Swart Maandag-optogte veroordeel

ʼn Foto van die ou landsvlag wat glo tydens ʼn Swart Maandag-betoging vertoon word. Foto: Facebook

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Maandag na die DA se Mmusi Maimane gekap oor sy party se ondersteuning van die #SwartMaandag-veldtog.

Mbalula het foto’s, glo van Swart Maandag-betogings, gedeel waar die ou landsvlag vertoon word en hom gevra of dit die Swart Maandag is wat hy ondersteun. “Wat is hierdie arrogante vertoning van onsensitiwiteit en miskenning van ons verlede?” het Mbalula getwiet.

Die DA het hom Maandag op sy Facebook-blad uitgespreek teen die gebruik van die apartheidsvlag tydens die Swart Maandag-betogings. “Daar is geen plek vir daardie vlag in Suid-Afrika nie. Die hartseer realiteit is dat 52 mense van alle rasse elke liewe dag in Suid-Afrika vermoor word. Staan op vir hulle. Moenie deur rassiste van stryk gebring word nie,” lui die inskrywing.

Mbalula was nie die enigste een wat hom teen die Swart Maandag-protesoptogte uitgespreek het nie. Black First Land First (BFLF) het oudergewoonte in ʼn omstrede verklaring ʼn beroep op die publiek gedoen om nie vandag swart aan te trek “vir gronddiewe” nie.

“Wit boere is nie spesiaal nie. Inteendeel, as jy [vandag] swart dra, doen dit om te rou oor die duisende plaaswerkers wat steeds slawe op plase is. Wit boere is rassistiese, wrede gronddiewe wat nie ons simpatie verdien nie,” lui die verklaring.

ʼn Foto van die ou landsvlag wat glo tydens ʼn Swart Maandag-betoging vertoon word. Foto: Facebook

“Dit is ʼn leuen om te sê wit boere voed die nasie. Die helfte van die Suid-Afrikaanse bevolking is sonder voedselsekerheid. Wit boere vergiftig die nasie met geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s). Hulle produseer vir wins en gee nie om oor die gesondheid van die nasie nie. Wit boere het plase in geweldsones teen swart mense verander. Plase is gevaarlike en hartseer plekke vir ons mense.”

Die organisasie het weer eens ʼn beroep op die regering gedoen om wit boere se grond sonder vergoeding te onteien en plaaswerkers te prioritiseer.

Julius Malema, leier van die EFF, het op Twitter aan Mbalula getwiet en gesê: “Wit boere sper onwettig die paaie af en die polisie skiet nie rubberkoeëls nie, maar as dit swart jeugdiges was, joh!” Mbalula het hierop geantwoord deur te sê wetteloosheid van enige deel van die samelewing is onaanvaarbaar en moet veroordeel word. “In hierdie geval mag jy reg wees. Die polisie het verslap.”

Die departement van basiese onderwys het in ʼn verklaring ook teen die Swart Maandag-optogte uitgevaar omdat dit tot die ontwrigting van die matriekeindeksamen gelei het. Die departement het in die verklaring verkeerdelik genoem dat die AfriForum die Swart Maandag-optogte gereël het en het die burgerregteorganisasie hiervoor veroordeel.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat ʼn organisasie wat beweer dat hy in die beste belange van Suid-Afrikaners optree willens en wetens die onderrig van leerders op so ʼn manier in gedrang bring. Ons doen ʼn beroep op diegene wat hul reg tot protes wil beoefen om dit op só ʼn manier te doen dat dit nie inmeng met die regte van leerders, veral gedurende eksamentyd nie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Raymond ·

Nou wonder ek as ons die plase vir die swart jeugdiges gee wat darmee gaan gebeur ? Dit gaan binne twee jaar te verniet gaan as gevolg van onkundiges wat nie weet hoe om te boer nie. Daar gaan nie kos wees nie ongeag of dit nou in gespuit is of nie ! Verstaan ook nie die onderwys departement se stelling nie , dit is als dood dollies as die ander protes op sit vir fees must fall vir twee jaar lank en al die ander kinders uit examens hou, maar ons dien dit een dag dan moan hulle. Ons wit mense los n plek skoon soos ons dit gekry het met geen geweld betrokke nie! Kan nie dieselfde se van die ander nie.

Lucas ·

Daardie 1 ou vlag was al waarvoor Mbalula, Malema ens gewag het om hulle bekke te rek. Kan die mense nie dink nie !! Sonder die vlag het hulle niks om oor te apartheid apartheid nie!!

