Illa Conradie ·

Leeutjie nee. Hierdie is niks anders as disrespekvolle spot met ‘n ander mens (van ‘n ander ras) se tipiese liggaamsbou nie. Ek “sleep” die ander voorbeelde by omdat dit die goed is wat ons hier in die Kaap in die media sien. Die storie wat dit vertel, is dat die verhoudinge tussen die rasse “daar bo” al so versleg het, dat dit lyk soos oorlog. Die Kaapse koerante (net soos Beeld) gee nie altyd die hele prentjie nie, so ek volg ook Solidariteit, Afriforum en Maroela Media op FB. Ek wil graag verstaan waarmee julle daar te doen het. Maar hierdie spesifieke geval is onverskoonbaar. Dat soveel mense soveel ander dinge byhaal om dit te probeer regverdig, beklemtoon net die onverskoonbaarheid daarvan. En ja, mens leer wel jou instelling teenoor baie dinge by jou ouers. Dit is soos dit is.

Anita ·

Illa, jy die pot mis.

Sommige vroue het groot boudjies, wit EN swart. As een van die meisies swart was, sou hierdie foto nie eers die naaste boom gehaal het nie.

Dalk het hulle juis ‘n goeie verhouding of herinneringe aan ‘n huishulp dat hulle opgekom het met hierdie idee. Kan jy wragtig uit jou hart uit sê hierdie lyk nie na onskuldige studente pret?

Was jy nog regtig nog nooit by ‘n “Theme” partytjie nie en as jy was stuur jou foto, as jy ‘n stok soek om ‘n hond te slaan gaan jy hom kry.

Ek het al as ‘n boemelaar aangetrek, nou wat nou, het ek met hulle gespot?!

"Huh!" ·

Illa, ek het nuus vir jou. Jy bly in Suid-Afrika. Dink jy vir een oomblik omdat jy in die Wes-Kaap bly dat jy gevrywaar is van Suid-Afrika en sy probleme? Jy is blind en sien nie die groter prentjie raak nie.

Illa Conradie ·

Nee Huh, ek dink juis nie ons hier in die Wes-Kaap gaan vir altyd relatief onaangeraak bly deur alles wat julle “daar bo” aan blootgestel is nie. Dis presies hoekom ek belangstel en die nuus op Solidariteit, Afriforum en Maroela Media se FB-bladsye volg. En gedurig aanstuur na my Kaapse vriende toe, op FB en per e-pos. En ek gaan aanhou om op hierdie Forum te sê as ek nie met iets saamstem nie! Ek stem ook saam met Leeutjie hier onder dat hierdie foto nooit ooit op die sosiale media geplaas moes gewees het nie. Dit gee net weer vir baie mense ‘n stok om Afrikaners mee te slaan en ons het dít waaragtig nie meer nodig nie. Ons is al voos geslaan.

Leeutjie ·

Illa, dankie vir jou kwaliteit kommentaar. Ongelukkig het ons nie almal dieselfde bril op nie. Tradisioneel is die liggaamsbou van die spesifieke rassegroep hulle bates. Mans van dieselfde rassegroepe hou van hulle lywige vroue! Afrika tekeninge beeld spesifieke die vroue uit met die “boude” effek en dit is pragtig! Die twee meisies het eintlik ‘n pragtige uitbeelding gemaak hiervan maar ek voel dat hulle dit nie moes openbaar gemaak het nie.. Beslis nie met die media nie en ek voel regtig dat die media in baie opsigte die skuld moet dra waar dit onnodige rassisme aangewakker het! Ek is blank en geen liggaamsbou of ras is vir my ‘n probleem nie want dit is in elkgeval irrelevant – dit is die binneste wat belangrik is!

Amanda Wait ·

Illa, al wat ek op jou kommentaar kan sê is ‘n groot AMEN!! :)

Solomon ·

Ek sien gereeld swart vrouens wat hul gesigte wit verf en niemand het nog ooit komentaar daarop gelewer nie. Ek is glat nie regsgesind nie, maar genoeg is darm genoeg. Ons moet maar net trugsit en die houe vat. Dit maak dat ek ook als deur n rasse bril begin sien.

