Swartgesig-herrie: Studente se skorsing opgehef

swartgesig-herrie-by-US-Maties

Een van die meisies wat valslik daarvan beskuldig is dat sy haar gesig “swart” gesmeer het Foto: Facebook

Die twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat geskors is weens die beweerde “blackface”-geval by dié instansie, se skorsing is opgehef.

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het gesê die meisies is toegelaat om na die Heemstede vrouekoshuis, waar hulle voor hul skorsing gewoon het, terug te keer.

Die meisies is geskors nadat ʼn foto van hulle op sosiale media versprei is waarop hul gesigte oënskynlik swart geverf is. Dit het later aan die lig gekom die meisies se gesigte was eintlik pers geverf en met blinkers bedek vir die koshuis se sterreruim-partytjie.

Volgens Viljoen het die US se Eenheid vir Gelykwaardigheid ʼn uitgebreide ondersoek na die voorval van stapel gestuur, waarna hulle ʼn aanbeveling aan die US-bestuur gemaak het dat die studente se skorsing opgehef word.

“Die US-bestuur het gistermiddag [Donderdag] die aanbeveling aanvaar en opdrag gegee die twee studente moet genooi word om na hul koshuis terug te keer. Die twee vroue is reeds gisteraand in die koshuis terugverwelkom en een van hulle is in haar posisie as mentor heraangestel,” het hy gesê.

Volgens die Eenheid vir Gelykwaardigheid was dit nooit die studente se bedoeling om enige persoon aanstoot te gee of skade te berokken nie. Die eenheid het ook bevind die voorval was nie werklik ʼn ‘blackface’-voorval nie en hierdie persepsie is deur sosiale media aangevuur.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, het gesê die bestuur betreur die trauma wat die twee studente, die huiskomitee, die inwonende hoof en inwoners moes ervaar.

“Hoewel ek tevrede is dat die korrekte prosedures ingevolge die konsepbeleid gevolg is, besef ons dit was vir die twee studente ʼn baie moeilike tyd. Die universiteit sal voortgaan om hulle te ondersteun terwyl hulle weer by die koshuis inskakel,” het hy gesê.

“Die insident herbevestig hoe belangrik konstruktiewe gesprekvoering oor belangrike kwessies op kampus is. Alle gesprekke moet gevoer word in die gees van die US se kernwaardes, soos in ons institusionele voorneme en strategie vervat, naamlik empatie, medeverantwoordbaarheid, diensbare leierskap, uitnemendheid en innovasie.”

Lees alle vorige berigte oor die swartgesig-aangeleentheid op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Theo ·

US bestuur. Dis altyd maklik om te praat na die tyd, klomp slap ga..e

Winston ·

Eis teen US. Dit sal slaag. Hierdie was beslis nie deurdagte optrede nie.

Dee ·

Like..!!
en…
‘…hierdie persepsie is deur sosiale media aangevuur’. (brei die eis dus ook uit na die sosiale media – waar pas Maroela in?)

Garath ·

Miskien moet US eers ondersoek en dan skors. Hierdie voorval bevestig hoe belaglik die situasie geword het. Vir geleerde mense beindruk hulle nie juis nie. Oja en van wanneer is ‘n konsepbeleid geldig?

Trolle ·

Dis so die waarheid wat jy daar se Garath mens kan nie glo dat die US se geleerde mense sulke besluite kan maak nie dink hulle moet geskors word want hulle verdien nie om in beheer te wees nie.

J.Z ·

Nee wat,daar word nou verskoonings gemaak,sonder ondersoek is daar vinnig op getree oor die meisies wit is,, nou doen dit weer ,skors die wat die onaangename ding begin het,of is dit nou weer nie polieties koerek nie,wel dit is n eerbare uitweg vir die onreg wat die US aan die Meisies gedoen het.die wat die handeling aangehits het is eindelik die rassiste hier en die US se hulle verdrae geen Rassiste nie ,nou wys ons julle is erenstig.