Gielie Hill ·

Die swartes wat aanhou met hulle grond diefstalstorie moet hulle geskiedenis gaan leer. Die Voortrekkers het onbewoonde grond ontwikkel hulle is deur hul eie uitgeroei. Welvaart is wettig deur harde werk bekom.
Mizilikaze Khumalo(Silkaats) – Source Wikipedia.
For the next ten years, Mzilikazi dominated the Transvaal. This period, known locally as the Mfecane (crushing) was characterised by devastation and murder on a grand scale as Mzilikazi removed all opposition.
The death toll has never been satisfactorily determined, but the region was so depopulated that the Voortrekkers were able to occupy and take ownership of the Highveld area without opposition in the 1830s.

DMC de Koker ·

Die kort antwoord is nee, dis glad nie onwettig nie. Maar uit die aard van die saak wil hulle dit as ‘n verbode simbool klassifiseer. Nietemin, mense kan hulle sover as moontlik distansieer van die ou vlag as wat hulle wil, dit verander nie die feit dat dit deel van ons erfenis en geskiedenis is nie.

Rencha Jacobs ·

Dink hulle moan omdat daar nie rede gegee is om waterkanonne te gebruik nie of rubber koeels af te vuur nie …dink ook nie hulle het so groot optog verwag nie…moet ook by se daar was wit …en anders kleuriges betrokke …wys jou net almal is gatvol…so jammer ons het nie julle rede gegee om ons te vervolg nie ek dink julle ly aan bomskok…….dit was n ordentlike optog …geen branende bande nie……….geen klippe is gegooi nie…..nerens is infrastruktuur vernietig nie………jammer ons het hulle so teleurgestel !!!! so soek maar rede om negatief te wees!!!!

Chris Ws ·

Swart betogers kan met brandende buitebande paaie beskadig ,hoofwee en snelwee blokkeer en voertuie aan die brand steek maar dis oukei want hulle betoog vreedsaam?Maar as blankes vreedsaam betoog is dit onwettig?Op watter planeet bly Mbulula?
Wat van die vragmotor bestuurder wat goedsmoeds in voertuie van protes optog gangers inploeg ??Hoekom lewer Mbulula nie daaroor kommentaar nie??
Hierdie toepassing van dubbel standaarde gaan die oorsaak van ‘n burgeroorlog in SA wees.
“Minister” Mbulula wees gewaarsku – JY speel met vuur!

Maria Marais ·

Nou is die ou landsvlag onwettig ? Dit bly deel van ons geskiedenis en sover ek weet glad nie onwettig nie en n bohaai word oor dit gemaak en die uitlaatings wat deur hier gemaak word grens aan rassisme

Annatjie ·

Maar niemand het n woord gerep oor die poppe aan die pale nie….

Mike ·

Hierdie probleem benodig ‘n politeke oplossing en dit moet gebeur so gou moontlik of daar gaan groter probleme onstaan.

Just saying ·

Maar Vrydag se taxi optog word nie veroordeel nie….en ons almal moes maar net tevrede wees met die opeenhoping van verkeer? Nie te lekker as dit aan die ontvangkant is nie nhe….ek sou se suck it up, ons doen ook!!!

Flip Raath ·

Geoordeel aan die komentare is daar net een oplossing. ‘n Onafhanklike blanke staat sodat wit en swart in vrede elkeen sy eie kos kan produseer. Hoe en wat elkeen wil, op sy eie manier.

Barbara ·

Fantastiese oplossing. Ons sal almal genoeg kos en water he, want niemand gaan krane vir ure lank ooplos nie. En almal sal werk he.

Hein Krugell ·

Nou staan ons boere vir die eerste keer in 20 jaar op en daar is ‘n issue. Word wakker Zuma.

MCS ·

In die rainbow nation land gaan ons nie wen nie. Liewe Heer wees ons genadig! Hoe kan ons iewers kom met die mentaliteit. Ons is letterlik magteloos in hierdie land.

Sonja ·

So ….”witmense ” het geen verlede of geskiedenis nie???? Matriekeksamens “ontwrig”????
Net soos die #FeesMustFall gedoente…..toe instansies afgebrand is?? Nee my vriende…..hier sit slegs haat en onvergewens gesindheid agter sulke uitsprake. Wat is vandag afgebrand?? N I K S !!!! Ras is jul enigste verweer. Patetiese redenasies van sg leiers.

Michelle ·

Oh , as n wit man n ou landsvlag ophou is dit verkeerd en verdien n plaasmoord geen simpatie , maar laat swart mense hul ou apartheids liedere sing van kill the boer kill the farmer verdien hul simpatie?

