‘Swartgesig-herrie’: Klagte teen talle partye

swartgesig-herrie-by-US-Maties

Een van die meisies wat valslik daarvan beskuldig is dat sy haar gesig “swart” gesmeer het Foto: Facebook

Klagtes sal na verwagting Donderdag by die Universiteit Stellenbosch (US) ingedien word teen amptenare wat betrokke was by die skorsing van twee studente wat valslik van “blackfacing” beskuldig is.

Poekie Briedenhann (20) en Jo-Anne Cloete (19) is geskors nadat ʼn foto van hulle op sosiale media versprei is waar dit voorkom asof hul gesigte swart geverf is. Dit het egter later aan die lig gekom dat die meisies se gesigte pers geverf en met blinkers bedek was vir ʼn koshuispartytjie met ʼn sterreruim-tema.

Adv. Danie Rossouw, AfriForum Jeug se prokureur, het aan Maroela Media gesê die aanklagte word teen enige amptenare van die universiteit ingedien wat by die ondersoek na die saak betrokke was, maar ook spesifiek teen Mathew Smorenburg, verbonde aan die universiteit se sentrum vir studentestrukture en -gemeenskappe.

Volgens Rossouw het Smorenburg die meisies kort nadat die foto’s op sosiale media geplaas is na sy kantoor ontbied en hulle uitgetrap. Hy het glo geweier om na die meisies se verduideliking oor die foto’s te luister en het later aan hulle ʼn SMS gestuur met ʼn “verskoning” wat hulle glo verplig was om op hul persoonlike Facebook-blaaie te plaas.

In die verskoning word daar gesê hulle is bewus daarvan dat die pers verf as swart aangesien is en dat hulle om verskoning vra aan enige persoon wat aanstoot geneem het. Daar word ook gevra dat mense nie “die onverdedigbare praktyk van ‘blackfacing’ probeer verdedig nie”.

Die US het Vrydag Briedenhann en Cloete se skorsing opgehef.

“Die manier waarop hierdie saak hanteer is, is net belaglik. Smorenburg het sommer opgetree as die aanklaer, die verhoorregter en die ou wat die vonnis uitreik, alles binne ʼn kwessie van minute,” het Rossouw gesê. “Dit was ʼn absolute vertrapping van die studente se regte wat nie eens ʼn kans gegun is om hul saak te stel nie. Nou nog is die universiteit se hantering van die saak lomp en hoegenaamd nie aanvaarbaar nie.”

Die diagram wat Mathew Smorenburg op sy Twitter-profiel geplaas het. Foto: Twitter

Die diagram wat Mathew Smorenburg op sy Twitter-profiel geplaas het. Foto: Twitter

Volgens Rossouw finaliseer die regspan nog die aanklagte. Daar sal moontlik ook klagtes gelê word teen mense wat die saak aangehits het. “Ons vermoed Open Stellenbosch het ʼn groot rol gespeel om die saak aan te blaas en te sorg dat die meisies geskors word,” het hy gesê. Hy het gesê die studente en hul ouers sal nog besluit of ʼn bykomende siviele skadevergoedingeis ook ingestel sal word.

Intussen het talle mense op sosiale media teenoor Smorenburg uitgevaar oor sy hantering van die saak. Smorenburg het Maandag ʼn diagram op sy Twitter-profiel geplaas met die verskoning wat hy vir die meisies gestuur het om op hul Facebook-profiele te plaas. In die diagram verduidelik hy hoekom die verskoning so bewoord is en dat hy die meisies “voorberei het op die vloed van haat, geweld, intimidasie en dreigemente wat hulle reeds via sosiale media ontvang het”.

RSG het Maandag berig dat vriende van Smorenburg namens hom klagtes van intimidasie en aanhitsing tot geweld sal indien na aanleiding van die dreigemente wat hy op sosiale media ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

anna ·

Ek het mos op my vorige skrywe gese hy hardloop nou weg en skuil agter sy vriende – (sekerlik Open Stellenbosch) – die Smorenburg -knaap. Japsnoet. Dit is al vriende wat hy verseker het behalwe die klomp rugraatlose mense saam methom by die Studente raad. Hy het uitgedeel maar wil nou nie ontvang nie!! was mos vinnig met die vingertjie!!!!! Hy is so bangbroek nuttelose vent , boelie.
Gaan land uit – Knaap Smorenburg – jou tipe is nie hier welkom nie. Gaan hits rassisme in ‘n ander land aan -nie hier nie – jy het al te veel skade aangerig. Gaan ook vir berading – want jy het dit nodig.

