‘Swart regering wettig armoede’ – Saftu-staking in NM-baai

Saftu-optog in Port Elizabeth (25 April 2018) Foto: Raahil Sain/ANA

Duisende werkers het Woensdag die strate van Port Elizabeth ingevaar onder die vakbondfederasie Saftu se banier as deel van ʼn landswye staking om teen die voorgestelde minimumloon van R20 per uur of R3 500 per maand te betoog.

Die R20-minimumloon sou op 1 Mei in werking getree het, maar is intussen uitgestel weens parlementêre prosesse.

Die betoging het buite die Eeufeessaal in New Brighton begin en werkers het nagenoeg drie ure lank aan die optog deelgeneem tot hulle die Nelson Mandelabaai-stadsaal bereik het.

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ook by die betoging aangesluit, en ʼn swaar polisieteenwoordigheid het oor die skare gewaak. Winkeleienaars het hul deure gesluit as ʼn voorsorgmaatreël.

Andrew Chirwa, president van die vakbond Numsa, het die skare toegespreek en gesê die regering het ʼn aanval geloods teen werkers en dink hulle is net R20 per uur werd. “Die nuwe môre is R20 per uur, die nuwe môre is 15% BTW, die nuwe môre is dat die reg om te staak weggeneem sal word. Diegene wat verward is oor Desember, daar is nie ʼn nuwe môre nie. Dis dieselfde wyn in ʼn ander verpakking,” het Chirwa gesê.

Hy het ook die “swart regering” veroordeel wat glo armoede wettig. “De Klerk en Botha het dit nooit gedoen nie, maar ons eie swart regering het besluit om armoede te wettig. Hulle verstaan nie die pyn nie. Hulle weet nie dat jy niks met R20 kan doen nie. Hulle ignoreer doelbewus die apartheidsloongaping dat wit mense meer verdien as swart mense.”

Chirwa het gesê mense wat “in hul rykdom swem” is diegene wat besluit het dat R20 per uur voldoende is vir werkers.

Gordon Maseko, nasionale tesourier van die vakbond Salipswu, ʼn filiaal van Saftu, het gesê die nuwe minimumloon is problematies vir werkers, as mens inflasie in ag neem.

ʼn Memorandum van eise is aan ʼn verteenwoordiger van die departement van arbeid oorhandig.

Saftu het protesoptogte in Johannesburg, Polokwane, Bloemfontein, Durban, Oos-Londen en Kaapstad gereël, maar gesê optogte kan ook moontlik op ander plekke voorkom.

Die Johannesburgse middestad is tot ʼn stilstand gedwing. Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van Saftu, het gesê die vakbondfederasie het aansoek gedoen vir ʼn permit van 7 500 betogers, maar die geraamde getal is baie meer as wat hulle verwag het. “Dit is iets wat baie lank laas in Suid-Afrika gesien is; ons is baie tevrede,” het Vavi gesê. “Die busstaking het ons in sommige gebiede geraak, maar ons bedank almal wat hul motors beskikbaar gestel het om dié nasionale staking moontlik te maak.”

Die skare het liedere teen pres. Cyril Ramaphosa gesing en plakkate omhoog gehou wat met die staatspresident spot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Gerrit ·

Ook met niks tevrede nie die glas is altyd half leeg nooit half vol nie

Jack Klok ·

Ag Gerrit, hierdie narre verkeer nog altyd onder die indruk dat hulle hulsef skatryk gaan staak. Hulle het nog niks geleer sedert Marikana nie. Na Marikana het daar 70000 werksgeleenthede verlore gegaan en investering in mynbou het met 89% afgeneem. Maar staak gaan ons staak.

Jannieman ·

Hierdie is deja vu vir my.

Ek het in die negintags vir n semi-staats instelling gewerk en ons was lam gele met hierdie selfde eise. Ons het vir die werkers en unie verteenwoordigers probeer verduidelik dat hulle hulself uit n job uitwerk maar hulle het vir ons gelag.

Hulle sit almal sonder werk vandag en ons gedy as interpreneurs. En dan blameer hulle wragtag blankes. Dis om van te huil.

