Swart Maandag: ‘Minister van polisie poog om veldtog te diskrediteer’

Fikile Mbalula. Foto: ANA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag Fikile Mbalula, minister van polisie, daarvan beskuldig dat hy ’n fabriseerder en verspreider van fopnuus is en dat die minister “meer besorgd is oor sy eie politieke agenda as oor die publiek se veiligheid”.

Dit spruit uit ’n verklaring deur Bongani Mkongi, adjunkminister van polisie, waarin mense wat vir die prioritisering van plaasmoorde vra as ondersteuners van Isis en die Ku Klux Klan en as “Hitler Fascist Mafia” uitgekryt word, gepaard met verskeie boodskappe wat Mbalula op sosiale media versprei.

Mkongi se verklaring is glo intern onder polisielede gesirkuleer. Mkongi skryf verder: “The racist attack by Afri-Forum [sic] against the Minister of Police Hon Fikile Mbalula are in the same paradigm as those of PW Botha and DF Malan regime [sic] who attempted to demonise OR Tambo and urinate on the blood and sweat of Umkhonto we sizwe [sic] when they were fighting for political and economic freedom in their lifetime.” Hy beweer verder dat AfriForum vlae verbrand het.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat die departement van polisie op die voorpunt van fopnuus is. “Mbalula en Mkongi is blatant besig om leuens te versprei en hul gevolgtrekkings daarop te baseer. Dit is vir ons baie duidelik dat die departement van polisie só verstrengel geraak het in sy eie politieke agenda dat die veiligheid van die publiek, en van boere in besonder, geensins op die prioriteitslys is nie. Gister is Bokkie Potgieter, ’n bejaarde boer, op sy plaas in Vryheid vermoor. Mbalula kan egter nie die moord veroordeel en plaasmoorde prioritiseer nie, aangesien hy te besig is om foto’s van vlae te google,” het hy gesê.

Roets het bevestig dat geen vlae by enige van AfriForum se aksies gister vertoon is nie. Foto’s van vlae wat tans op sosiale media versprei word, met die bewering dat dit Maandag vertoon is, is ook reeds as vals ontbloot.

Roets voeg by dat die minister en adjunkminister se bewerings slegs om een van twee redes kan plaasvind. “Dit kan óf wees dat misdaadintelligensie so onbekwaam is dat hulle hulself glo, óf dat die departement van polisie doelbewus fopnuus versprei om ’n vreedsame protesaksie te diskrediteer om hul eie onbekwaamheid te verdoesel.”

“’n Mens sou hoop dat hulle eerder met dieselfde ywer as waarmee hulle AfriForum nou aanval, misdaad en geweld sou aanvat,” het Roets gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Carl ·

Wat ons hier sien en beleef is God se lig en waarheid teenoor die bose magte van haat nyd, afguns en verwoesting. Die mense wat teen gelowige mense opstaan sal uiteindelik aan God self eendag moet rekenskap gee.

Tiaan ·

Dit is ongelooflik hoe die polisie nou maak asof hulle die slagoffer is van rassistiese aanvalle deur afriforum, dit terwyl die werklike slagoffers die boere is. Sies skaam jou Bongani!

Chris Ws ·

Fikile Mbalula is onbevoeg om minister van polisie te wees.Hy sal dalk as minister van feetjies kan slaag!

Pietie ·

Haatspraak in ekstreme skaal. Die minister en sy woordvoeder moet aangekla word vir haatspraak. Dis duidelik dat die ANC geen begeerte het om goeie verhoudings te bevorder nie. Die volgende optog moet na die parlement wees.

lewies ·

Stem saam. Dit sal die eerste toetssaak wees vir naamskending oor beskuldigings van rassisme en naamskending. Hierdie haatspraak gaan net meer lewens kos.

Nienaber ·

Frikkie het homself al lankal self gediskrediteer! Hy is net nie skerp genoeg om dit agter te kom nie.

LHS ·

Ag siestog sjame, sommige persone is skynbaar so diep geraak deur gister se optrede, daarom die halfhartige terugblaf pogings. Blykbaar het die verkope van skoon broeke gister by winkels na aan die parlement geweldig gestyg. Net soos kommunisme steeds in die wereld leef, leef Afrikaner nasionalisme. Dit Frikkie polisie, sal nie jy of jou broers kan vernietig of keer nie.