KarenG ·

Ek is regtig bly vir die 2 studente!! Persoonlik is ek al so siek en sat vir mense wat heeltemal ‘n storie uit konteks ruk vir hulle eie selfsugtige redes. Baie mense wil deesdae op rassis nootjie ry, maar eks seker van hulle ken nie eers behoorlik die betekenis van ‘n rassis nie!!

DPJ ·

Lyk nie a baie empatie nie.
Studente se name moet eers deur die moder gesleep word voor daar deur US verskoning voor ‘n dag gekom word met verskoning en empatie.
He, He, He..(.X3)

Annie ·

“… betreur die trauma…” Wees net manhaftig en sê net JAMMER aan die kinders!!!

Wat-ek-lees ·

Nie net dit nie Annie, de Villiers kan ook wys hoe GROOT hy is deur hulle voete te was nadat hulle behoorlik koppe gewas is in hierdie ondeurdagtige optrede(s).
Soos kinders het US eers gedoen en toe gedink.
HIERDIE IS WERKLIKE RASSISME VAN US SE KANT en SIES VIR JULLE!!

Kaspaas ·

En terug in die regte wereld aanvaar Wits regte haat spraak en tree nie op. Ek hoop die twee studente strl elk siviele eise in teen Maties.

Ek ook ·

Ek stem volkome saam – jammer is nie genoeg – as hierdie ouers hul kind se belang op die hart dra,sal hul beslis n ordentlike eie teen onregmatige behandeling,skorsing en trauma instel. Liewe ouers weet net dit niemand het na jou kind geluister – hul was veroordeel op hoorse & gestraf sonder n verhoor! As US betaal sal hul leer om regte rassiste soos die stuk gemors wat dit begin het vas te vat &terug na sy land te deporteer,maar nee!

Ek ook ·

Van omgekrap wees het n drukfout ingesluip! Dit moet wees ordentlike eis!!!!!!.

jankarsten ·

Dit is so interessant. Hoekom wil mense hulle swart verf as hulle wit is? Ek is wit en trots daarop, en swartmense behoort trots te wees op hul velkleur en ge-eerd voel dat sommiges wat wit is, hulle wil swart verf. Gelukkig was dit pers, amper ‘n nuwe rassistiese kleur.

Stem saam ·

Die hele gesonde denkende wereld stem 100% saam met jou!

marlene van der walt ·

Het alles nie ontaard in ons land nie, onskuldige studentepret veroorsaak dat mense totaal
en al oorboord gaan en van hulself ‘n klomp narre maak. Mense wat veronderstel is om leiding
te gee ? Dit is werklik betreurenswaardig en tas jongmense se inisiatief en onskuld aan om naar
en gemeen op te tree deur hulle te beskuldig sonder enige feite en hulle dan summier ook nog te skors ? Hulle het nou werklik hul “goeie” naam soos ons studente sou se ” met ‘n plank geslaan” !!!

GES ·

Ek wonder wat het van die beginsel geword naamlik onskuldig tot skuld bewys kan word en dan eers word straf uitgedeel. Is dit nie hoe ons regstelsel werk nie? US se bestuur het pateties gehandel en sal onthou word as een van ergste vorms van onreg wat nog gepleeg is. Siestog US ek het meer verwag !

Henry ·

Die stellings gemaak deur die US klink meer soos krisis bestuur en self verontskuldiging as werklike simpatie met die twee dames.

saarkie ·

Uitstekend Afriforum!! Skorsing opgehef a g v Afriforum se druk! . Wim de Vliliers en kie met al hul grade is toe kleurblind! Duidelike pers is nou swart!!! .
Bernard Pieters, Jeugvoorsitter v Afriforum in Kaap, Jul doen fenomenale werk. Geluk!

Noeline ·

Jammer dat n lae selfbeeld van sommige groepe soveel skade aanrig aan mooi vrolike jongmense! Maar diegene wat openlik op kampusse rondloop met uitdagende “slogans” op n themp kan ongehinderd aangaan sonder enige teëkanting! SWAK!!!

