“Swart gesig”-ondersoek duur voort

Die foto is onder "#blackface" wyd op sosiale media versprei

Die foto is onder “#blackface” wyd op sosiale media versprei

Die Universiteit van Pretoria het Dinsdag gesê ʼn ondersoek oor die gedrag van twee studente wat huishulp-klere aangetrek en hul gesigte met swart verf gesmeer het, duur voort.

“Die dissiplinêr en ondersoek duur voort,” het Nicoliza Mulder, woordvoerder van die universiteit gesê. “Dit is nog nie afgehandel nie.”

Die studente is tydelik uit hul koshuise geskors. Hulle mag steeds klasse bywoon.

ʼn Foto van die studente wat op sosialemedia-kanale met die hutssleutel #blackface versprei is, het ʼn herrie veroorsaak. Talle persone was van mening dat dit rassisties is.

Mulder het in daardie stadium gesê die foto is by ʼn privaat 21ste verjaarsdagpartytjie geneem, maar aangesien die vroue aan die instansie studeer, is ʼn ondersoek van stapel gestuur.

Die ANC se parlementêre koukus het Dinsdag gesê hy stel belang in die uitslag van die saak.

Die Menseregtekommissie ondersoek ook die saak. “Alhoewel die MRK nie ʼn klag ontvang het nie, het die kommissie besluit om self ook ondersoek in te stel,” het Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, aan Sapa gesê.

Lees ook:
‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors
Tugstappe teen studente oor ‘swart gesigte’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Rozanne ·

RUBBISH!!!!!! What IS racist is the fact that that WHITE lady from the saps didnt get a promotion because shes WHITE and the JUSTICE SYSTEM says they were correct for not promoting her because she iS WHITE!!!!! Seems that painting themselves black or brown would ACTUALLY and IN FACT benefit their studies seeing as they are “black/brown”. Thats why they done it, to get the benefits!!!!! I say we all paint ourselves black or brown when going for interviews or anything that is BEE/AA! Get a life people and get real for a change!!!! Stop being willfully blind!!!! 456!!!!!

Red 'n Lewe ·

Dit moes in die eerste plek nie as ‘n rasse-kwessie hanteer word nie. Onskuldige studentepret.

HEVW ·

Ag, aarde tog,met sulke kleinlikheid onder mense wat in leierskapposisies is, is ons son sekerlik besig om te taan. Meisies julle lyk pragtig en daarby ook nog n sin vir humor. Daar kan maar met die Boere gespot word ons is te verhewe om daardeur gekwets te word.

piesang ·

Dan is shcuster flieks ook rassisties. Die wittes wat hul poste so probeer regverdig gaan nog self val in die sogenaamde demokrasie.

"Huh!" ·

Nicoliza, ek hoop jy kry ‘n suigstokkie hoor. Jy is kleinlik en kindetagtig.

SNEL ·

Hier is nou n baie goeie voorbeeld van om “iets” van niks te maak. Dis belaglik, los die hele ding en laat daai dogters op hul studies fokus as wat sulke nonsies het wat oor hul koppe hang. Ek stem saam met Rozanne, daar is ander optredes wat duidelik wys op rasisme en dis ook soos Piesang sê, wat dan van flieks waar wittes hulle swart maak of swartes hulle wit. Julle ruk n onbenulligheid hier heeltemal uit verband uit. Ek glo jul kan julle tyd beter spandeer as om n klein dingetjie nou te “ondersoek”.

Robbie ·

Skors ook al die swart dames wat vals hare dra en hulle self soos wittes wil laat lyk dit is dan ook Rassisme. Sommige van julle “leiers” is heeltemal vertraag. In pleks van julle tyd te mors met str*%t kry eerder n lewe en doen iets positiefs.

Estelle ·

Nicoliza Mulder daar is ander maniere op ‘n verhoging te kry – hard werk – GATKRUIP by die regte kleur gaan jou nie veel help nie! Neem aan jy is blank! Weet jy wat as ek hierdie girls was het ek julle geruk vir naamskending en ekstra fondse wat nou benodig word om by die universiteit te kom a.g.v. uitsetting uit koshuis! En MRK wanneer begin die saak teen die EFF, hulle maak die myners se naam GAT met hulle overalls en hardhats!!!

charmaine ·

Wat word nou juis gekwalifiseer as huishulp klere??? Van die huishulppe dra beter klere as die madam. Ek dra ook elke saterdag huishulpklere want die wit tannie kan nie n huishulp beskostig nie,hulle is net JALOERS wat ons lyk goed met enige kleur, of dit swart/bruin verf is of nice make-up en ons eie hare!

Tw Veltz ·

Daar behoort definitief n verdere ondersoek gedoen te word . Uit watter agtergrond kom die jongmense ? Hoeveel weeg hulle ? Waarvan is die anomeles gemaak ? Egte gansdons?Of sintetiese material ? …Strafbaar .Behoort aangedui te word . Net sommer n goedkoop MR PLEP of MR NICE kussing . EN voor ,watter grooDDe ? Het hulle eers deeglike navorsing gedoen oor die “style and deportement” van die persoonlikhede wat nageboots word ? Indien wel ,wie? ( hulle appeleer teen die klag sou hulle n brief van toestemming van n werklike Mietie en Meraai kry om hulle na te boots , tegniese punt!) In die tagtigs het wit meisies soos Tina Turner aangetrek .Wat het hulle gebruik as “black is beautifull” ? (lyk onoortuigend) Te lig . As hulle werklik hulle in diep water wou beland moes hulle die Beach boys se “California Girls” gespeel het met hulle partie . (Boys bedoelende seuns , netnou raak ek medepligtig) . Hulle wou nie dalk n ongewapende transito rooftog uitvoer deur net langs die pad op die roete te staan nie? (wie die geldwa bestuur is die groot ding) . Het ons n R and F Fashion police gehad soos in Beverly Hills sou die twee definitief 5 tot 7 jaar gevangenisstraf moes uitdien . Hoe het hulle weer hulle poree skoongekry ? Hulle behoort vir berading te gaan by hulle naaste velsorgkliniek , Hoe kon hulle dit aan hulleself doen ? Sjoe , Charlize sou dit nooit doen vir watter rol ookal nie . Ek meen “monster” . Die rector behoort Revlon, Coty en ander se spesiale regsadvies hieroor in te win Ook Maybeline as aanklaer en Elizabeth Arden as regter . Midaad ek meen .

Dot ·

Wat het nou geword van die “KILL the Boer, KILL the Racist, KILL Afrikaans”-ondersoek. Duur daardie ondersoek ook voort, of het dit maar net stilletjies gaan lê waar hulle vergeet het daarvan?

vuilbaard ·

Ek dog die MRK kan net ondersoeke doen indien daar klagtes is?

Marlene ·

Dis nou totaal kinderagtig. Wat van Out Surance se advertensie is dit rasisties en Leon ag nee hel hierdie mense het net niks beter om tedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.