Swart ouer loof Laerskool Schweizer-Reneke

Thabiso Maolwane sê al sy kinders floreer in die Laerskool Schweixer-Reneke. Skermskoot: eNCA

ʼn Ouer van een van die swart leerders op die omstrede foto van ʼn gr. R-klas van die Laerskool Schweizer-Reneke sê Noordwes se onderwysdepartement “het die saak te ver gevoer”.

Thabiso Maolwane het aan die nuuskanaal eNCA gesê hulle het op die eerste skooldag van die jaar, die dag toe die omstrede foto geneem is wat ʼn rasseherrie by die skool laat ontstaan het, laat met hul seun opgedaag. Hy sê die onderwyseres in wie se klas die foto geneem is, het toe reeds ʼn tydelike reëling getref oor waar die kinders sou sit.

Sy het gesê dis net tydelik en sy sou dit deur die loop van die dag verander.

“Drie swart kinders het klaar aan die een tafel gesit,” het hy gesê, “en toe was ons kind die vierde een wat daar moes sit. Ons het die onderwyseres gevra oor die opset, maar sy het gesê dis net tydelik en sy sou dit deur die loop van die dag verander.”

Sy het aan hulle verduidelik sy het die kinders vir eers so laat sit om “eenderse kinders” aan mekaar voor te stel sodat hulle op hul eerste skooldag “gemaklik” kon wees. “Ons het dit aanvaar soos sy dit verduidelik het,” sê Maolwane.

Elana Barkhuizen. Foto: Reint Dykema

Hy sê die onderwyseres het later die dag presies gemaak soos sy belowe het. “Die foto [van die kinders wat volgens hul ras geskei was] het my geskok, maar later het ek gehoor daar is ook ander foto’s waarop die indeling korrek is – en toe is al die kinders geïntegreer.”

Gevra of hy verstaan wat die onderwyseres wou doen en of die LUR vir onderwys, Sello Lehari, dus die saak uit verband geruk het, het Maolwane gesê: “Dis juis wat ek wil sê.”

Hy meen die departement moet sorg dat Elana Barkhuizen, die onderwyseres wat geskors is omdat sy die foto geneem het wat in ʼn WhatsApp-groep gedeel is, terug skool toe kom. “Indien moontlik, moet hulle haar verskoning vra, want wat sy verkeerd gedoen het, was om die foto te neem. Sy het niks anders gedoen nie.

“Miskien het sy vooraf met die klasonderwysers gesels en het sy niks fout met die foto gesien nie omdat sy die sitplekreëling verstaan het.”

Maolwane sê toe hy van Gauteng af Schweizer-Reneke toe getrek het, het hy al die skole in die omgewing besoek en eindelik besluit die Laerskool Schweizer-Reneke is die beste keuse vir die sy eersteling.

Die onderwysers was baie gaaf met my oudste seun.

“Nadat ek gesien het watter grondslag my oudste seun hier kry, het ek besluit om ook my ander kinders hier in te skryf toe hulle skool toe moes gaan, want my seun het so goed hier gevaar. Die onderwysers was baie gaaf met hom.”

Klasse aan die skool sou na verwagting vanoggend hervat word, het African News Agency berig. Die skoolhoof was by navraag in ʼn vergadering en kon nie Maroela Media telefonies te woord staan nie, terwyl die voorsitter van die beheerliggaam nie beskikbaar was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

liz ·

Dankie Meneer, hierdie is ‘n heksejag, ek hoop die Dept. van Onderwys en die LUR met sy groot mond gaan klippe kou vorentoe!

Cherokee ·

As dit Jan Barnard was wat die woorde gesê het, sou julle gesê het ‘dankie Jan’. Wanneer iets oordryf word is dit altyd ooglopend.

Jacques ·

Dit is wat gebeur as jy jou eie afleiding maak sonder om behoorlik ondersoek in te stel en die HELE storie agter die storie te ken nie . Alles gaan net oor rassisme en nie . Baie mense is te selfgesentreerd en behep met ras . Ek glo die onnies weet wat hulle doen , en nie net daar nie maar in die hele land .

Francois le Cochon ·

Logiese denke seevier altyd bo politieke besmetting.

Sanet ·

DÁREM….ÉÉN eerlike én BAÍE dapper ouer sover, om die WAARHEID te vertel en TEEN DIE RES se histerie te draai!’???
BAIE DANKIE THABISO MOALWANE

erkenning ·

die LUR, EFF, sal nooit hierna luister nie, omdat hulle daarop uit is om moeilikheid te veroorsaak. Dit lyk my dit het begin deur daardie ouer wat afslag op skoolgeld wou hê . Sy handeling was met opset. Hy hoop seker nou op gratis onderrig.

Se net ·

Maar natuurlik sal die hoof en die beheerliggaam nie beskikbaar wees nie. Sou niks anders verwag het nie.

