Swartbergpas bly gesluit

Só het die Swartbergpas in 2017 gelyk (Foto: Pierre Gouws via DazMSmith/Twitter)

Swaar sneeuval die afgelope paar dae het daartoe gelei dat die Swartbergpas in Oudtshoorn gesluit moes word.

Oudtshoorn-munisipaliteit se rampbestuureenheid het Saterdag gesê die pas bly gesluit. Drie voertuie is steeds op die pas vasgekeer ná motoriste nie ag geslaan het op waarskuwingstekens nie.

“Die toestande van die pad is baie gevaarlik en nie eers geskik vir viertrekvoertuie nie. Motoriste word gewaarsku om nie van die Swartbergpas gebruik te maak nie.”

Verontagsaming van waarskuwings dat ʼn pad gesluit is, kan moontlike regs- en versekeringskwessies inhou vir padgebruikers indien iets met hulle of hul voertuig gebeur wanneer hulle op ʼn pad ry wat gesluit is, aldus provinsiale woordvoerder Jandre Bakker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peach ·

Was gister daar maar, al moes ons die natuur verskynsel van ‘n afstand aanskou, was dit steeds asemrowend mooi.

Danie ·

Sulke mense sal net n les leer indien hulle vir alle reddingskostes verantwoordelik gehou word weens versuim om n kennisgewing te eerbiedig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.