JV ·

Eskom het ‘n werksmag van 66% te veel werknemers met ‘n gemiddelde koste van R700 000 per werknemer – Wêreldbank.
Praat jy van jou uit jou joppie uitwerk. Hier kom dit met Eskom.

Janneman ·

En hoe dink SAFTU voel die miljoene werkloses wat R0/uur verdien. Hullle eise word nie verbind met produksie verhoging or dergelike voorstelle om dit te finansieer nie.

CR het n onmoontlikke taak. Ek glo hy weet wat gedoen moet word om die ekonomie aan die gang te kry maar omdat hy n soveel dooie hout en korrupte kaders in sy kabinet het is sy hande geboei.

Loon ·

Betoog maar…..niks vir niks en bietjie vir n tiekie.
Mens kry nie net nie…

Boerseun ·

As julle minder geld vir die unies gee het julle klaar meer in jul sak

Koos de Meyer. ·

Hier leef hulle in ‘n land van melk en heuning. In Zambië kry ‘n gewone werker 25 kwatchas ‘n dag. Dit is min of meer R 33. 00. Die huis werker kry ‘n 1000. 00 Kwatchas ‘n maand. Kos is twee keer so duur as by ons. Hulle is te dankbaar om werk te kry. Hier is hulle ‘n klomp patete.

Christa ·

Ek raak so moedeloos met myself wat net nie n helder prentjie vir ons land kan sien nie. Daar is en sal nooit patriotisme in ons land heers nie. Ja, sekere beproewinge of bv sport snoer mense tydelik saam, maar daar is onder die verskillende bevolkingsgroepe soveel klassisme en onderlinge verskille, dus is patriotisme myns insiens net n woord onder “P” in die woordeboek geskryf. Ek wil nie graag negatief wees en net altyd probleme ipv oplossings raaksien nie, maar ek voel onmagtig om n oplossing te sien. As gelowige dwing ek myself om te glo dat daar te midde van ons krisisse n uitweg is, maar nog nooit was dit vir my so n stryd soos tans nie. Reeds in 1994 het ek geweet ons stuur op groot probleme af, maar dis asof ek steeds n toekomsvisie gehad het … nou nie meer nie.

Spike ·

SA werkers is te lui, wil als hê vir niks doen en dan is dit nog nie genoeg nie. Wonder die duisende wat so staak, wat van hul werke vandag. Hulle lyk almal na vet en uitgevreet. Verdien helse salarise.

jaco ·

As die oorgrote meerderheid arm werkers wit was, het ek hierdie uiters lae minimum loon verstaan, MAAR die armste werkers is net so swart soos die politici en staatsamptenare wat hierdie minimum loon uitgewerk en goedgekeur het. Iets maak dus nie sin nie.

Lana ·

Die ekonomie vra ongelukkig nie of jy kan doen met R 20 per uur nie. Die ekonomie vra of jy dit werd is.

Zelda ·

If i dont pay electricity, water, rent, schoolfees. YESSSS!! I will gladly work for R20 / hour. They dont pay these bills, they get R3500 in their pockets, they dont pay the bills we do.

Cherokee ·

‘Swart regering wettig armoede’.
Dan is daar selfs meer onwettiges in die land as wat besef word.

Christo ·

Ek sien daar is nog ‘n ‘Chris’ dus het ek maar my naam verander.
Uit die werker se oogpunt maak die minimum loon sin, maar dan is daar die werkgewer. Kan hy dit bekostig? Gaan ‘n hoër minimum loon nie hoër werkloosheid tot gevolg hê nie.
Ek dink ons regering moet die landsgrense sluit teen instroming van ander Afrika lande en vir ons eie mense ‘n manier van geboorte beperking instel. Ons land is immers huidiglik t.o.v. beskikbare bronne oorbevolk.

Casper Labuschagne ·

Dit is al hierdie babas wat armoede waarborg

Die regerende party wat armoede wettig? Nee, ek verskil daarmee. Dit is die 2,500 babas wat vandag gebore word wat armoede verseker. En die babas wat môre gebore word, en die wat gister gebore was, eergister, die 2,200 per dag laas jaar, die 1,000 per dag van twintig jaar gelede.

Armoede is gewaarborg want al was ons groeikoers 10%, sal die meeste van daardie babas vir ewig sonder basiese dienste wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.