“Swart gesig”-studente hoor hul lot

Die foto wat op sosiale media versprei is

Die foto wat op sosiale media versprei is

Die twee studente van die Universiteit van Pretoria (UP) wat tydelik uit hul koshuise geskors is nadat hulle huishulp-klere aangetrek en hul gesigte met swart verf gesmeer het, mag volgende jaar terugkeer na die kampus.

Isaac Mangena, woordvoerder van die Menseregtekommissie (MRK), het gesê daar is na afloop van ‘n bemiddelingsproses besluit dat die twee vrouestudente volgende jaar weer mag terugkeer na hul koshuise.

Volgens Mangena het die MRK ʼn dispuut tussen die universiteit en die studente bemiddel nadat daar in Augustus ʼn foto aan die lig gekom het van die twee studente waarin hulle gesigte swart gesmeer is. “Die studente het tydens die bemiddelingsproses hulle ervarings gedeel nadat die foto op Facebook gelaai is. Die studente het verduidelik dat hulle nie bedoel het om leed te veroorsaak deur hulle aksies nie.”

Mangena het gesê die studente het onvoorwaardelik om verskoning gevra en dat die universiteit dit aanvaar het. “Die studente het verduidelik dat hulle nou meer bewus daarvan is dat hulle moet in ʼn wyse moet optree wat die diverse sensitiwiteit van ons samelewing erken en het verder onderneem om in die toekoms dit in ag te neem,” het Mangena gesê.

“Ons wil opreg om verskoning vra aan diegene wat aanstoot geneem het, kwaad gemaak is, of verneder is deur ons aksies. Ons het nie bedoel om iemand leed aan te doen nie en neem volle verantwoordelikheid vir ons aksies,” het die studente in hul verskoning gesê.
Die MRK het ʼn beroep op die publiek gedoen om die verskoning te aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lillian ·

Maar wanneer swartes ons wittes na-aap deur soos ons aan te trek, hul hare te verleng of reguit te maak en wit te smeer, dan kraai geen haan daarna nie …

Ivan ·

Snaaks ! ! ! .. ek kan nie onthou dat Michael Jacson en al die makwettas ( dis die jong swart mans wat bos toe gaan om deur die proses te gaan van seun tot man ) al ooit om verskoning gevra het omdat hulle gesigte wit gesmeer is nie.

Eduard ·

Ek wil vloek en skree maar ek sal nie. Dit is belaglik ek sou nie onverskoning vra nie. Ek kan nie glo dat ons toelaat dat ons mense so gehammer word nie veral nie oor die str@nt nie!

Marie Jacobs ·

Die hele is sooo belaglik. Mens kan nou ook nie eers die klaers fyngevoelig noem nie……

JZ Myburg ·

Wonder wanneer swartes eendag omverskooning gaan vrae of is dit net witmense wat om verskoonig moet vra.

Chris van Heerden ·

Ek sou nog n hel die universiteit of enige iemand omverskoning gevra hetnie. Die universiteite is n teelaarde vir swart rassiste. Dit is n blerrie skande dat hulle so aangaan en wegkom daarmee. Hoeveelkeer het hierdie foto nou al in die media verskein. As dit dan nou so erg is hoekom word dit nie verbied nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.