Susan ·

Dis belaglik. Kinders gaan na ‘n “fancy dress” partytjie en word aangekla van rassisme. Een van die dae word skole aangekla as hulle ‘n konsert hou en karakters uitbeeld. Die meeste studente en van alle rasse kom goed oor die weg.

Koos ·

Hulle is kwaad omdat dit die mooiste swart vrouens is wat hulle al gesien het.

Anoniem ·

Mense begin altyd met rasisme. As wit mense iets doen word dit altyd beskou as rasisme maar dink gou bietjie wat gebeur as swart mense die selle doen? Niks en dis hkm die land so is soos wat hy is want mense kan nie oor apartheid kom nie en wil rasisme opbring oral wa hul gaan

Betsie Koekemoer ·

Ag wat se twak is hierdie nou? Die woordvoerder beweer:” Die twee studente word daarvan beskuldig dat hulle die universiteit se naam in oneer gebring het. Die foto is op sosiale media versprei.”

Ek sien geen naam, embleem of enige iets wat met UP geassosieer kon of kan word nie. Hierdie was ‘n privaat partytjie en kan elkeen sekerlik hul eie “dress code” kies wat hy /sy wil. Wat van hulle menseregte? Dis komies en beslis nie degradering van die swartmense nie? Waar is mense se humor heen? Suid Afrika…….. lyk my, geen kostuumpartytjies meer vir ons nie,…. netnou sien Mulder en Makhombothi jou privaat fotos op die sosiale netwerke en daag jou voor die UN….??? Wil eerder voorkom of die twee, (M en M) erg rasisties is.

Los asb ons studente uit! Dit was onskuldige vermaak! Hulle kan iets vir Suid Afika beteken, terwyl mense soos julle verdeeltheid aanblaas deur nietighede soos dié op te blaas en voor rasisme se deur lê. Kom by!!!

Sal ons nou alle mans wat op trou staan en met hul rokkies rond dans in die verkeer, aankla vir degradering van ons vroulike geslag of lekker saamlag! Kom net by!!!!

A.P. Grové ·

Waarom word daar nie ‘n bohaai opgeskop oor al die sportprente wat van ons sogenaamde landsleiers in alle tipiese karrikature uitbeeld nie. Dit is tog immers ‘n aanvaarde wêreldwye instelling en het niks met rassisme te doen nie. Maar nou ja wat sal on nog probeer om die dinge te verduidelik. Ons weet moes.

Betsie Koekemoer ·

Illa Conradie……. Eerstens: Wat maak jou so seker dat hierdie twee studente Afrikaanssprekend is?? Nêrens word genoem wat hul Nationaliteit of huistaal is nie. Is dit nie ook maar voorveroordeling van jou om aan te neem dat hulle Afrikaanssprekendes is nie? Tweedens: Ek sien geen verband tussen hierdie onskuldige pret van studente en die Waterkloof 4 of die Reitz voorval nie… Die twee pole is ver verwyderd van mekaar.

judy lindholm ·

Dis absurd. Ons leer die kinders van kleins af al om toneeltjies op te voer en n storie oor te dra dis deel ook v atkv. In die kultuurvak leer die kibders verakillende kulture se danse ook. Dis kinders – hulle het niemand iets laat drink of eet of aan hulle geslagsdele gevat nie. Die poepol word rerig uit die hoender geruk.

Rassime moet ophou ·

Dis tyd dat mense begin wakker skrik! Daar word gesig dat dit rassisties is maar niks word gesê oor die plamfette wat op puk kampus rond gestuur is nie!!!! Hulle beskuldig blankes van rassisme! Maar die nie blankes word van niks beskuldig nie. Hulle vloek en skel wittes maar as ons net vir hulle se hulle is verkeerd dan word dit as rassime gesien!! Ek is groot gemaak deur ons huishulp en sy sal dit baie snaaks vind as ek dit doen!! Dis belaglik!