Charl ·

Hoe dom kan sekere Afrikaaner mense wees. Jy vat jou oranje blanje blou na ‘n optog wat eenheid moet bring. Nou het dit meer verdeeltheid gebring. Nou sien swart mense daar buite die vlag en dink ‘ ag wat die boere verdien om uitgemoor te word’. Regtig man, partykeer is die Afrikaaner se grootste vyand sy mede Akrikaaner.

Abri ·

Charl.
Hoe kan jy dit waag on n boer dom te noem wat n vlag waarmee ons groot geword het en trots is op saam te neem na dit waarvoor hy opstaan. Jy is in verkeerde land!!!! Jy is seker ook een van die wat glo kos kom uit blikkies uit OK of Spar.

Yvonne ·

Nou is die onderwysdepartement bekommerd oor een dag wat matrieks moontlik ‘n vraestel kon mis. Hoeveel studente is ontwrig en wors nogsteeds ontwrig op universiteite. Geen skole/eksamensentrums is deur die betogings ingeval en studente gedreig nie. Niemand se lewens is in gevaar gestel nie. Ek het begrip vir die ongelukkigheid oor die ou landsvlag. Ons kan nie meer so in die verlede leef nie.

Chrissie Mulder ·

Dit gaan nie vir my oor swart of wit nie, dit gaan oor die gorilla oorlog wat tans in ons land aan die gang is…op plase en stede. Mense word wreed aangeval, vermink, veneder, gemartel en vermoor sonder dat daar enige reg geskied. Nou word ‘n vlag die middelpunt gemaak om die aandag van die realiteit van wat in ons land gebeur af te trek. Dit is met duidelike haat wat hierdie wrede, onmenslike dade uitgevoer word.

Hein ·

Ag siestog… hier is nie tyres gebrand nie en ook nie klippe gegooi nie…. lyk my hier is n tendens vir dubbele standaarde… wanneer daar n protes optog is moet ons maar bek hou en dit so aanvaar maar o wee … moenie dat die bordjies verhang word nie… ek persoonlik is al so gatvol vir die mags behepte misbruik in ons land….

Michelle Koekemoer ·

Dis hartseer om te hoor van al die negatiewe kommentaar wat ontvang word wanneer daar teen só ‘n groot kwessie in die “awareness” geskep word. Mense moet oor die verlede kom. Die hele punt van “swart-Maandag” is nie om rassisties te wees nie… dis om mense bewus te maak van die wrede manier hoe ons land se boere dood gemaak word. Ongelukkig sal die beseffing eers inskop wanneer enige ras in Suid-Afrika in ‘n supermark inloop en besef dat daar nie meer kos op die rakke is nie. Dis baie maklik vir ons swart volk om die vinger na apartheid te wys mar hulle besef nie dat wat hulle nou doen, hulself ook erg gaan benadeel nie.

Dit wat tans aagaan in SA is baie hartseer en baie onnodig. Die ironie is net dat wit mese mekaar bewus maak.. maar dis nie wit mense wat mekaar op plase aanval en apartheid die skuld gee nie.

Die enigste manier hoe ons Suid-Afrikaners gered kan word is deur buitelande wat intree en die Here se genade alleen.

Baie dankie aan Maroela Media wat ons gratis op hoogte hou van die gebeure in ons land. Dit word uiters waardeer.

Vernon Herholdt ·

Dit is die rede dat ek uit SA pad gegee het. Die ou landsvlag is nie onwettig nie. Daar word wel ñ konnektasie met apartheid gemaak. Die ANC vlag mag gewaai word sonder kla of kerm, maar dit is die vlag van ñ eens onwettige terroriste organiesasie wat nou die land regeer. Ons kultuur en erfenis word nie erken en sal nooit erken word nie. My hart bloei. Die Afrikaner is soos ñ mens sonder ñ van – geen identiteit.

Feite ·

Jyt jou se se verloor toe jy pad gegee het..help nie mense moan in die buite land oor kwessies nie het jy enige bewus making veldtogte waar jy ookal is…….

At ·

Dis lekker om opinies te gee uit die buite land uit…enige bewus making veldtogte van jou kant af daar waar jy ookal is…twyfel sterk…

anton ·

Baie waar wat jy sê!!!
Daarom werk ek hard daaraan om ook pad te vat. Geen toekoms hier nie!!!
En baie blankes se oë is steeds toe en sal ook so bly!!!

Leahim ·

Wat begin is met n stap in die regte rigting is nou ontsuur deur iemand wat nie sy verstand gebruik het en nou het die rasistiese regering weer n verskoning om te gebruik.Ek persoonlik het nie n probleemmet die vlag nie maar drapeer hom in jou sitkamer nie in n openbare plek nie.