Onnie ·

Ek stem. In my opinie is die kool nie die sous wêrd nie. Die hoof moes eerder na al die feite gekyk het en opgekom het vir die juffrou (wat deur hom en die BL aangestel is) maar duidelik dans hy/sy eerder na die OD se pype Juf.. Elana, ek hoop jy kry ‘n baie goeie pos. Daai hoof en BL verdien jou nie.

Genieve ·

Die Here sal jou seen mnr Maolwane jyt di waarheid kom praat want jou kinders gaan ook daar skool.

Krummel ·

Ja, die skoolhoof en die voorsitter van die beheerliggaam is te slap om hul saak te stel. Hulle kan nie hul man staan en is bang vir die moeilikheidmaker. Hy lag nou lekker en weet hulle kan met ons doen net wat hulle wil en ons sal op aandag spring as hulle die vingers klap. Ons het die stryd verloor, ons kan maar begin hardloop.

Seeskulp ·

Die juffrou kan sekerlik vrylik foto’s neem van haar nuwe klassie. Hoe kan dit verkeerd gewees het dat sy foto’s geneem het.

Oosie Oosthuizen. ·

Baie dankie vir die eerlike bydrae. Jou seën sal jy ontvang.

Thinus Erasmus ·

Baie dankie Thabiso vir eerlikheid en ruggraat, ek moet egter jou vra waarom was jy geskok toe jy die foto sien nadat jy persoonlik deur die onderwyser ingelig en verseker was?
Tweedens hoekom dink jy dat Elana wel ‘n fout gemaak het om die foto te neem, en hoekom se jy die LUR moet as dit moontlik is haar omverskoning vra?
Ek wil nie vyande maak nie, maar ‘n halwe waarheid is nie geregtigheid nie.
Ek meen dat die verskoning ‘n vereiste is as jy iemand se onskuld verdedig, en die foto is neem was nie die oortreding nie!

Naas Vermaak ·

Jys nes ‘n ouer wie se kind 5 onderskeidings gekry het en dan vir die kind vra hoekom het jy nie 6 gekry nie…uiters swak benadering…

Thabiso Maolwane ·

Dankie Thinus,
Not so sure of what my son told me about usage of cellphones in class is correct, according to his information from the school, no use of cellphone except in case of emergency, the reason I said “her wrong doing was to take the picture in class and If this cellphone regulation stand as my son said, then, that is why I said “if possible Dpt Education may apologise to the teacher. I hope you understand my partial truth as you said. Jammer ek kon dit nie in Afrikaans verduidelik, en my seun is nie hier om te help.

Wilma ·

Dankie dit is weereens bewys dat integriteit en inbors niks te doen het met ras kleur of finansiele status. Nogmaals dankie vir die besorgde pappa wat die waarheid insien

Se net ·

Baie dankie vir jou eerlikheid Thabiso, die Here sal jou seen. Die waarheid kom altyd uit!!
Dankie vir jou dapperheid asook jou besorgdheid.

ferdi ·

Anamari jy sal oorwin GOd die Lewindige Vader se kinders oorwin altyd

waarheid1 ·

Swak Bestuur van die skool – julle sal onthou word vir die negatiewe en nie die positiewe nie.
Die juffrou sal egter onthou word vir iemand met integriteit en rugraat.

Bertie ·

Ek bid vir jou Juffrou Elana, moet net nie moed verhoor nie, dan het jy alles verloor.

Penellope Jones ·

Skryf dit tog asb net in die Engelse media ook!!!
Baie, baie dankie vir ‘n betroubare onnie en eerlike ouer wat nie bang of skaam was om hulle kant van die saak te stel nie.’

se net ·

Modise……………..dit is die EEN wat als veroorsaak het. Ek hoop sy/haar kind kry n ander skool sodat die wat graag wil skoolgaan dit kan doen.
As ek daar skool gegee het, sou ek dai kind in die hoofstroom gesit het en verder net normaal my klas gegee het. As die kind uit voel en niks verstaan, so what? Jy is hier om skool te gaan en nie gepamperlang te word nie omdat jy so graag wit wil wees nie.

GP ·

Wat ek al sien gebeur het is dat ‘n rasse herrie veroorsaak word. Daarna neem blanke ouers hulle kinders uit die skool en so 2 jaar later is daar geen blanke kinders in die skool oor nie.

waarheid1 ·

Jip die rooi gesigte gaan nou na vore begin kom.
Die hoof en die voorsitter van die beheerliggaam – andere ook .
Hulle weet wie hulle is – het baie gou die klippe begin gooi.

Johnnie ·

Ek hoop solidariteit gebruik hom om in die hof vir die ondewyseres te getuig.

Vraagteken ·

Ek is nou lekker deurmekaar. Dalk kan iemand my wysig? Beteken dit dat mnr. Maolwane met ‘n ander onderwyser gepraat het aan die begin van die dag wie se klas dit was en Mev. Barkhuizen dan net die foto geneem het sonder om die Dinamika van die sitplekreëlimgs te verstaan?