Jaco van Staden ·

Belaglik!!! Laat ‘n swart persoon sy gesig wit werf en hom aantrek op watter manier ook al, sal dit glad nie boehaai veroorsaak nie omdat dit slegs ‘n grap was of soos in die geval was as gevolg van die tema van ‘n partytjie. Daar is geen rede om so te oorreageer nie. Wat het dit inelkgeval met die universiteit te doen, dit was by ‘n privaat huis?!

Jaco ·

Belaglik!!! Laat ‘n swart persoon sy gesig wit werf en hom aantrek op watter manier ook al, sal dit glad nie boehaai veroorsaak nie omdat dit slegs ‘n grap was of soos in die geval was as gevolg van die tema van ‘n partytjie. Daar is geen rede om so te oorreageer nie. Wat het dit inelkgeval met die universiteit te doen, dit was by ‘n privaat huis?!

Leah ·

Regtig??? Wat jy in jou vrye tyd doen,het absoluut niks met enige iemand te doen nie.Studente van UP,staan asseblief saam.Reël ‘n ooptog en trek deur die bank soos mense van ander rasse,behalwe jou eie aan.Maak jul stem dik,anders sal dié mense met hul belaglike magsbehepdheid net aanhou om julle te probeer onderdruk!

anoniem ·

Hoe is hierdie anders waneer Leon Schuster soos n swart man aantrek of indieer? Wat maak hierdie rassisties? Ek verstaan rerig nie die probleem nie? “ouers se leiding?” Waarvan praat die ou? Lyk soos gewone skoonmakers wat nou nog werk en so lyk. Uiters vertraag

Simone ·

Ag dit was tien teen een n tema!!!!! Ons lewe in 2014 mense ! Kom oor julleself!!!!!!!!!!!!! Snaaks hoe “witmense” altyd rasisties maak nie saak wat ons doen nie!! Wat van “kill the boer”?

Dries ·

UP, nou is ek bly ek het nie my graad by julle voltooi nie. Julle is bejammerenswaardig!

Dries ·

UP, nou is ek bly ek het nie my graad by julle voltooi nie. Julle is bejammerenswaardig!

deon viljoen ·

Dan moet ons witmense kapsie maak teen die manier wat die swartes besnydenis doen en hulle gesigte wit smeer, ons word dan ook geminag en beledig want ons loop nie half kaal rond nie!

Mike ·

Ag rrg da is niks fout met dit. Dink hulle moet ophou so karing oor shit. Nou is nog n wit mens se lewe in die skaal oor n foto. N aand van fun.

Chantel ·

Hulle moet eerder n slag die spil aanvat wat kill the boer sing dis uiters rassisties en gemeen!!!

Lizette van Niekerk ·

As n swart persoon n kakiebroek en check hemp met “grasshoppers” aantrek, maak dit hom n rassis? Dis niks anders as omgekeerde apartheid nie. Dis net leke wat dink dat wit mense nie ook deur apartheid geaffekteer was en steeds is nie. En hierdie jong swart jeug wat net mooi niks van hulle ouers se swaarkry weet of verstaan nie, kan maar hulle onintelligente “its because I am black”-kaart iewers anders gaan trek. Tukkies se reaksie is skokkend en bevooroordeeld! Laat een swart student dit waaaaag om enige iets naastenby rassisties op enige private partytjie te doen, dan HOOP ek Tukkies hanteer dit konsikwent.

Lizette van Niekerk ·

As n swart persoon n kakiebroek en check hemp met “grasshoppers” aantrek, maak dit hom n rassis? Dis niks anders as omgekeerde apartheid nie. Dis net leke wat dink dat wit mense nie ook deur apartheid geaffekteer was en steeds is nie. En hierdie jong swart jeug wat net mooi niks van hulle ouers se swaarkry weet of verstaan nie, kan maar hulle onintelligente “its because I am black”-kaart iewers anders gaan trek. Tukkies se reaksie is skokkend en bevooroordeeld! Laat een swart student dit waaaaag om enige iets naastenby rassisties op enige private partytjie te doen, dan HOOP ek Tukkies hanteer dit konsikwent.

fransios ·

Dit raak nou belaglik…wanne gan hulle ophou? Soek fout met alles wat wit in het. My hel man. Die hartseer van als is die feit dat ons wit kinders moes lankal geleer het zulu of xosa praat. Want ek weet vir n feit hulle word bespot agter af deur swart studente en hulle weet dit nie eers nie. Dit maak my siek ….

