Swart veeboere nalatig, sê LUR

Boerbokke (Argieffoto ter illustrasie) Foto: boergoats.co.za

Boerbokke (Argieffoto ter illustrasie) Foto: boergoats.co.za

ʼn Toenemende aantal vee dwaal tans sonder toesig rond op informele nedersettings in plattelandse en stedelike gebiede waar meestal swart mense woon. Dit dui daarop dat sommige van die inwoners nie na hul vee omsien nie, het Mlibo Qoboshiyane, LUR vir landelike ontwikkeling en landbouhervorming in die Oos-Kaap, vandeesweek gesê.

Qoboshiyane het gesê dat veeboere hul diere naby paaie laat wei, wat ʼn groot veiligheidsrisiko inhou en in verskeie gevalle al ongelukke en sterftes veroorsaak het.

“Veeboere wat omgee, verseker dat daar iemand is wat na die vee kan omsien en dat die diere in die veld, ver van enige paaie, wei,” het hy gesê.

Qoboshiyane het gesê sulke optredes  is roekeloos  en moet aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gerapporteer word. Op dié manier kan die regering ingryp en probeer vermy dat mense sterf as gevolg van uiterste nalatigheid.

“Die nalatigheid van die eienaars moet die nek ingeslaan word,” het hy bygevoeg.

Hy het ook gesê dat die regering se pogings om die nalatigheid te stop deur eienaars se vee in besit te neem, skrik hulle nie af nie. Die enigste oplossing vir dié saak is dat die betrokke gemeenskappe sulke gevalle aan die DBV moet rapporteer, meen hy.

Hoewel daar sowat 6,6 miljoen beeste, 8 miljoen skape, 450 000 honde en 350 000 perde in die omgewing van die Oos-Kaap is, het Qoboshiyane gesê die nalatigheid van eienaars laat selfs die kwessie van uitwissing kop uitsteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

6.6 miljoen bees en 8 miljoen skape in die Oos Kaap. Rerig? Of is ek getarras. Maroela ek het my naam en eposadres ingevul, die vorige keer ook al.

Peet Schabort ·

Onthou FM dat ons ook die GROOTSTE kontinent is . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.