Tas ·

Teminste is daar nie skade aan gerig om goed af gebrand nie .Just think if the farmer not feed you where to shops get food .

Sandrie ·

In Melawi boer almal op sy eie plaas en net vir hom self. Die Mall wat daar gebou is is leeg. Dit is wat hier gaan gebeur as die jeug op die plase oor neem. Het familie wat sending werk in Malawi gedoen het.

floris ·

intresant is dat as eff se en doen wat hulle wil hy dood stil is maar as daar n goeie optog met verskilende elemente in is wil hy dit uitlig en se dis waaroor dit gaan inplaas dat plaas moor en moord op ou mense en vroue en kinders n nuwe klasiviseering moet kry en as dit gebeur n automatiese 17 jaar moet kry sonder nog ander aanklagtis soo diefstal of verkragting te sprake kom want dis alles sagte tuikens

Wilna ·

Oor die algemeen was hierdie aksie met die regte gesindheid gedoen. Ongelukkig kan niemand “waar daar soveel mense bymekaar kom ” alles onder beheer hou nie. Dink dat elke organisasie daarvan kan getuig. Die inkluis wat nou soveel gal braak. Daar word.nou geisoleerde gevalle gebruik om weer die negatiewe hierin uit te bring.

Boet Fasie ·

Ek glo die Swart Maandag was ‘n sukses, bou daarop voort tot die regering luister en iets doen aan geweld en plaasmoorde. Wat van ‘n Black Friday en almal bring sy eie buiteband saam om te brand, dan gaan hulle werklik iets he om van te praat en te veroordeel.

Gerhard ·

Ek is bevrees dat as daar mense is wat dink Swart Maandag gaan ‘n verskil maak is julle in vir ‘n onaangename verrasing. Ek stel voor boere begin nou arm Afrikaners gebruik om die werk te doen. Die vet weet, mense verstaan moeilik.

Leahim ·

Gerhard dit is n begin ons het gevorder van net kla tot n optog

Johan Smit ·

Ja mense, met hierdie stellings s\kan ons duidelik sien wie is aan die hoof van plaasmoorde EN misdaad in die land as geheel!

Christiaan Jooste ·

Die opmerkings van BFLF, ANC en DA is nogal gelaai met ironie. Die korrupsie, moord (nie net plaasmoorde nie, maar alle moord) en misdadigheid is besig om hand or hand toe te neem onder die huidige vlag. Onder die huidige vlag is is geregtigheid en regverdigheid bloot politieke terme wat na gelang van omstandighede aangewend word. Die verwysing na kinders se reg op onderwys is lagwekkend, want dit is ‘n reg wat al hoeveelmaal deur SADOU gekrenk is en dit gebeur onder hierdie vlag. Dit is duidelik dat die reg in hierdie landjie van ons net in een rigting werk.

Amelia ·

Ek dink beste sal wees gee dan vir die boer hul eie stuk grond of is dit geval van weereens sal ons beter vaar op ons eie of sal die ? meer toeneem Kyk maar net om jou als wat die “boer het wil ander ook so graag he Vra jou self af wie het foon krag wiel kar ens die lig laat sien

Astrid ·

Wanneer gaan die mens besef dat hulle elke aksie deesdae dop gehou word? Ek staan gereed met my kamera, my getuies en my bandopnemer sodat ek van jou ‘n voorbeeld kan maak. Ek lok reaksie uit want ek weet ek is gereed vir die teenstand wat jy gaan bied en ek is reg om vir die wêreld te wys hoe groot van ‘n rasis jy werklik is. Ek is bitter hartseer dat een persoon dit kon regkry om presies daardie reaksie te kon ontketen en weereens vir die slapgat regering die oorhand kon gee! ‘Meneer die ou vlag’, ek wil net vir jou dankie sê dat jy alles waarvoor die mense gestaan het op #SwartMaandag in 1 sekonde op sy kop kon draai net omdat jy gedink het jy is ”slim”. Miskien moet jy en Heinz koppe bymekaar sit oor hoe julle die volgende optog kan bederf!!