Deidre Botha ·

Wat van die swartes wat by robotte in die openbaar staan en toertjies doen met spierwit geverfde gesigte en arms.
Is dit dan nie ook rasisties nie?

Wat van die swart mense wat sing kill the boer, kill the farmer?
Dis rasisties en n moord dreigement om die minste daarvan te se.

Wat van die feit dat afrikaans weggevat wil word by die universiteit?
Dis ook rasisties. Afrikaanse mense moet swart tale aanvaar en aanleer. Dan geld dit mos vir die swart mense ook. Hulle moet ook maar afrikaans aanvaar en aanleer.

Alles kan wraggies nie net oor die swart mense gaan nie.

Hulle doen ook dinge wat as rasisties beskou kan word maar dit word alewig oorgesien.

Dries Myburg ·

Mense nee so goed ons spoeg in die see!Ons swart vriende lag lekker en geniet die swart gesigte wat ons nou so oor aangeval en veroordeel word!Ek wonder nogal wat is die klag teen hulle?Geen maskerbal verder meer vir julle nie,nie eers by jou Eie privaat partytjie nie,loerbroer is daar terwyl misdaad seëvier!

Fiona ·

Dit is die realiteit waarin ons lewe. Die rasistiese kaart sal in der ewigheid gespeel word solank dit tot die swart mense se voordeel werk.

Hulle mag ons whities, elbinos, cockroaches en vele erger name noem. Kommentaar maak soos; steel van die wittes en moor die wittes uit, word deur die government geignoreer. Nie te min die verkragtings en martelings wat deesdae basies deel van die alle daagse lewe geword het en waaraan daar niks gedoen word nie. Hierdie kriminele loop vry rond terwyl ons huise soos tronke lyk met al die diefwering daarom.

Ons wittes kan so hard daar teen stry as wat ons wil maar, die rasistiese kaart sal vir ewig misbruik word teen ons.

Lynni ·

Illa, ek is gebore in Kaapstad en bly my hele lewe hier. Ni almal in di Kaap voel soos jy ni. Maar ek stem saam met Koos. En ek wens ons afrikaners wil saamstaan en Beeld boikot. Hulle soek sensasie. En nee, ek is glad ni rassis ni. Ek voel Leon Schuster wat anderkleuriges uitbeeld as stupid en gekke van hul maak is baie erger as onskuldige studente pret.

louise griesel ·

Ek dink dis belaglik om die 2 te skors van behuising, dit was n 21ste verjaardag partytjie, studente in vandag se lewe mag nie meer pret he nie!!!!! Hoe word universityte se jool dan gehou????? Met stywe formele drag????? Ag nee ek dink rerig dis heel onnodig!!!!! Gun n jong mens sy/haar pret, ek glo ook nie dat hulle dit rassisties bedoel het nie, met ander woorde ek mag nie meer n “hobo” party hou nie dit gaan ook rassisties wees?????? Vra maar net

Nollie Vosloo ·

Siestog maar die mense is touchy !! Die bohaai is niks anders as ‘n minderwaardigheidskompleks nie.

Tannie T ·

Hierdie was niks anders as onskuldige pret in ‘n privaat hoedanigheid nie! Die dat hulle uit die koshuis geskors is, is in my oë rassisties, want daar is druk geplaas van SASCO af! Ek kry hulle uit my hart uit jammer! Die rasse-kaart raak nou vervelig… Ek het ook as student soos ‘n Afrika dame aangetrek. Dit het nie van my ‘n rassis gemaak nie. Ek wens die buiteland wil bietjie hul oë oopmaak en sien wie is die rasgroep wat geteiken word in SA! Een van die dae gaan ons kinders nie meer swart mag aantrek nie, dan is ons rassisties. Ek hoop van harte solidariteit of Afriforum tree in en dat daardie dogters se ouers die ding nie hier sal los nie. En intussen word haatspraak te heerlik uitgeoefen op die PUK, maar dis aanvaarbaar! Dit maak my siek!!!