Johann ·

Dankie US, julle het toe die lig gesien! Ek hoop net julle gaan die twee studente se name in ere herstel. Sterkte aan die dames.

Ouman ·

Dagvaar slim Wim en sy kaders. Dan kan die hof ook besluit of pers swart is. Die kinders is verneder en dit gaan weer en weer gebeur as daar nie nou opgetree word teen USeless

Jan ·

Die klaer of klaers moet nou gename en shame word kom US se wie hulle is want hulle is eintlik die rassiste!!! en nie die twee dames nie.

JJ ·

Maroel media het meegewerk om dit te vererger. Dit was van die begin af bekend dat dit oor PERS gesigte gegaaan het wat niks met ras te doen gehad het nie. Julle hoof-opskrifte gebruik nog steeds swartgesig-herrie. Ek skaam my vir julle kortsigtiheid. ?waar is my vorige kommentaar?

Mariné Lourens ·

Dagsê JJ

Maroela Media het van die begin af dit duidelik gestel dat die studente hul gesigte pers geverf het om by die ruimtetema aan te pas. Ons het bloot “Swartgesig-herrie” in die opskrif gebruik om dit vir lesers maklik te maak om die verloop van gebeure te volg. Lees gerus Maroela Media se volledige beriggewing oor die aangeleentheid: http://maroelamedia.co.za/tag/swart-gesig/

Groete
Mariné
nms Maroela Media

anna ·

ooooo us is so bang vir afriforum!!!!!hulle moet nog steeds voortgaan met hofsaak vir pyn leiding vernedering toi toi en as skuldig afgemaak voor die tyd ook tyd verloor!! geluk meisies en heemstede!!!!

Penellope Jones ·

Totale oorreaksie tot almal se nadeel. Volgende keer moet daar dalk eers regtig geKYK word, voordat vinnige populere besluite geneem word.

JJ ·

Maroela media het reeds 2 vorige kommetare nie geplaas nie. Is julle skaam om te erken julle het meegewerk om die sogenaamde swartgesig-herrie te bevorder, terwyl julle van die begin af geweet het dit gaan oor “pers gesigte”?

Mariné Lourens ·

Dagsê JJ

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word, en dit neem dus soms ‘n wyle voor kommentaar op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik wys nie, beteken dit nie noodwendig dat jou kommentaar afgekeur is nie, dit moet dalk net nog bloot goedgekeur word.

Maroela Media het van die begin af dit duidelik gestel dat die studente hul gesigte pers geverf het om by die ruimtetema aan te pas. Ons het bloot “Swartgesig-herrie” in die opskrif gebruik om dit vir lesers maklik te maak om die verloop van gebeure te volg. Lees gerus Maroela Media se volledige beriggewing oor die aangeleentheid: http://maroelamedia.co.za/tag/swart-gesig/

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Frederiks ·

Wat Wim in die berig noem wat gedoen moet word is presies wat hy self verontagsaam.

Emma ·

Klassieke voorbeeld van ‘haastige hond verbrand sy mond’ . Beter verwag van die sogenaamde geleerdes, nou loop hulle met rooi gesigte.

Loes ·

en so aanvaar die arme kinders maaralles sodat hullw eendag n nikswerd grad agter hulle name kan skryf. as dit nou ek was sou ek gese het wat ek dink hulle daarmee noet doen. skynheiliges van US. sies vir julle

F ·

Ek het nerens gelees wat hulle swot nie. Om nou te wil se hul swot nikswerd grade is regtig nie aanvaarbaar nie. Hierdie tipe stellings maak my naar.

Veritas ·

Ek vertrou dat die U.S-bestuur nou, met dieselfde ywer en entoesiasme, die gemors wat die gedokterde fotos versprei het sal opspoor en disiplinêre stappe teen hulle sal neem.