Stomgeslaan ·

Dit is so duidelik soos daglig dat die regering en in die besonder Fikile, in ontkenning leef. Die dawerende stilswye en nou ook openlike aanvalle/hostiliteit teen die slagoffers van misdaad skreeu ten hemele. Met hierdie houding hang die regering (ANC) se onderrok uit. Dit is om van naar te word!

lewies ·

Hierdie is ‘n goeie toetssaak om die waarheid van hulle beskuldigings van rassisme te bewys. Hulle staan self agter die deur. Ons kan nie meer die leuen en swartsmeerdery gelate aanvaar nie. Hierdie suggesties van hulle gaan meer mens se lewens kos.

Dagvaar hulle vir naamskending.

Bedouin ·

Pleks doen die Minister sy werk in plaas van om homself met beuselagtighede op te hou! Hy moet die konstitusie weer gaan lees

mickey ·

Sien julle 1 desember by die unie gebou , dit gaan groot wees , groter as swart maandag

Schalk van der Merwe ·

Die vraag is dus: gaan AfriForum gebruik maak van al sy bekwame prokureurs en advokate om die ministertjie in die die bek te ruk, of gaan hy maar net gelos word sodat hy en sy trawante kan aanhou om verder verdeeldheid te saai?

MM ·

Wie in vandag se Regering is bevoeg genoeg om regtig agter te kom wat aan die gang is – zuma het self erken dat hy nie skool gegaan het nie – en JA dis jammer dat daar ooit so iets gebeur het, dis hoekom hulle self verneitig toepas nie net op ons nie maar ook op hulle – as hulle nie nou eers kan agterkom wat aan die gang is nie – wie gaan help na 20 jaar – dan gaan daar niks oor wees nie – en hulle gaan slegter afwees as 20 jaar terug – en dis dan net hulle eie skuld.

Chris ·

Ek is bewus van die emosionele reaksies van mense. Ons leef regtig in ‘n moeilike tyd van die land se bestaan. Daar sal baie van ons geverg word om eerstens jou emosies en humeur te beteul en tweedens nie betrokke te raak in enige hootstroom “politiekery” nie. Ek het met die tyd gesien dat die witgesigte in die land openlik getart geteister en gekoggel word. Die ergste of enigste teenreaksie wat werk is om die mense te ignoreer. Neem kennis wat gesê word. Ek sê nie om in ontkenning te leef nie. Moet in hemelsnaam net nie openlike teenraksie te begin nie. Gaan aan met jou lewe, byt jou tong vas lag in hul gesigte. Staan apaties teenoor die mense. Sodra jy reaksie wys, is dit ‘n oorwinning dat hulle jou kan ontsenu. Daar is ander manier om jou situasie te verbeter. Soos die Ingelse spreekwoord lui, “keep your friends close, keep your enemies closer”

Pietman ·

Dieselfde mense wie die minister as misdadigers afmaak, betaal belasting om sy vet salaris te betaal. Hoe werk dit??

Spook ·

Nee Chris, ons dit dit al vir 20 jaar lank. Ek sien nie juis n verbetering nie…. So wat staan ons te doen

Theresa B ·

Ek stem saam met Chris Ws. Ek kon nog nooit verstaan het dat jy enige person enige plek kan indruk en hulle swaai die septer nie. Hulle is nie eers bevoeg vir die poste waarin hulle ingedruk word nie. Maar dit gaan orals so.

hendrik ·

Pietman, ek juig oor al jou stellings omtrent belasting. Jy is in die kol. Die anc vrees vir daai dag as belasting weerhou gaan word. Hulle hande is dan afgekap en hul is dan weerloos. Hulle kan ons ook nie vervolg nie want als sal binne n kwessie van n paar dae uitmekaar val. Ons sal dan net moet ligloop vir jam om die mond smeer en al hul mooi broodjies bak daarna.

Leahim ·

Ek erken hom nie as n minister of my leier nie hy het bewys dat hy n rasis is wat lief is om die waarheid te verdraai om hom te pas maak nie saak of hy uitgevang word of nie.

Michelle ·

Minister van polisie dit is ‘n skande dat jy niks voel vir die boere wat so wreed vermoor word nie, ek wonder watter tipe kos eet jy elke aand seker nie vleis en aartappels nie want dit is die tipe kos wat die boere voorsien op elk se tafel, dis hulle harde hande werk.

Gerhardt ·

Niemand neem hom ernstig op nie want hy is nie geloofwaardig nie.Wonder of hy skerp genoeg is on dit te besef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.