student ·

Sal vir my snaaks wees as ‘n swartmens soos ‘n boer aantrek…

Marina ·

Dit laat my nou terugdink aan Aspoestertjie en haar twee wit susters – Ai nou raak dit ook ‘n rasistiese sprokie!

suzette jansen ·

Skud jou kop Mulder dat jou ore jou wakker klap. Dis n siekte in Suid-Afrika om elke liewe stukkie pret en humor in rasisme te omskep. Persoonlik is ek van mening dat die Universiteits owerhede oorreageer. Dis absoluute onskuldige studente pret. Miskien is dit n teken van omgekeerde rassisme, sodra n blanke jongmens aan onskuldige pret deel neem spring die ander rasse op die band wagon en sien rassisme in alles. Waar is daar enige minagting in die foto…

minnie ·

Ag hoe vertraag tog! Word groot almal in di simpel onderwerp! Ek wil niks se ni maar word so kwaad! Word wakker nasie! Humor is gesond beter as korrupsie selfsug en oordeel.dankie

Leon ·

Rasisme het mos net een rigting in SA. Wit op swart. Hulle mag wraakspraak uiter maar daar word niks aan gedoen nie. Alles uit verband geruk soos net gedoen kan word in SA.

Judy ·

Het Julius sy gesig met wit shushine gesmeer. Sou die ANC en EFF gese. Haai kyk hoe nice is hy en doen iets vir ons demokratiese land. Rassime is in die rassiste se koppe!!! Martel boere en brand ou witmense met stryk ysters. Dan is dit roof nie n rassitese aanval nie. Kom by asb!!!

Adriaan Marthinus van der Westhuizen ·

Dit blyk vir my asof die swartmense nie herrinner wil word dat hulle vel swart is nie. Hierdie is studente pret. Alles word oor rassisme gepubliseer. Ek het veskei persone aangekla in die streekhof wat die swartmagteken gegee het. Ek sal graag die ANC wil versoek om hulle gebalde vuiste en Amandhla uitroep ook te staak want dit gee vir my beslis aanstoot. Ek is siek vir die politieke misbruik van ras.

Ina Botha ·

Ja hulle moes nie so opsetlik gespot het nie, maar ook vir wat is die swart mense so sensitief oor hulle velkleur, dis nie n skande nie, wat van ander donker mense soos baie Chinese Phillipinos pakistaners hulle is nie gepla nie. Kom oor dit jy sal nooit van kleur verander nie, maak vrede daarmee en hou jou besig met belangrike dinge

K Bez ·

Ag die hele storie is so belaglik! Maar goed ons rugbyspan word nie “All Blacks” genoem nie!! Sal graag swartmense se kommentaar op alles wil hê en ook Steve s’n …

Karien ·

Nuwe Volkslied – “Hello Darkness my old friend ….” – danksy Eskom met al die kragonderbrekings!!

WOW het die Universiteit niks beter om te doen nie … gaan beslis nie my kind soontoe stuur nie. Ek spot gereeld ek is “Saartjie Baartman” se verlore suster met my “groot” boude maar sal dit maar nie weer doen nie want wtf?

Johan ·

Ek het nou net na Mama Jack van Schuster gekyk. Vergelyk dit nou met wat die UP studente gedoen het. Dalk moet die regering vir ons riglyne gee sodat almal weet wat hulle mag en nie mag nie. Binnekort gaan ‘n skaakbord ook taboe wees.

morsjors ·

Vir wat geskors????
Vir n dress up???

Dis student pret….wie is nou so sonder humor?
Kry n lewe!!!!

sonnie ·

Hierdie kinders ht ‘n bspoting gemak. Net soos die mense ‘n bespoting gemaak het met onse sartjie bartman. Hule se mnse wil nie daran wees nie, mar hile ht ‘n bespoting gmak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.