Henry ·

Jan, ek stem saam met jou. Die persone wat die onnodige moeilikheid veroorsaak het, deur onnodiglik te gaan kla, moet vir die 2 dames om verskoning vra (op al die koerante, waarin die storie versprei is, se voorblad) en die klaers se name en foto’s, kan gerus bekend gemaak word. Sodoende kan alle studente, op die uitkyk wees, vir sulke moeilikheidmakers. Dit voel partykeer, asof daar mense is wat nie werklik daar is om te leer nie, maar om dinge dop te hou en moeilikheid te veroorsaak, waar daar nie moeilikheid is nie.
Ai jai, jai!!!

Gerald van der Merwe ·

Henry ongelukkig is dit iets wat nooit sal gebeur nie. Die bron/bronne van die belaglike klagte sal nooit die rugraat he om te se ons het gekla nie. Die US is vinnig om die massas tevrede te stel deur die kinders te skors en te verneder gegrond op ‘n onderdagte besluit, kom ons kyk hoe lank na hul skorsing tersydestelling kry hulle hulp van die US.

Gerhard ·

As US so 1 miljoen vir elke dame moet uitbetaal vir trauma en naam skade asook skulderkenning vir swak bestur sal al daai fyngevoeligereaksievoorondersoekape nie gou weer so walglike foutjie maak nie.
Nogsteeds …. SIES US!

Pieter.v ·

Nie die US nie, die wat die klagtes gele het moet pa staan vir wat hulle aan die meisiesgedoen het ,publiseer hul name in al wat n koerant is,en die Afriforum moet aangaan met die saak teen die Us, miskien leer die geleerde menere iets uit die saak.

anna ·

kan maroela n groepfoto van die studenteraad publiseer sodat ons almal kan sien hoedat hierdie “eerbare” mense lyk?

Mielie ·

Stem 100% saam, wil graag sien hoe die mense lyk. Hulle moet in die openbaar verskoning vra, as hulle mense met integriteit is, sou hulle dit al reeds gedoen het. “Name en shame hulle” Dit kan nie net daar gelaat word nie. As US almal oor dieselfde kam skeer behoort hulle OS te skors en n ondersoek te las, stappe moet geneem word om te voorkom dat sulke goed weer gebeur. Hulle het nie gehuiwer om die meisies se gesig te publiseer nie, so wys asb wie die mense van die beweging is, asb

FM ·

As maroela die pers gesigte van die meisies kan wys, vra ons asb: Wys asb die gesigte van die kwaadstokers, die studenteraad en Wim de Villiers. Ons wil graag hul” bakkies “bekyk.

J ·

Haha julle deuntjie verander toe Afriforum hulle ondersteun met regshulp. Wat het gebeur julle US het n trauma unit geopen vir studente wat deur rassistiese pyn en lyding is. O flip so funny hahaha

elmarie ·

Ek het per ongeluk die kommentaar gerapporteer, so ek wil nou net rapporteer dat ek dit nogal skerp gevind het.

Pieter Cloete ·

Waarom was daar ‘n ondersoek? Omdat Open Stellenbosch ontstel was? Bepaal hul dan die Universiteit se agenda en dra hul soveel gewig by de universiteitsbestuur en die rektor?

Casdup ·

As buitestaander het ek die hele storie gevolg. Noudat alles weer mooi in plek is, word daar onder andere gese dat dit sosiale media se skuld is dat die storie verkeerd opgevat is. EK WIL DAN NET SE DAT DIT N GENIUS MOET WEES WAT SE VINGERS DIE TIKWERK GEDOEN HET OM DIE STORIE OP SOSIALE MEDIA TE PLAAS. DIE GENIUS IS SEKERLIK OOK KLEURBLIND, KAN NIE AFSTAND SKAT NIE EN AS HY SY MROTOR BESTUUR SIT HY SY NOOD FLIKKER LIGTE AAN OM LINKS TE DRAAI… STERKTE OU GENIUS… STERKTE.

Magaretha van heerden ·

Die Eenheid kan dankbaar wees dis Suid Afrika en nie England of Amerika nie Dan sal hulle skadevergoeding moet betaal vir die fout.

