Swartgesig-herrie: Studente kry regshulp

swartgesig-herrie-by-US-Maties

Een van die meisies wat daarvan beskuldig is dat sy haar gesig “swart” gesmeer het Foto: Facebook

Die twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat geskors is weens die beweerde “blackface”-geval by dié instansie, het regshulp gekry.

Die studente het Donderdagoggend met die regspan van AfriForum Jeug vergader. Volgens die organisasie het die studente hulle aanbod aanvaar om hulle by te staan om hul regte te beskerm.

Die meisies, wat inwoners van die Heemstede-koshuis was, is geskors nadat ʼn foto van hulle op sosiale media versprei is waarop hul gesigte oënskynlik swart geverf is. Dit het later aan die lig gekom dat die meisies se gesigte eintlik pers geverf en met blinkers bedek was vir die koshuis se sterreruim-partytjie.

Die universiteit het daarna gesê dat die ondersoek na die voorval steeds voortgaan en dat die studente steeds geskors sal bly aangesien die universiteit “nie kan optree op grond van menings of foto’s in die media, op sosiale media of individuele standpunte nie”.

Marlé Odendaal, AfriForum Jeug se Maties-woordvoerder, het Donderdag gesê die US-bestuur se “skreiende” hantering van die aangeleentheid en sy onverklaarbare traagheid om die “gruwelike, lompe mistasting en onbehoorlike skorsing onmiddellik reg te stel”, regverdig drastiese regsoptrede.

“Dit is, om die minste te sê, uiters onbillik en onaanvaarbaar,” het Odendaal gesê. “Ons is uiters teleurgestel oor hoe die studenteraad (SR) die saak hanteer het. Dis duidelik dat die SR eerder wil luister na wat Open Stellenbosch te sê het as na die studente wat hulle veronderstel is om te verteenwoordig.”

Sy het beklemtoon dat AfriForum Jeug sogenaamde “blackfacing” asook enige vorm van rassisme ten sterkste verwerp en dit onder geen omstandighede goedkeur nie. “AfriForum Jeug is ’n niediskriminerende, inklusiewe organisasie wat daarop fokus om alle individue teen enige vorm van onregverdigheid en diskriminasie te beskerm. Dit is ook om hierdie rede dat AfriForum Jeug by die saak betrokke raak en die verontregte studente ondersteun.”

Lees alle vorige berigte oor die swartgesig-aangeleentheid op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

HENNA ·

Nou hoe word hierdie wit gesiggies wat swart geverf is VERGELYK
met met die wit hemp wat swart geverf is ………. O E E !!!!!

Ben (:-) ·

Ek wil weet wat gaan gebeur as al die studente hulle gesigte pers maak, en so klas bywoon. Gaan almal geskors word – so hoeveel geld gaan die universiteit verloor – so hulle sal nie almal skors nie. Staan saam, word almal pers, eis dat die skorsings gelig word, maklik.

DD ·

Ben, jy is 100% korrek. Was my mening ook. Sal graag wil sien wat dan gebeur.

Theo ·

Gee hulle n behoorlike loesing Afriforum. Hierdie is n klasieke geval van die stert wat die hond swaai. “Speak to me o toothless one”

Jaco ·

Dankie Afriforum en ook 10 uit 10 vir die meisies se wysheid om die hulp te aanvaar

anna ·

Pragtig meisies!!!
Trots op julle!
Julle gaan so die saak wen!!
Julle sal ook verseker werk kry eendag – want die maatskappye wat integriteit en bvan goeie inbors is sal vir julle werk offer!!!
Wie stem saam met my?

HENNA ·

Wat is nou eintlik die VERSKIL tussen die wit gesiggies wat swart geverf is en
geskors is en die wit hempie wat waarop swart geskryf is wat bly sit ???

Yahleda Ihlathini ·

Massiewe verskil Henna. Wit gesiggie is pers geverf vir n partytjie met n ruimte tema. Wit hemp waarop “Kill all whites” staan is openlik bevordering van rasse haat en -geweld. Die twee kan in geen ‘wereld’ met mekaar vergelyk word nie

Henry ·

Ek kan nie verstaan hoekom dit eers nodig is om regshulp te kry nie. US moes al lankal verskoning aangeteken het, die meisies se naam in ere herstel het, die skorsing teruggetrek het en hulle plek in die koshuis teruggegee het. Maar nou ja, sommiges moet maar eers voel voor hulle leer. Ek wens ek het tyd gehad om hierdie tipe van sake gratis te hanteer…

Adri ·

Hoekom verwerp AfriForum Jeug “blackfacing”? Dit is mos belaglik om iemand wat sy gesig enige kleur onder die son verf, te veroordeel? Hoekom is dit ‘n oordtreding om jou gesig swart te verf en nie wit nie? Nee wat, AfriForum Jeug, julle stel my teleur. Wees minder polities korrek en meer konsekwent!

Yahleda Ihlathini ·

Adri ek stem saam met jou. Kyl by rugby en krieket wedstryde en selfs sokker hoe verf mense hul gesigte. Wat is die verskil tussen dit en jou gesig verf vir n partytjie met n tema? Soos ju se. US is nie konsekwent nie. Dit word duidelik bewys in die laaste sinne waar hul se hul leen nie hul ore uit aan sosiale media wat se die gesigte is vir n partytjie geverf en dt was pers en nie swart noe… maar daai einste sosiale media bevat die foto’s wat duideli PERS wys…? Oksimoron? Of doelbewuste teikening van wit Afrikaans sprekende studente?
Hoeveel swart mense loop daagliks met wit geverfde gesigte en bedel by robots… dit behoort dan mos ook met hofsake gepaard te gaan? Of verstaan ek die woord “konsekwent” heel verkeerd?

