‘Swartgesig’-herrie: Ondersoek gaan voort

black-pers-face-stellenboschDie Universiteit Stellenbosch (US) het gesê die ondersoek na ʼn beweerde blackfacing-voorval gaan voort.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier, het in ʼn universiteitskrywe gesê die universiteit is bewus van hoe daar aanvanklik aangedui is dat dit ʼn geval van “blackfacing” was en hoe daar nou aangevoer word dit is “duidelik nie blackfacing nie”. Dit volg nadat daar aanvanklik foto’s versprei is waar dit lyk of die studente swart verf op hul gesigte het, maar daar later foto’s versprei is waar die studente duidelik pers verf op hul gesigte het.

“Dit plaas die kollig op die kompleksiteit van sulke kwessies en hoe uiteenlopend en wispelturig standpunte op sosiale media kan wees. In sulke sake word ons gelei deur ons dissiplinêre kode vir studente. Die universiteit kan nie optree op grond van menings of foto’s in die media, op sosiale media of individuele standpunte nie,” het De Villiers gesê.

Hy het gesê die ondersoek moet plaasvind sodat al die feite voorgelê en deeglik oorweeg kan word. “Die proses is in werking gestel met die skorsing van die betrokke twee studente uit hul koshuis terwyl die ondersoek aan die gang is. Dit is standaardpraktyk vir ondersoeke, nie net aan die US nie. Dit is belangrik om in ag te neem dat ʼn ondersoek nie gelykstaande is aan ʼn skuldigbevinding nie.”

De Villiers het gesê die betrokke studente is Vrydag deur die universiteit se krisisdiens ondersteun. “Die Universiteit Stellenbosch is nie ʼn afgesonderde enklawe wat van die res van Suid-Afrika geïsoleer is nie. Ons maak deel uit van die res van die samelewing en die hoëronderwyssektor. Ons neem kennis van nasionale debatte en die ervarings van studente. In die lig van ‘blackface’-voorvalle aan die US en by ander universiteite in 2014, en die negatiewe uitwerking wat dit gehad het, neem ons sulke bewerings ernstig op.”

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het intussen aan Maroela Media bevestig die betrokke studente bly uit die koshuis geskors maar dat hulle wel klasse mag bywoon.

Die studenteorganisasie Open Stellenbosch het aanvanklik nadat die foto’s op sosiale media versprei is, geëis dat die betrokke studente geskors word en dat die huismoeder en huiskomitee van hul amp onthef moet word. Die organisasie het egter Maandag in ʼn verklaring op sy Facebook-blad om verskoning gevra aan die studente en gesê dit is nie ʼn geval van ‘blackfacing’ nie.

Die verskoning is egter later van Facebook verwyder en met ’n nuwe verklaring vervang waarin Open Stellenbosch sê hy hou by die aanvanklike verklaring dat die voorval wel ‘blackfacing’ is aangesien die foto gefilter is om hul gesigte swart te laat lyk.

AfriForum Jeug het intussen aangedui dat hy die betrokke studente met gratis regshulp sal bystaan indien nodig.

Lees alle vorige berigte oor die “swartgesig-herrie” op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Melt Olckers ·

Dit wil voorkom asof daar ‘n segment in die gemeenskap is wat cosplay wil verbied. Dit beteken ek kan nie eers meer myself as ‘n Klingon van Star Trek opmaak nie, omdat die donker grimering iemand gaan onstig.

Otter ·

Dis nou onwettig om dinge te doen wat moontlik emosies by ander mense mag opwek. Hulle moet onthou dat mense se reaksie op hul omgewing bepaal word deur hulle wasrdestelsel, dat meer as een waardestelsel bestaan, dat waardestelsels wat nie gegrond is op die Woord van God is nie foutief is, en dat mense die vermoë kan uitoefen om hulle emosies te beheer. Liberaliste besef skynbaar nie die betekenis van die kernwoord van “liberaal” nie.