Fanie ·

Stem saam. Diegene wat die rassistiese aanklagte gemaak het teen onskuldige pret, moet “gename en geshame” word. Hulle moet “pers” in die gesig word van skaamte en vernedering.
As ek een van daardie dames was het ek hulle gesue,asook die US.

Marinda Oosthuizen ·

Wim de Villiers se “sugar coating” gaan niks aan die feit doen dat onskuldige studentpret verander het in ‘n heksejag nie. Shame on you US!

anna ·

die skorsing is vinnig opgehef nadat die dames regshulp aanvaar het. is ek nou reg of verkeerd.

Anna ·

Ek het nie veel respek vir wim de Villiers nie…. Hy se ook die trauma wat mede students en inwonende hoof et al deurgemaak het word betreur……… Uhm, askiestog? Hulle lewens het aangegaan soos normaal???!!! Ek hoop die kind wie se gesig voorblad was vir hoe lank nail US to the wall!!!

Wat-ek-lees ·

Maroela, stuur aan de Villiers se persoonlike e-pos voorgaande kommentare en berig of stuur sy e-pos aan my.

Dee ·

Waarom doen jy dit nie self nie? Nie moeilik om sy kontakbesonderhede te bekom.

anna ·

ek het sy epos adres en wil ook epos en vra vir n groepfoto van die studenteraad. hulle moet dit verskaf want dit is nie n geheime organisasie nie. hulle fotos moet ook die landvol gepubliseer word net soos die onskuldige meisies!!!

Michael ·

Ek se weer net soos zupta nie meer in beheer is van SA nie net so is wim nie beheer van us nie en moet hulle uittree so gou moontlik

Johan. ·

En om te dink die unoversiteits bestuur is veronderstel om intelligente mense te wees. Bly my kinder studeer nie daar nie.

Josua ·

En daar gaan Malema en sy EFF “team” en sing Zupta Must fall, Zupta must fall, nou vra ek jou, is dit nie rassisties nie, en dan het hy nog die vermetelheid om die volgende dag te sê dat hy grond wil terugneem…… en hy wys vinger na ZUMA? Hy is presies soos Zuma en gaan dieselfde doen!!! As ek die ouers van die twee studente was het ek beslis Universiteid van Stellenbosch hof toe geneem want hulle het openlik twee jong kinders wat nog ‘n toekoms wil bou in Suid Afrika en hul familie in gevaar gestel met die belaglike uitlatings en dit kon lelike gevolge vir hulle ingehou het……en so onnodig, dis duidelik dat die wat agter die kap van die byl getaan het RASSISTE is en terwyl ZUMA rassite dag wil gedenk somer dat die skuldiges se name aan die wereld bekend gemaak word soos met die studente die geval was!!!

Frans ·

Maar weereens ‘n geval van haastige hond wat sy mond verbrand het.

Sakkie ·

Kan Maroela Media dalk ondersoek instel en berig oor die T-hemp wat gese het Kill all Whites? Hoekom word niks daarvan meer gese nie? Word dit nou net onder die mat gevee?

Berhalet Beukes ·

Ek sou nie eers verniet na ‘n universiteit teruggaan wat so optree nie! Nee dankie US, julle nuwe SA mentaliteit laat veel te wense!

Pieter ·

Ek kom tot die gevolgtrekking dat sogenaamde “bestuur ” van US gatte van hulleself maak by enige mens met ‘n bietjie logika maar dat hulle met hulle …. maatjies dink hullle doen alles professioneel en korrek.