Ben ·

People, people! Just grow-up, please! Daar is meer dringende sake om oor opgewonde te raak. US het oorgereageer. Just move on now!

MoegVirDubbeleStandaarde ·

Ben, daar is inderdaad dringender sake. Maar dit is die ander kant wat studentepret tot ‘n eksistensiele krisis verhef het. Hierdie is maar nog ‘n veldslag in die oorlog. As daar nie nou sterk opgetree word nie, maak dit net die pad gelyk vir nog soortgelyke gevalle waar sommiges onvoorwaardelik skuldige bevind word en summier gevonnis word ongeag. En glo my, hierdie tipe intimidasie is nie beperk tot US of universiteite nie – dit is baie lewendig in die werksplek ook. Emosioneel is dit sielsdodend in die letterlike sin vir die aangeklaagtes, en dit maak loopbane baie seer. Hierdie optrede gee ook ander moed wat in stilligheid voor dieselfde onreg staan.

Loeis ·

Nee. Die mense wie groot moet word is Mathew Smorenburg en Open Stellenbosch. Hul kwaadwillige optrede skep ‘n baie lelike presedent en moet in die kiem gesmoor word anders word dit net erger.

Piet ·

As daar maar net aanbeweeg word sonder gevolge vir die persone wat oorreageer het, sal hulle volgende keer weer presies dieselfde doen, want hulle weet hul dade dra geen gevolge. Dis ‘n baie dom dink om te sê.

Willie ·

Ben
Dis maklik vir jou om te praat,jy het nie al hulle hel deurgemaak nie, ek stel voor dat jy liewer “move on”….jou advies is effe onvanpas.
Willie

Ronnie ·

Ben, Open Stellenbosch en ander diesulkes moet eerder grootword. Alles is en kan nie rassisties wees nie.

Koos ·

Ben, wat is dit jou dogter was. Die kinders moet nog vir 3 tot 4 jaar op die universiteit sit, waar hulle (onskuldig) as rasiste uitgekryt is. Natuurlik moet ‘n hof nou ‘n beslissing maak, en hulle moet vergoed word vir die skade gely. Ek hoop dit word deur Smorenburg en Open Stellenbosch betaal.

AC Esterhuizen ·

Dis agv. hierdie tipe houding (van Ben) dat dit so gaan in SA. Kry ruggraat man!!

Trolle ·

Ben regtig? Genade as almal soos jy was ,was almal seker slawe vandag onder een koning.

Ryan ·

So Ben, jy reken hierdie meisies se reputasie kan maar in die grond vertrap word en ons moet aanbeweeg. Ek ruik ‘n rot as ek so na jou kommentaar kyk. Wil jy vir ons iets vertel…?

Berhalet Beukes ·

Wat op universiteitsvlak gebeur IS van belang aangesien studente hier voorberei word vir di werksmark. Universiteitsbestuur moet grootword en beheer neem oor die chaos wat op kampusse regeer en ‘n slag strenger, meer gebalanseerde maatreëls neerlê. As hulle dus daarvolgens nie die regte leiding kan gee nie, sien ek nie hoe studente gereed kan wees om die werksmark te betree nie.

h ·

Nee, nee, nee, vat hulle hof toe. Dit is juis hierdie, “ag wat ter wille van vrede” wat die Afrikaner in posisie het waar ons nou is.. Nee, tree hulle aan en wys dat ons as Afrikaners ook die ruggraat het om terug te baklei vir reg en geregtigheid. Ons wat elke keer die sogenaamde “swartskaap”is se kleed moet nou afgeruk word en ons moet erken word as burgers van hierdie land. Ons het ook regte.

Meraai ·

Smorenburg moenie nou agter sy vriende skuil nie. As hy voel hy is n slagoffer van intimidasie moet hy self so sê! Volgens mediaberigte het hy self nie baie simpatie met die twee studente gehad nie so hy moet self ook nie simpatie verwag nie. Ek is bly om te hoor die twee studente gaan regstappe neem. Sterkte daarmee! Maroela Media keep us posted!

Loeis ·

Hulle moet Smorenberg in sy persoonlike hoedanigheid aantree.

Ook, sy foto moet net soveel soos die meisies s’n gedeel word. As Maroela Media dit sal vergun, kan lesers vir daardie doel na http://praag.co.za/?p=36567 loer.

Wat-ek-lees ·

Loeis, hierdie vent se tjank moet behoorlik afgetrap word en in die kiem gesmoren(burg) word. Hy is ‘n gevaar vir geregtigheid en die samelewing.

