‘Swart-gesig-foto’: UP sê hy sal regverdig optree

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die Universiteit van Pretoria (UP) sê hy sal die voorval rakende twee vrouestudente wat met swart gesmeerde gesigte afgeneem is, op ‘n “regverdige en onpartydige wyse” hanteer.

“Mense en instellings het verskillende standpunte oor die saak uitgespreek. Die universiteit sal, soos dit ’n opvoedkundige instelling betaam, die saak op ’n regverdige en onpartydige wyse hanteer, met inagneming van die belange van al die betrokke partye,” het Nicolize Mulder, woordvoerder van UP, in ‘n verklaring gesê.

“Na afloop van ’n voorlopige ondersoek waarby insette van die betrokke studente bekom is, het die universiteit dit nodig geag om die saak ingevolge die ‘Tugbepalings: Studente’ te hanteer.

Daar is besluit om die betrokke studente tydelik uit hul koshuise te skors hangende ’n volledige dissiplinêre ondersoek. Die proses neem sy loop. Die betrokke studente is nog nie aan enige wangedrag skuldig bevind nie. Hulle is ook nie deelname aan hul akademiese programme geweier nie.”

Mulder sê die universiteit het weereens bevestig dat hy “onvoorwaardelik daartoe verbind is om die grondwetlike waardes van gelykheid en menswaardigheid, soos vervat in die Handves van Menseregte, te handhaaf”.

Lees ook:
AfriForum Jeug bevraagteken UP se optrede oor ‘swart-gesig-foto’
MRK ondersoek ook ‘swart-gesig-foto’
‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors
Tugstappe teen studente oor ‘swart gesigte’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

HEVW ·

Nicolize Mulder dit klink nogal heelwat beter en versigtiger as nou die dag. Lyk my jy begin n meer volwase perspektief kry.

Y Kruger ·

Nou wat het hul eintlik verkeerd gedoen??? Is dit omdat hul meer gutts gehad het as menige blanke wat nog net gese het jy moet jouself swart smeer om iewers te kom in hierdie land en sodoende ‘n gevoelige punt aangeraak het???

Trippie ·

Regverdig optree ? Indien dit waar is, vra hierdie twee studente onvoorwaardelik om verskoning en sorg dat hulle weer toegelaat word in die koshuis.

Eugene W Steyn ·

Ag shame UP, julle het julle neuse ingedruk waar dit nie hoort nie!!!!! So vinnig dat julle patetiese klomp oor julle eie voete geval het. Seker ook om punte te ‘score’ by julle kommunistiese baas Blade. Nou val dit julle eweskielik by van ‘regverdigheid’ en ‘onpartydigheid’. Sies! Ek is skaam om ‘n Tuks-Alumni te wees… Denkleiers????? Ha-ha!

SNEL ·

Dit bly n privaat funksie, ek sou nie eers geweet het hul behoort aan die UP nie, dis belaglik. Die UP is besig om n onskuldige ding erg uitverband te ruk, dis n gewone dress-up. Wat het geword van pret en plesier, die lewe is klaar so vrot en vol geweld. Daar staan nie drank rond en elkeen met n zol in die hand nie, dis ordentlike opgevoede meisies wat net onskuldige pret gehad het. Los hul en laat hul leef en hul lewe geniet.

david ras ·

Dit lyk of die persone in Tuks wat vir die “dissiplinere optrede” gesorg het nou skielik besef dat hulle reaksie op die meisies se pret ‘n duur reaksie kan word !
Kyk mens na die betrokkenes, dan wonder ek wie prober hulle nou beskerm—die kommunistiese base of die DA–of dalk beide 1
Vra die meisies om verskoning, in die openbaar en beweeg aan !

Cobus ·

Wat van Mamma Jack – Leon Schuster en Out Surance se Deloris? Andwoord dit UP

Pieter Myburgh ·

Ja tipies,ruk ALS uit verband,kan nie meer enigiets op n ordentlike kalm manier probeer ondersoek.Dit is VERTRAAG VAN UP !!!!!