Lynet ·

Die rok wat swart / wit / pers is die pille wat nou ook rooi en grys is, is hierdie nie maar die selfde effek nie, as jy mooi kyk dan kan jy sien dit is pers verf nie swart verf nie.

DPJ ·

Dit is mos wit meisies volle geweld moet op hulle afkom.
H, HA, HA , HA.
Hulle sal dan nooit weer grimmering gebruik nie!

Peet ·

Die professor moet oppas dat hy nie geskors of ondersoek word of in die pekel beland a.g.v. sy “redfacing” van skaamte om te wil voortgaan met die absurde ondersoek nie.

Frederik ·

Duidelik is 80% van SA se bevolking oorbewus van hul velkleur.
Hoeveel lede het die Open Stellenbosch beweging ?? Dit klink of hulle die hele kampus wil beheer.

Blackface ·

Ou Wim, hoe het jy n prof geword? Jy is TE absurd vir woorde!!! Wat te hel probeer jy bewys of is dit gevreet koop by iedmand?.

Theo ·

Verbeel ek my of is die slap bestuur besig om te “back track”

charmaine ·

As ek my hare wat swart is perm gaan dit ook verkeerd wees?

Marcelle ·

o gonna. Hulle gaan seker binnekort vir “Barney the dinosaur” ook aankla dat hy n rasis is! ?. Ligloop baney netnou filter hulle n foto van jou ook . Ek voel jammer vir die meisies., want al was hulle bruin geverf hoe maak dit jou n rasis???? Ek dink die rasse kaart raak nou bietjie oud.

Loeis ·

Wanneer hierdie ondersoek afgehandel is moet die meisies regsaksie teen Open Stellenbosch en die universiteit instel vir die koste van altertaniewe verblyf en vir die ongerief wat hulle aangedoen is. Voeg die personeel wat die ondersoek dryf in hul persoonlike hoedanigehid as respondente, en natuurlik die kwaadstokers van Open Stellenbosch (of is dit eintlik Whites must fall onder ‘n ander naam?). Afriforum, sal julle die meisies bystaan in so ‘n aksie?

Koos ·

Wat van die narre wat wit geverf is en rond dans by robotte. Moet daar nou ‘n klagte gele word

Willie ·

Mense, een woord van waarskuwing…raak onstlae van alle swart klere in jou klerekas….as jy nie binnekort jou g*t wil sien nie….
Willie

Liza ·

Mag Peet se woorde waar word. Hy is sleg vir US. Open Stellenbosch (eronies ‘n klein groepie) is soos ‘n stout kind, wat, net stouter word solank hulle ,hulle sin kry!!

My hart gaan uit vir die meisies. !

As dit my dogters was, sou die aanbod tot ‘n gratis jaar aan die Universiteit geen troos wees nie, want so word die onewewigtigheid net verbloem. Daardie dogters moet erg getraumatiseer wees, dit is soos om valslik van diefstal voor die hele land beskuldig te word, en al kom die feite uit, eintlik nie geglo word nie!! Verder mag hulle , hulle nie eintlik verdedig nie, (REGSADVIES SAL BLYKBAAR DIE VERKEERDE INDRUK LAAT????) want soos vanoggend oor RSG gesë/impliseer is, eintlik moet hulle leer uit die voorval om in die toekoms versigtiger te wees.1??? BELAGLIK.
Mag die ligtes van kleur nog donkerkleurige honde aanhou, en die donkerder mense wit honde?

SWAK LEIERSKAP = CHAOS!!!

Pappa Beer ·

Se my gou wim, as ek my swart kerkskoene politoer gee, is dit dan “black shoeing”. Of moet ek maar eerder wit skoene gaan koop. Maar wag bietjie, dan gaan ek my swart pak ook wegbere!

AngieJCBS ·

My vraag is net hkm mag wit mense nie hulle self swart verf nie, maar daars sobeel swart mense wat hulle self wit verf en by robote staan en dans en bedel?