Daan ·

Niks van aanbeweeg nie. Mense wat moedswillig was moet die gevolge van hul dade dra.

Piet Pompies ·

Die oplossing is so maklik, sit ‘n wag voor jou mond

DPJ ·

Wanneer die bortjies verhang word moet almal kalmeer en vergeet en aanbeweeg, was se onreg hulle die meisies nie aangedoen nie en moes die volle proses deur gegaan word geen aanbeweging voor dit nie deurgevoer is nie.
Nou moet almal net aanbeweeg.
Hé, Hé, Hé (X3)

m ·

Hierdie hele storie is sooooo lagwekkend. Voel hierdie swartes so bedryg deur hulle velkleur dat hulle so boehaai oor so eenvoudige ding kan maak. Dis pateties man!!!!!!!!!!!!!!!!!! moet ek nou toestemming by hulle kry as ek na partytjie genooi word met tema en ek wil nou my gesig ander kleur maak as deel van die fun…. Ag regtig, get over yourselves!!!!!!!!!!

Skep Ties ·

Ja nee kyk, die spul ellendiges in hierdie land is so sensitief soos tien. Jy kan niks meer doen of sê nie of jy word aangekla dat jy hulle onmeetbare sielkundige skade berokken. Kan nie eers meer so half in hulle rigting nies nie of jy moet summier geskors/afgedank word want jy oortree hulle menseregte en herinner hulle aan hul “pynvolle” geskiedenis en weet nie watter snert nog alles nie. Sies tog! Hulle is so onseker in hulself dat hulle, sonder om twee keer te dink, toelaat dat dit wat ander mense sê en doen hulle hele menswees vorm.

m ·

Ag dis so pateties en belaglik ek wil nie eers my energie verder mors om hierop te respond nie…
Sterkte aan die meisies.

Sê maar net ·

Nee Ben, dis nie net vir aan beweeg nie. Geensins!!

Die rakker, dis nou die Smorenburg karakter, en sy meelopers, dis nou die “Open Stellenbosch” bende, moet voel waarom jy nie net wilde beskuldigings in die lug kan gooi en hoop dit raak weer grond nie. Dit geld sommer vir die res van die US se bestuur ook.

‘n Boemerang wat nie terugkom as jy dit gooi, is op die ou end maar net nog ‘n stok.

So, ry die rakker en sy meelopers tot by oorle oom Daantjie in die kalwerhok, maar ry hulle bloots met die hakke in die lieste tot die skuimbolle om die bek borrel. Veral die meelopers, want dit wil voorkom asof hulle aan ‘n enorme en majestieke groot minderwaardigheidskompleks ly, na aanleiding van hulle uitsprake nadat hulle hul verskoning aan die slagoffers van die rakker en sy meelopers terug getrek het.

Dr Pieter van der Dussen ·

Die geval herinner sterk aan die gebeure ‘n jaar of wat gelede in Bloemfontein. Rektor Jansen is as stellig die hoogste gesag op daardie kampus gedagvaar. In die pers geval ken niemand vir Smorenburg nie, maar almal ken vir Rektor de Villiers wat uiteindelik die blaam moet dra. Deur aan Open US toe te gee het hy die omstandighede geskep waarin die genoemde beweging sterk kan staan. Dat US se Raad met meerderheid maar nie eenparig nie Rektor de Villiers se besluit darem so halfpad omgekeer het, openbaar Rektor de Villiers se onbevoegdheid om die amp te beklee. Solank hy daar is, weet Smorenburg en Wakkerman en wieookal hulle kan ongestraf hulle veldtogte voortsit. Daar moet dus van diee vyfdekolonners ontslae geraak word wat met die skyn van openheid ondergrawing pleeg, sy dit deur stilswye. Die minste wat Rektor de Villiers kan doen om sake reg te stel is om die verdere studie- en verblyfkoste van die betrokke dames volledig op te skort en ‘n hofbevel te kry dat hulle op geen wyse meer tenagekom mag word nie, sodat enigiemand wat dit doen dadelik aan vervolging blootgestel word. Drasties? ‘n Oorlog vereis erger drastiese optrede. Soos die skorsing van Smorenburg en Kie.

anna ·

Hi Ben, ons is al almal moeg mot maar moet nou saamstaan!
Indien jy te moeg is mot dit nie lees nie.
Hoe dink jy voel daardie twee dames studente! Hoe moeg en sielsuitgeput moet hulle en hulle ouers nie wees nie! Ons moet saamstaan anders gaan dit net erger word.
ek lees nou net dat US se – op ‘n ander dagblad – dat hulle voel dat hulle reg opgetree het????? Hallo!!!!
Publiseer ook eerder Smorenurg se foto en los die meisies se foto Maroela Media!! Asseblief!! Wys vir Smorenburg op alle ander publikasies!!!!
Wat gaan Smorenburg doen met al die pers blomme in die land? Wie gaan die US skors?
Ek sien uit daarna om dit te sien. Konsentreer nou op hom en sy maatjies!!!