Soo gese ·

Ek gaan die kaapse klopse ook nou aankla van rassisme want hulle verf hulle gesigte wit

Loeis ·

Goeie punt: hulle is nie swart nie, so hulle kan seker rassiste wees

Soo gesê ·

gaan die kaapse klopse ook nou aankla van rassisme want hulle verf hulle gesigte wit

Soo gesê ·

…weet nie hoekom my stelling verwerp word nie al wat ek se iemand in die kaap met klopse wat se gesigte wit geverf word op ‘n karnaval gaan ek ook nou aankla ??

Loeis ·

My ma was eenkeer in ‘n skoonheidsalon waar hulle sulke pikswart modder op haar gesig gesmeer het as deel van een of ander behandeling.

My vraag is nou, wie is die rassis: sy, die skoonheidsterapeut of die mense wie die modder invoer?

Dalk kan open Stellenbosch hierdie vraag vir ons beantwoord.

charles ·

Ek het ook van daardie pers, ag ek meens swart, gesig masker goed, ten DUURSTE laat invoer!

Jakes ·

Dagvaar US nadat julle onskuldig bevind is en betaal so julle verdere studies. Wim de Villiers en sy trawante ” Must Fall” Teer en veer hulle pers.

m ·

tensy ek nou kleurblind is, is hierdie gesig op die foto flippen pers geverf . Hoekom so bedreig voel??? Hierdie mense is so pateties mens weet nie of jy moet lag of hulle jammer kry nie. Watse gemors is nie op hulle hemde geverf nie maar daar is geen herrie daaroor nie???? Ag regtig dis tyd om by te kom…

Louis ·

Wat van ons skenk ń klompie pers T hempde aan die meisies.

Ruby ·

Wonder of ek nou my swart oogomlyner moet weg bêre? hie hie

Retha ·

Fantasties. Nou gaan die koppe rol. #Stellenboschuniversitymustfall.

Retha ·

Fantasties. Nou gaan hulle kleurblindheid in geldnote verander. Dagvaar die wit waks uit hulle uit en dit betaal tot by jou Meesters verby.

Izzy ·

Stem saam – dagvaar die universiteit en enige voorbokke wat die stellings maak van openlike rassisme. Sterkte aan die meisies en dankie aan Afriforum vir julle bystand.

hans ·

Steun die voorstel dat “Open Stellenbosch” indringend ondersoek word. Ek dink die SR-voorsitter moet onmiddelik ontslaan word want hy is partydig vir “Open Stellenbosch” -n klein drukgroep-en verteenwoordig nie die belange van alle studente nie.

Johann ·

As die Universiteit nie op grond van fotos of sosiale media kan oordeel nie, hoekom is die studente geskors? Ons moet met konkrete feite werk! Of is ek nou dom?

Merrilynn ·

Wat ek nie kan verstaan nie, as die universiteit se dat hulle ‘nie kan optree op grond van menings of fotos in die media, op sosiale media of individuele standpunte nie’, hoekom is die meisies dan geskors? Hulle is geskors omdat dié universiteit wel opgetree het op grond van menings, fotos op sosiale media & individuele standpunte!!!

Paul ·

All animals are equal, but some animals are more equal than others.

Francois ·

Ek stem saam – in Suid-Afrika word jy, as jy blank is, vermoed skuldig te wees totdat jou onskuld bewys word. Wat het van die regstaat geword? Miskien kan Slim(?) Wim hierdie een antwoord.

leah ·

Die hele storie is absoluut belaglik.Dis my liggaam,as ek dit oranje met pienk polka dots wil verf,sal ek.Die mense het rassisme op die brein.Dat onskuldige studentepret nou so uit verband geruk word.Verf eerder die aanklaers se neuse rooi,want klink my hulle is ‘n klomp narre.

Amelia ·

Ek sou ‘n swart prokureur of advokaat gekry het. Wil my lyk hul kry meer reg met sulke sake. Dalk omdat hul poleties korrek is.

Daleen van Zyl ·

Ai, looi hulle Afriforum! Plaas dat hulle studeer en iets van hulself maak nou sukkel hulle met nonsence!!

Sakkie ·

Dis reg girls gryp US bestuur aan hulle kele en druk hulle tot hulle PERS word in hulle gesigte

J ·

Julle kinders gaan geskors word uit die kleuterskool as julle toelaat as die kind se gesig soos n swart kat geverf word. Dit is rassities

Kallie ·

Nee kyk ek kan net lag oor di nonsens van rasisme,flip man kan hulle nie sien die meisie se gesigie is pers nie en dis di pragtigste ou gesigie ook nog daarby.Afri julle is n goeie span wys daai mense van US wat julle kan doen

jaco ·

Hierdie twee wit studente moet eintlik bly wees hulle is geskors. Gestel hulle is nie geskors nie en hulle kry oor drie jaar hulle univerteitsgrade. Hulle sal dan enorme studieskuld he en met hulle wit velkleur gaan hulle uiters uiters moeilik werk kry.

Liezel ·

Hulle sal al die Blou Bulle by Loftus ook vir rassisme moet aankla. Helfde van die stadium se gesigte is blou geverf. Red ‘n volk met so ‘n nasie, dis belaglik verby

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.