‘Swartgesig’-herrie: Twee Maties geskors

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Twee studente van die Universiteit Stellenbosch is geskors ná ʼn foto van hulle op sosiale media gedeel is waar hulle met donkergeverfde gesigte poseer.

Maroela Media het Vrydag berig die foto van die twee studente van Heemstede-dameskoshuis het opslae gemaak.

“Die twee studente is geskors hangende die uitslag van ʼn ondersoek,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê. “Een van die studente is ook van haar pligte as ʼn studentementor onthef.”

Die foto is glo geneem tydens ʼn verwelkomingsgeleentheid in die koshuis. Een van die studente het Vrydagmiddag in ʼn verskoning gesê hul lywe was donkerpers geverf en hulle sou met blinkers bedek word as deel van die sterreruimpartytjie van die koshuis.

ʼn Saak is by die gelykheidseenheid van die universiteit geregistreer. Die gelykheidseenheid is op die been gebring om alle voorvalle van diskriminasie en seksuele teistering te hanteer.

“Die bestuur het Saterdag in ʼn brief aan die studentegemeenskap bevestig dat al die ondersoekbeamptes wat by die dissiplinêre proses betrokke is, verteenwoordigend sal wees in terme van ras en geslag,” lui die verklaring. “Werkswinkels, gefasiliteerde gesprekke en gespreksirkels het oor die naweek in koshuise plaasgevind, as ʼn voertuig om bewusmaking en begrip te skep.”

Die bestuur het Sondag sy dankbaarheid en waardering uitgespreek dat daar vinnig en behoorlik opgetree is deur die personeel van die Eenheid vir Studentesake, koshuishoofde, studenteleiers, fasiliteerders en studente.

“Die universiteit veroordeel alle vorme van rassisme en diskriminasie en erken die ernstige negatiewe impak van die pyn en trauma wat studente, personeel en lede van die publiek ervaar het.”

Volgens die verklaring beskou die universiteit die voorval in ʼn baie ernstige lig weens ʼn soortgelyke voorval in 2014, asook nasionale berigte van rassisme in die land.

Studente het Vrydagaand hul woede, ontevredenheid en pyn uitgespreek oor die voorval tydens ʼn vergadering wat in Heemstede gehou is. ʼn Groot groep studente, die Verteenwoordigende Studenteraad, koshuiskomitee, Heemstede-inwoners en personeel van die universiteit, insluitend prof. Nico Koopman, waarnemende viserektor: sosiale impak, transformasie en personeel; en prof Arnold Schoonwinkel, viserektor: leer en opleiding. Sommige van die gesprekke het tot in die nag voortgeduur.

Die regsfakulteit het Vrydag in ʼn kort verklaring gesê hy neem met kommer kennis van die beweerde betrokkenheid van ʼn regstudent in ʼn “swartgesig-voorval” op die kampus. “Die betrokke universiteitstrukture is tans besig om die saak te ondersoek. Die fakulteit sal ʼn verdere verklaring uitreik sodra die nodige inligting bekom is.”

Die universiteit moedig alle studente wat deur die betrokke voorval geraak is en ondersteuning benodig, om die vertroulikheidskrisissentrum te skakel by 082 557 0880.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

176 Kommentare

Anja ·

Jy neem die woord uit my mond. US julle is ‘n spul BOELIES.

Patrich ·

Ek dink die water word wee onder die eend uitgeruk. Hulle het seker maar net fun gehad. Wat van al die liedtjies van al die swart mense wat sing maak al die wittes dood want dis hulle land. Maak n bietjie bohaai daarop ook. Goeie genugtig om bohaai oor niks te maak. Plaas daai liedtjies meer sodat almal kan sien wat dat die twee nie eers naastenby doen wat daat van die witmense gesing word. Genade Jan van Riebeek het hulle as slawe hierheen gebring. Genade los die meisies uit ek sien nie fout daarin nie. Praat van rassime a nee a genoeg is genoeg. N mens kan n grap vat of los. Hoekom n bohaai daaroor opskop. Ek dink maroela moet daai liedtjie van maak die wittes dood saam met die fotos plaas. Dis in my oe regverdig en ek glo vir baie ander ook.

patricia ·

Ek dink nie die bestuur in Stellenbos is is hulle pos werd nie. Als word aan rassisme gekoppel. Rassime se voet man. Wys bietjie wat doen die ander kultuur by die Universiteit dan gesels ons wee.

Loretta ·

As almal (alle rasse) ophou om op rassisme te konsentreer, sal Suid-Afrika ‘n beter plek word.

Geskok ·

Waar kan ek al die wit geverfde gesigte “rasiste” by die robotte rapporteur!! Nee wat ek is finish!!