Loeis ·

Smorenberg EN die ou wie die foto gemanipuleer het se foto’s! Laat hulle nerens gaan sonder dat mense weet wie en wat hulle is. Flip Buys het juis op hul Facebook blad geskryf dat hulle reeds klagtes saamstel om te lê – ons sien uit om op hoogte te bly!

En as Hart van Standardbank geskors kon word, moet die skuldiges hier nog meer pak kry. Weereens, ons soek geregtigheid.

Johann ·

Smorenburg sal leer: As jy jouself uitgee as ‘n stokkielekker moet jy bereid wees om gesuig te word. Bottom line is dit was swak oordeel en swak leierskap. Ek sou hom onthef van sy leiersposisie.

Terecia ·

Earth to Mathew…your planet is warping!! You will be sucked into a Black Hole and meet Aliens. You will learn from experience when the tough gets going, the going gets tough! Look over your shoulder..they are already jumping ship..mmm space ship! Mathew you are in Star Wars…good on you son! Purple Oscar for you my dear ;-)

Leeutjie ·

Ek dink Media 24 het die knaap se bakkies geplaas! Die man met die ongesonde uitkyk op die lewe!!!!

Jan maak n Plan ·

Poekie en Jo-Anne, soos die spreekwoord se – go big or go home. Vat hulle vir alles wat hulle het. Trek hulle finansieel kaal uit. Julle name en reputasies is aan flarde deur die klomp twee gat jakkalse. Roer die hel spul en dit sluit prof Wim ook in. Moenie gaan le nie, eet hulle. Sterke girls sterkte.

Elize Mans ·

Ek stem saam met jou.Smorenburg,Open Stellenbosch en Wim de Villiers moet geskors en afgedank word.Ons soek nie meer vir Wim daar nie.

Elizabeth ·

So much vir die ‘reenboog’nasie – as ek reg onthou is die boonste streep pers…

Chris ·

As n oud US student, hoop ek dat Smorenberg n hewige pakslae kry vir sy arogante optrede. Go girls. Go very big on him

dook ·

Mag die twee, jong dames hulle nie steur, aan al die geraas en donderweer, nie en hulle studies, die aandag gee wat dit benodig, as hierdie storm, verby is, en reg en geregtigheid, het geskiet, le daar n blink toekoms vir hulle altwee voor. Maar eers moet daar pakslae uitgedeel word, en voorbeelde gestel word.

Antionette ·

As hierdie maar net `n Stellenbosch koshuis opstootjie was, kon `n mens dit seker afgelag en aangegaan het. Hierdie meisies was nasionaal, oor die hele SA verneder vir iets wat hulle nie gdoen het nie. A nee a, dit verg ferme optrede.

Mielie ·

Uiteindelik ‘n gesig agter die boelie. Mag hy met rente terug kry Wat hy in gesit het, die kinders is vernederd, geboelie, hulle mense en VROUE regte is geskend. Sal graag ook die gesigte van die res van die bende wil sien, hoop van harte daar word teen hulle ook opgetree. Die persoon Wat die foto gemanipuleer het moet blootsgestel word . US moet ook voor die parliament geroep word, menseregte soos in “luister” is geskend, of is dit on van pas in die geval. Aan die DA, ons merk julle stilswye op in die geval, seker nie hierdie blootstelling nodig nie en ook seker nie hierdie stemme nodig nie – Jul leier is seker nie hartseer genoeg nie. Gaan Google die skurminkel se naam en Kyk na die on betaamlike foto van Riaan Cruywagen Wat ook gemanipuleer is en die woorde op die “t-hemp” in swak smaak gedoen. Ek sal graag op hoogte gehou wil word met die vordering van die saak.