Danie ·

Almal het geweet dit is pers en nie swart nie. Daar is ‘n voorbeelde van die twee studente gemaak en hulle is onskuldig. Daardie klomp by die US, verantwoordelik daarvoor, moet die trekpas kry. Daardie sogenaamde leiers is nie in die posisie om leiers te wees nie en moet gaan. Dit is nie die eerste oortreding wat daardie sogenaamde US leiers gemaak het nie. Hulle kan nie vertrou word nie en is bevooroordeeld. Hulle koppe moet geëis word. Moet nooit stop tot hulle koppe gerol het nie, al vat dit jare. Blanke studente het geen kans nie. Hoe het daardie volwasse, hoogsgeletterde dosente met jare se ondervinding soveel kanse? Dit is diskriminasie en daardie dosente moet geskors word. Dit moet gestraf word wanneer ‘n mens dit so wetend en aanhoudend doen, dit is aanhoudende menseregteskending.

HEVW ·

AfriForum hierdie saak is nog lank nie afgerond nie. Daar is ook nog werk op UK. Slaan die aambeeld solank die yster nog warm is. Hierdie ondergrawers moet ook hul teenspoed kry anders sal dit nooit ophou nie. Die medestudente kan ook gerus die lewe vir hierdie mense baie onaangenaam maak. Dalk verkas hulle.

Johannes Meintjes ·

Die tendens vir elke instansie, werkgewer en politieke party om nou na ieder en elk te slaan met enige denkbare stok en te manipuleer in groeiende angst tot rasistiese of politieke beheer oor alles, is na mening ‘n groeiende onding in ons gemeenskap vol gebroke verhoudings. Ek stem saam dat alle heksejagters vanuit welke milieu ookal, se fotos ook voortaan deur die betrokke media gepubliseer word,asb. Geluk jong dames met julle “her-toelating” tot koshuis en studies. Rapporteer asb. enige diskriminasie of boelie taktieke wat julle voortaan beleef. US, en ander, is nou onder die publieke en klasgeldbetaalers se loep!

Flippie ·

Die US bestuur is rassisme en probeer nou uit die ding kom sonder ‘n skandvlek. Die US bestuur sou nooit so drasties en kras teen enige ander persoon van ‘n ander bevolkingsgroep opgetree het nie.

Ek dink die hele spul moet strafregterlik aangekla word en ook by die gelykheidskommisie verkla word.

Ons is nou regtig moet daarvan dat regeringsagente gedurig die Afrikaner verdag wil maak en ‘n agterlike beeld van die Afrikaner/Boer volk te skep.

Theo ·

Onthou nou asb met julle volgende partytjie om julle gesigte groen te verf. Mars mannetjies is mos groen?? Man, ek sou darem daarvan gehou het om ou slap gewrig de Villiers te teer en te veer.

Flippie ·

Die US het beset dat hulle moontlik rassistiese opgetree het en probeer uit die ding kom sonder ‘n skandvlek. Die US bestuur sou nooit so drasties en kras teen enige ander persoon van ‘n ander bevolkingsgroep opgetree het nie.

Ek dink die hele spul moet strafregterlik aangekla word en ook by die gelykheidskommisie verkla word.

Ons is nou regtig moet daarvan dat regeringsagente gedurig die Afrikaner verdag wil maak en ‘n agterlike beeld van die Afrikaner/Boer volk te skep.

Salome Wait ·

Wie was die persoon of persone wat die swartgesig-herrie ontketen het?

Monica Muller ·

Ek dink dit is baie belangrik dat die identiteit van die persone wat die swargesig-herrie ontketen het, bekend gemaak word. Dis veral belangrik dat hulle name en gesigte in die media en die sosiale media gepubliseer word sodat toekomstige werkgewers kan weet dat hierdie persoon/persone moeilikheidmakers is en liefs nie ‘n werksgeleentheid gebied moet word nie want ‘n jakkals verander van haar maar nie van snaar! ‘n Mens soek nie sulke mense in jou werkkring nie.

humor ·

Ja alles van hom is slap. nie net sy gewrigte nie maar ook sy houding teenoor sy eie blanke studente en gemeenskap. Oral in die opvoedinginstansies is hierdie verraaiers geplant. Goed dat hul met hul rooigesigte aan die lig kom.