Deon ·

Die enigste regverdig ootrede deur UP sal ‘n publieke verskoning, ASOOK VERGOEDING VIR NAAMSKENDING EN OPENBARE VERNEDERING wees.

HEVW ·

Julle die sg. denkleiers wat met jul bymotiewe so onnadenkend (onnadenkende denkleiers) met n nietigheid op hol (holskedels) gegaan het, probeer n bietjie integriteit en skep n geleentheid en vra UP in die openbaar verskoning. Voornemende studente sal beslis 2 maal dink voor hulle aansoek doen.

Debra Botha ·

Dat onskuldige studente-pret soos n onskuldige “dress-up party” nou in iets so onsmaaklik kon ontaard! Alles wat mense doen, word deesdae as rassisties uitgekryt, wens die mense in S.A. wil groot word! Gaan hulle al ons naastes wat deesdae pruike dra, ook nou aankla vir rassisme, omdat hulle meer soos ons wil lyk? Los die mense uit & moenie alles buite verband ruk nie, word groot!

HEVW ·

Die ganse toekoms van SA staan voor n onsaglike krisis. As versoening tersake is moet n mens ten minste n gesonde verstand, oordeelsvermoe he en veral groot van gees wees.

Gideon Erasmus ·

UP julle is belaglik. Begin asb standpunt inneem en sê kaalkop die waarheid. Wat van die magdom swart studente wat met kuns hare rondstap, gebleikte velle en wat hulle eie tradisie versaak om deel te wees van die Westerse beskawing.

Gerhard van Niekerk ·

Dis belaglik, hoe kan ons mede suid afrikaners pruike dra wat hulle soos witmense laat lyk en ons mag nie vir ‘n partytjie opmaak soos hulle nie? Mens trek gewoonlik volgens die tema aan as jy ‘n bok vir sport is en na só tema partytjie gaan… Daar is niks voud hiermee nie… You go girls!!!! Universiteite moet bietjie bykom in hierdie land…

Marlene ·

Kyk so belaglik het ek nog nooit gesien of hoor die. Dit was n partytjie genade. EN hoeveel keer het Leon Schuster en die Outsurance mense nie hulle opgemaak as swart mense nie. Julle is verdomp orig en julle soek net nonsense. Dit was onskuldig. Ek het op skool as n swart dogter in n play gespeel so hoekom het niemand beswaar gemaak nie. Word groot ……….Julle het niks beters om tesit en doen nie nou soek julle moeilikheid met twee onskuldige blanke dames.

anita ·

Dit word as onskuldige pret beskou, maar met groot nagevolge. Die idee neem pos by die swart bevolking dat swart vrouens net as huiswerkers of enige skoonmaak dienste gesien kan word. Ook is die liggaamsbou nabootsing heel sensitief (Hier word steeds die vergelyking met Saartjie Baartman ) getref.

Neem kennis dat in die swart kultuur is borste nie die seksuele deel van die liggaam nie maar wel die agterstewe…dus dit word beskou as ‘n persoonlike verwysing na hulle liggaamsbou. Die pruike is
ook die verwysing na hulle digte en kort hare, en Swart smeer was ALTYD ‘n seer punt gewees by die bevolking, dit gee hulle die indruk dat ons die wittes hulle verag oor die kleur.

Hierdie delema veroorsaak dat ONS WITMENSE weereens as groot rassiste beoordeel word.

Die ouers van die meisies moet hulle aanspreek en die situasie verduidelik dat swart mense veel “Houtbalke” op hulle skouers dra. Die meisies moet vir een volle maand gaan vloere was in een van die groot “Swart mediesie inrigtings”

Ons leef nou eenmaal in hierdie land saam en moet heel diskreet wees in ons grappe sonder om aanstoot te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.