BM ·

Die wat die revolusie dryf, het perfek in hulle doel geslaag. Die berig is ook wyd in die buiteland vertoon. Die dag wanneer dinge regtig begin lelik raak, kan die vinger net na die blankes gewys word en die liberale media reg oor die wêreld sal sê dat blankes verdien wat met hulle gebeur.

Carrie Ann ·

Ephesians 6:12-13″For our struggle is not against flesh and blood, but against the rulers, against the authorities, against the powers of this dark world against the forces of evil. Therefore, put on the full armor of God, stand your ground, and after you’ve done everything to stand. Stand firm then! Vertaal asseblief.

Anoniem ·

Elana bly glo in God en Jouself en laat niemand maar niemand Jou bangmaak nie, ons het vir Jou ‘n veilige plek om tydelik te bly ?

Gert ·

Ek lees al die kommentare hier voor. En hy het ook gesê,: “Indien moontlik, moet hulle haar verskoning vra, want wat sy verkeerd gedoen het, was om die foto te neem. Sy het niks anders gedoen nie.”

Dit is die kruks van die storie en waar die hele sage begin het, daai foto, soos die man hier voor in aanhalingstekens beduie.

Rina Kotze ·

Om Verskoning vra dat hulle haar net so geskors het sonder om eers uit te vind waarvoor dit gaan?

en dan was dit ook nie eers haar eie klas nie???

Ek dink ons hoef nie eers ons asems op te hou nie, hulle sal nie om verskoning vra nie, net meld ‘n fout is gemaak.

Sterkte Elana, daar is baie vir jou bid.

Onthou, die wat gate grawe en haar ondergang bewerk, grawe ‘n gat vir iemand en jy val self daar in,

Skaam julle!

Brakenjan ·

Vir baie joernaliste is n sensitiewe politieke weergawe van n gebeurtenis, meer
belangrik as die waarheid. Ons moet bid dat die waar heid die slinkse
weergawe of anders gestel , die bose sal oorwin. Die waarheid het vir baie die
bosemag geword HERE U slaap nie. Help asb.

Rina Kotze ·

Ek was netnou op News24 en daar is letterlik geen beriggewing oor die gebeure by die skool nie.

Philip ·

Wag nog steeds op LUR se antwoord wat glo Donderdag sou gebeur of mis ek iets? Hy weet seker hy is verkeerd. Dan word so persoon met ons belasting geld betaal. Skande

Tanya de Lange ·

As ‘n voornemende onderwyser, kan ek verstaan hoekom sekere leerders nader en verder van die bord af moet sit. Verskeie leerders het mos verskeie behoeftes, en ‘n onderwyser moet dit doen wat die beste vir haar en haar klas is. Ek glo dat byde onderwysers uitstekende onderwysers is, en dat die vrug van rassisme al lankal in hul klaskamers sou vertoon het, indien hul wel rassisties was. Baie dankie Mnr. Maolwane, Juffrou Barkhuizen, en almal wat aan die regte kant van geregtigheid staan in hierdie geveg. Wat veg vir ‘n blink toekoms vir alle Suid-Afrikaanse klaskamers.

Swanna ·

LOGIKA!!!!!!!!!!!!!! Het julle dit nie meer in jul koppe nie???????

jannie ·

Die “departement” wou n rasse voorbeeld maak van die klomp…..hulle is die rassiste.

lelik wit ·

My kommentaar is : As die juffrou so nou betrokke is by haar eie klassie, hoe kan sy hulle alleen los en foto’s neem in n ander klas? En hoekom iemand anders se klas foto op whatsapp plaats? Dit maak nie sin nie, verder is die bohaai absoluut nodig, en is dit weereens kinders wat ly . Aan julle ouders daarbuiten en die hele spul wat alles uit verband ruk, STOP AANDAG SOEK IN DIE MEDIA OOR RACISME? Gee eerder julle kinders die aandag wat hulle toekom? Daar is net een woord vir die hele gebeure , KINDERMISHANDELING EN UITBUITING STOP ASSEBLIEF OM ONS KINDERS TE GEBRUIK VIR POLITEKE DOELEINDES? SIES MAN KRY JULLE NIE SKAAM NIE? DIE PERSOON WAT HIERDIE HELE GEBEURE BEGIN HET, IS NIE SY/HAAR KINDERS WERD NIE, SIES SIES SIES, EN GEE DIE JUFFROU HAAR POS TERUG, EN JUFFROU, EK HOOP JY HET NIE MEER WHATSAPP NIE? SIEN JY NOU IN WATTER GEMORS JY BELAND DEUR FOTO’S TE DEEL? EK GLO JOU INTENSIE WAS GOED, MAAR DIT WORD NIE WAARDEER NIE ONGELUKKIG, GAAN TERUG SKOOL TOE EN GEE KLAS, VERGEET VAN FOTO’S.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.