Loes ·

mnr of me f. ek hoop jy word so siek van my stelling dat jy oorkook daarvan. die grade onge ag watter een is waardeloos. watter voornemende werkgewer kyk daarna as hy weet die meeste studende word deurgesit omdat hulle “demand”‘ om deurgesit te word. en voor jy stry moet jy eers jou huiswerk gaan doen.

Oom Boer ·

Maroela Media. weereens was my skrywe op die berig nie geplaas. Al die vyfde keer sedert hierdie berig plaasgevind het. Kom maar voor op ‘n sensitiewe saak met bevooroordeling as mens nie eers regtig met mede lesers in gesprek kan deel neem nie.

Snip & Rissiepit ·

Wonder nou wat gaan gebeur met die studente wat dan vekeerdelik voor die koshuis betoog het en die studente gedreig het?

Tyson ·

Die ironie van die “swartgesig” FLATER deur de Villiers is dat die WIT studente sy salaris betaal!
Net soos Jonathan Jansen moet hy (de Villiers) ook op die harde manier leer om wit studente te respekteer .
Laat hulle BETAAL!!!
Ek hoop hulle beide se ‘bevoordeling’ deur Apartheid word nou gestop deur die 2 rektorsposte op meriete toe te ken aan verdienstelike kandidate. (wat nie ontplooiide kaders is nie ….of “Trojaanse” perde!)

Dolla ·

Die twee meisiekinders moet asb US steeds SUE dat so iets nooit weer gebeur nie!! Ek sal nie my saak terug trek as ek hulle is nie!! Hulle het deur baie gegaan en dit was so onnodig gewees! Hulle was skuldig bevind nog voor die hele storie ondersoek was!!

WAT GAAN MET DIE STUDENTE WAT DAAI HEMDE MET DIE RASISTIESE WOORDE GEDRA HET GEBEUR??? SOOS GEWOONDLIK NIKS NIE!!!

Nico ·

Ok.
1. Eerstens dink ek ‘n groot publieke onverskoning is nodig.
2. As hulle moes ander plek kry om te bly vir die tyd, al was dit by hul ouers moet die dae wat hulle geskors is uitbetaal word vir hul verblyf. Aangesien hulle moes self sien regkom en sorg vir verblyf. Hulle was onskuldig, en het daarvoor geboet.
As dit alles gedoen het, sal die mense miskien twee keer dink voordat hulle net beskuldigings maak.

Theo ·

Ek sien die persoon wat verantwoordelik was vir die twee meisies se nagmerrie ondervinding is op Johanna Stuijt VanDokkum se Facebook blad geplaas so dag of wat gelede.

Getraumatiseer ·

Wie moet ek dagvaar vir my traumatise ondervinding? My kamer is pers, my klere is pers en is mal oor pers! Nou weet ek nie meer hoe om in my swart te paradeer nie, wat pas by wat en na elke nag onder my swat kombers voel ek nou skoon rasisties teenoor die kleur wit! Wat van my gevoelentes doer diep doer waar niemand kan sien nie. Ek voel soos ‘n smartie wat in die modder geval het. lol

Monica Muller ·

Insidente soos hierdie spruit voort uit ‘n inherente minderwaardigheidskompleks. Solank as individue/groepe minderwaardig voel oor voorkoms, agtergrond, sosiale status, persoonlikheid, karakter, intelligensie, materiële vermoens ens gaan sulke lagwekkende gebeure kort-kort opduik. Wees maar bedag daarop. Die groot uitdaging lê daarin vir bestuur om bedag te wees hierop en die motief agter dit te identifiseer voor daar opgetree word. Baie duidelik is die patete aan die stuur van sake by US aan die slaap gevang, was oenskynlike politieke korrektheid vir hulle die hoogste prioriteit ipv die meriete van onskuldige studente se optrede. Duidelik het hulle op die verkeerd perd gewed – en dit gaan hulle nie net groot aansien kos nie maar ook baie geld. Enige ouer sal voortaan twee keer dink voordat hulle ‘n kind na US toe stuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.