Persie ·

Sulke mense hoort nie in ons universiteite nie, hulle het 2 jong dogters se loopbane vernietig. En toe trek Smorenburg ‘n pers hempie aan…. of is dit nou swart????? Nail hulle almal, van rektor, open Stellenbosch ook en Smorenburg vir hulle optrede. Hulle is uiters laks. Girls julle gaan pasella Meestersgrade by Stellenbosch kry en Smorenburg gaan smoor om julle te betaal. Go girls, get them!!!!

anna ·

Daar is nog ‘n naam wat genoem moet word en dit is Pieter Kloppers – die hoof van die sentrum waar ene Smorenburg homself bevind.
Mnr Kloppers was nie Maandag vir kommentaar beskikbaar nie en het by navraag deur netwerk 24 gese die US sal ‘n amptlike verklaring uitreik.
Hy is die hoof van die sentrum, so waarom reik hy nie die verklaring uit nie wonder ek? Kruip hy ook weg? Publiseer asb ook sy foto sodat ons mooi kan sien hoedat hy lyk en dit ook die hele wereld kan volstuur soos wat met die twee jong dames gedoen was?!!!

Oom Boer ·

Ag-nee toe nou Ben, hoe kan jy nou sê groei op en beweeg aan, dit is nou regtig onvanpas en onsimpatiek teenoor die 2 student dames wat hel moes deur maak deur foutiewe besluite en optredes. Nee wat ernstige stappe moet geneem word reg deur die bank en begin by ou Wimpie de Villiers, Smorenburg, Open Stellenbosch en Studente Raad deur hul onmiddelik sonder vergoeding te skors, hangende die uitslag deur die hof. Die 2 meisies is in onguns gebring, geskors, swak behandel, verneder, gedreig, hul foto’s met uitlatings is wêreld wyd versprei, naamskending ens. en dit het verseker ‘n negatiewe letsels gelaat asook die sielkundige effek. Sterkte aan die meisies met jul studies vorentoe en wens jul alle suksesse asook met ‘n goeie finansieële (Siviele) eis as vergoeding teen US, Wimpie en al sy Kaders. Nogmaals dankie aan “Afriforum” as intree medium.

Vervelige ou man ·

Ek is seker maar outyds maar julle is almal verkeerd. As die studente wat die vooreg het om te kan studeer meer tyd met hulle boeke spandeer en minder partykies hou en optogte meemaak sal sulke dinge nie gebeur nie. Jou ouers werk hard om jou daar te hou, SWOT!!!!!

Berhalet Beukes ·

Vertel dit eerder vir die agtergeblewe studentjies wat in die studentekerk toi toi, die studentjies wat heeltyd rasse onmin tenoor blankes opstook, die studentjies wat soos wafferse anargiste al wat ‘n universiteit is ontstig. Skynbaar het hulle tyd vir alles behalwe swot.

F Brits ·

Geluk aan Agriforum hulle het die hofsaak vir die behoud van Afrikaans as taal ook vandag teen die maties gewen en behalwe dat Mathew Smorenburg sy naam krater gemaak het,sal hy nerens buite die kampus meer veilig wees nie.

Tarina Marais ·

Hierdie is vir my ‘n tipiese geval van assosiasie wat verwar word met polarisasie. Ons leer ons kinders om te aanvaar, en deur aanvaarding word daar gekommunikeer en uit kommunikasie vloei assosiasie. Net soos die manne op straat wat hulle gesigte wit verf vir ‘n inkomste en bietjie humor, net so doen studente dieselfde. Wanneer mens begin assosieer dan begin mens grappe maak en humor skep uit dinge van die verlede. Dat hierdie foutiewelik as blackfacing geklad word in niks anders as ‘n speelbal vir politieke gewin nie.

sarie van heerden ·

Die enigste afskrikmiddel vir mense wat summier die rassekaart speel en onskuldige jong mense onderwerp aan stres, skande en skorsing is om die skuldiges wat daarvoor verantwoordelik is baie swaar finansiele boetes op te le en hul te verwyder uit ‘n instansie waar hulle WEER hul aan sulke wandadeskuldig sou kon maak.

Pieter Loftus ·

Steeds probeer ek ‘n antwoord by die US kry oor Smorenburg se lot. Dit blyk dat daar niks aan hom gedoen word nie. Hy is nie geskors vir sy onwettige optrede nie. Dit laat mens wonder hoe korrup Stellenbosch geword het. Hier is onwettig op getree en onskuldiges is geskors. Die personn vir die onwettige optrede dra geen gevolge daarvoor nie. Hy is steeds besig om sy onverduidelikbare standpunt te rassionaliseer. Ek dink Stellenbisch Universiteit moet nou as geheel verantwoordelik gehou word en nie net Smorenburg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.