Fred ·

Wat ‘n belaglikheid! Dat enige organisasie /party/persoon hulle laat ontstel deur sulke nonsens is plain kinderagtigheid. Het die mense nie werk om te doen nie? Get real.

Willie ·

Fred…vir jou is dit blykbaar kinderagtig om jou tyd te mors met so iets,maar ek kan jou waarborg…vir die twee dametjies is dit ligjare ver van kinderagtig af…vir hulle is dit ernstige sake…jy sal waarskynlik nou ook se dat hulle kinderagtig was om dit te doen…dan vra ek jou…Was jy ooit ‘n student???…nie?….dan verbaas jou komentaar my nie…o jy was??…I rest my case your honour…
Groete
Willie

Gideon ·

Wanneer word die klomp moslems nou aangetree vir hulle gewade? Want dit is duidelik ook seker verdoeseling van hulle meesal ligte gelaat, om ook nie eens te praat vsn my vrou wat so van haar seksie swart sykouse hou nie. Nou wonder ek mag die bene donker maar nie die gesig nie? Wim jy is lagwekkend verby, en is seker nou rooi verby in jou gesig van skaamte!!! Sies vir jou, en dan noem hulle jou die rektor, ek dink hulle het bedoel iets anders want jy het jou Universiteit se naam al lekker gat gemaak die afgelope tyd!!

Mattewis ·

Gideon, jy kon dit nie beter gestel het nie. Dit lyk of die stomme Wim eerder die “rektum” van die universiteit is as die “rektor”.

GJ ·

As die grootste nuus in enige land gaan oor watter kleur jy is en wat jy as gewone persoon se, aantrek of doen, dan is daar n baie groot probleem. Ek is nou regtig keelvol vir hierdie swart en wit issue wat opgeblaas word, en meeste van die tyd deur ons eie mense, geen wonder dit gaan soos dit gaan in hierdie land nie!

Amelia ·

Stellenbosch? Glo die mooiste plek in Suid Afrika? Ek wou nog altyd die dorp beoek, maar nee………sal eerder draaie om die plek ry. Dankie, maar Nee dankie.

Werner ·

Wonder wat gaan die wit spelers in die All Blacks rugby span nou doen…hulle is seker nie meer welkom in Wimpie se huis nie

Cornelia ·

Dankie Afriforum vir julle bystand aan hierdie twee studente. Dinge raak nou te erg.
Vat die studente organisasie Open Stellenbosch vas.

Cornelia ·

Dankie Afriforum Jeug vir julle bystand aan hierdie twee studente. Dinge raak nou te erg.
Vat die studente organisasie Open Stellenbosch vas.

Kinnie Jacobs ·

Nou wat van skoonheidsmaskers?Daar is wit maskers, swart maskers, moddermaskers….nee regtig! Daar is tot flieks met blou mense in.Al die jare verf mense hul gesigte en almal lag saam maar nou het dit hand-uitgeruk en kry n rasse etiket! belaglik!

Oom Boer ·

Geen verdere kommentaar op genoemde berig en is al 4 keer deur MM weggelaat.
“Sterkte aan die 2 meisies jul is waardige studente en ons mense is lief vir jul. Mnr Wim d V mag jou dag gou aanbreek. Dankie Afriforum vir jul bystand.

elizabeth ·

Wim de Villiers skitter vir die ANC. Hy wil seker politikus word. Dan lyk hy soos ‘Kortbtoek’. Ek voel hy verraai sy eie nasie.

Siestog ·

As ‘n mens nou nie eers die verskil tussen pers en swart ken nie, wat soek jy op universiteit?

Nelie ·

ai ek hoop nie die klomp is kleur blind nie anders gaan daar eers n orgie wees op die kampus die een wat hulle geskors het ken nie die verskil tussen pers en swart nie hy sal moet terug gaan na graad 1 en maar weer probeer en dan n graad kry

James ·

Smarties fabriek neem kennis” no more purple Smarties, cappice? ” Ai jai jai dis ongelooflik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.