@Ian ·

@Ian – Die duiwel is baie kwaad – doen so voor blanke nasie
Ek is so jammer dat ek gister swart aangehad het te ere van die plaasmoorde. Ek het nie geweet dis n blanke aangeleentheid nie
#nieblanke

Christi ·

EK moet se om deel te kon wees van so ‘n groep Suid Afrikaners wat saam staan was regtig iets besonders. Ek het tot my skaamte op n stadium begin twyfel of ons regtig sal saamstaan, maar toe ons daar staan en die burgermeester van Meyerton opdaag terwyl ons vra vir Vereenigign se burgermeester. En ons almal as een man saam gestem het en NEE gese het om die pad oop te maak vir lee beloftes het ek besef dat ons nou begin saamstaan en ernstig raak. Daar het ook verskeie swart mense tussen ons deurgestap en daar was geen ongewenste woorde of voorvalle nie. Nou dink ek bymyself wat gbeur by enige ander optog

Die ordelikheid en goeie gees wat geheers het was spreekwoordelik ‘n riem onder die hart. Toe die braaivleis vure begin brand was die gees sommer positief.

Ek is trots om n Suid Afrikaner te wees En ek staan vir my land vir my mede burgers en vir my regte.

MP ·

Joh… johhh Mbalula….. wat van FEES MUST FALL…. net voor die eindeksamens by universiteite!!!!! Studente wat reeds vliegtuig en buskaartjies bespreek het… en toe die geld verloor het … studente wat moes stres oor wanneer hulle nou gaan skryf!!!!!!!… geboue wat gebrand het… ouers wat gestres het oor hu kinders se veiligheid!!!!!! .. DIT was BAIE erger as hierdie optog wat die regering BEWUS wou maak van wat aangaan in die land!!!!!! Hoekom altyd iets wat positief bedoel word in iets negatiefs omskep,??? …. omdat julle NIE VREDE wil he nie ….!!!!!

pbotha ·

janee..dis die kortbroekbrigade met ou rugbykouse en vellies daar op die brug by die vlag! Die cooler met klippies en coke is ook nie ver weg nie. Dom idee gewees… met hierdie attitude word julle op n dag met great moontlikhede sleg geplank.

SaamStaanSuid-Afrika ·

Righto ! 1ste ding. Ons het mekaar nodig in die land. Swart, wit, geel watokal jy jou kleur wil noem.2de ding alby kante van die kleur spektrum moet hul rasistiese uitlatings laat staan. Albei het siele, dus albei is mens. Een is nie belangriker as die ander nie. 3de ding die plaasmoorde het nie net impak op die families nie, maar het n rimpel effek wat strek vanaf die president tot die wat in n plate huisie woon wat betref nie net kos nie maar tot die klere op hom/haar rug en die hout van wat die voordeur gemaak is.

4de.Elke plaasmoord = minder voedsel ens geproduseer wat ingevoer moet word nou en dus basiese voedsel soos meel om brood te bak duurder. 5de Werkloosheid styg ook agv dit dus totale misdaad syfer hoër. 6de Kinders wat honger ly en nie klere het om te dra nie. 7de Dis ook nie net wit boere wat geraak word nie maar swart en bruin ook. 8ste Ek kom self van n plaas af. My pa se neef is in koue bloed geskiet. Storie was op nuus. Dit gee my nie rede om rasisties op te tree nie punt. 9nde Ek raak groot met swart mense as vriende en laat ek nulle een ding vertel ek nooi baie eerder van my ander kleurige vriende vir koffie as baie wit mense.10de Almal moet saam staan en mekaar help. Dis al hoe ons ons land kan laat funksioneer tot sy volle potensiaal.

Lizette ·

Ai tog bou n nasie! Ons het nie klippe gegooi nie, nie mense Se voertuie gegooi met klippe nie, nie iets beskadig nie, ni geplunder nie. Daar was wit en swart mense as een. N iemand het geworry oor ou suurgat Malena en sy strong nie. Almal was een. Ja die flag was dalk drasties maar dai tye het nie al die goed gebeur wat nou gebeur nie. Mense swart en wit het n dak oor hulle kop gehad, kos, water ens, nou is daar hongerte als…. En laat die BLF terug neek van waar hulle vandaan kom weet nie hoekom staan mense vir sy dinge nie. Dis belaglik DAT hulle dink die polisie is nou slapgat?? Regtig waar!!!!! Dis mense wat nie eers hulle self mag beskerm nie. En hulle self elke dag ingevaar moet stel. Ons het nie hulle of enige iemand anders in gevaar gestel nie. So slapgat is die wat gou is om te praat!

Peet ·

Die minister, Malema, BLF het het nugter geskrik toe hulle sien hoeveel mense aan die optogte deelneem. En ek vermoed die lafards soos wat hulle is het bang geword, daarom die kommentaar. Verder was daar geen geweld en vernietiging wat hulle verder ontsenu het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.