Conrad ·

In Pretoria naby die Steve Bicho Hospitaal staan elke dag n swart man met n wit ingekleurde gesig met n pakkie aan wat lyk soos n nar, snaakse bewegings met sy arms maak om geld in te samel. Hoekom maak niemand n issue van die man nie? Hoekom is die man nie besig om n wit mens na te maak nie? Ek vra maar net die vraag!

Susara ·

Waar kan ek al die wit geverfde gesigte “rassiste” by die robotte rapporteer!! Nee wat ek is finish!!

Loeis ·

Studente by daai universiteit moet oppas om nie te veel son te kry wanneer hulle vir ‘n dag strand toe gaan nie. Dis rassisme!

Ananda ·

Ag tog, word tog net groot en hou op met kindertuinmentaliteitspeletjies! Moet alles nou die “rassistiese” kaart om die nek kry?

Tinus ·

Dit het nou uiters spitsvondig van die univerisityd geword en regtig te ver ge vat.

Melissa ·

Dit is wraggies so erg belaglik ek het nie eers woorde nie….

Andrea van Vuren ·

Hoekom konsentreer US nie liewer op die taalkwessie nie? Hulle mors hul tyd met beuselagtighede!

Francois ·

O, so nou is die US Regsfakulteit skielik besorg oor die (gewaande) skending van regte; dit terwyl die einste Fakulteit die taalregte van Afrikaanssprekende studente op blatante wyse skend.

Jannas ·

Dis nou regtig belanglik. Ironies genoeg ry ek deur SunnySide vanmiddag. Op elke 3 hoek staan daar n swarte met wit geverde gesigte en hande. Nou wat IS DIE VERSKIL TUSSEN HULLE en die meisies. Die hemel weet een stel reels vir wit en geen reels vir ander kleuriges

"Blackie Swart" ·

Jannas….ek dink hierdie wit geverde ouens kom nou agter hoe frustrerend dit is om “wit ” te wees. :)

Karma ·

Ai tog. Die hemel weet, mens moet vandag so versigtig wees met wat jy sê of pos want met die geringste dingetjie wat ‘n sekere groep mense (die meederheidsgetal) nie aanstaan nie word die rassekaart uitgepluk. Maar hulle mag mý ‘n “boer” noem, al boer ek nie op ‘n plaas nie. Hoeveel insidente was daar nie onlangs waar – kom ons sê dit reguit – ANC-lede wittes ondermeer “wou aan die brand steek” binne in die gebou waar die Zuma Must Fall banier opgesit was, waar ‘n prominente munisipale beampte “wittes se tonge met ‘n panga uitkap” en dies meer nie? En wat het gebeur? Hulle het almal so ‘n lafhartige tikkie oor die vingers gekry met die boodskap om dit nou nie weer te doen nie.

Frik ·

Dat ‘n instansie soos US nou so kinderagtig reageer gaan my verstand te bowe. Ek dink hulle tree so op om nie politieke aansien te verloor nie anders verloor hulle dalk regeringsgeld in die proses

CB ·

Jy kon dit nie beter stel. Almal so bang en moet heeltyd op tone trippel. Simpel! Ons het hulp nodig.

Sakkie kruger ·

Ag fooitog gee die bestuur fopspene en weggooi doeke

Andrea van Vuren ·

Dis hoog tyd dat die alumni en die Universiteitsraad begin optree. Weg met Wim de Villiers! Ons trotse Afrikaner bastion is besig om te verkrummel en in duie te stort.

Klaas ·

Nou het die US bestuur regtig breinbeserings opgedoen.!!!!!!

xmatie ·

Ek is totaal verstom oor die skorsing van die twee PERS geverfde meisies. Waar gaan dit eindig? Gaan my kinders geskors word omdat hulle wit is? Eks moedeloos met die land. Is dit wit mense wat die besluite neem?

Chris ·

Ek het al baie keer swart mense gesien wat hulle gesigte wit maak. Waarvoor weet ek nie veral daar in die ooskaap sien mens dit baie. Is dit dan ook rassisme of wat?

Wikus Nortje ·

Dit is regtig hartverskeurend hoe hierdie geval hanteer is. Wees eerlik, ‘n student bly ‘n student en hy/sy kan nie vergelyk word met ander mense nie. Dit is duidelik dat hier “polities korrek” opgetree moes word. Een woord- belaglik. Julle breek meer af as wat daar opgebou word. Jammer om julle in te lig maar julle gaan nie meer geld van die regering af ontvang nie. Julle beïnvloed mense se lewens met sulke belaglike besluite. SIES US

Acca ·

Hoe pateties kan dit nou nie wees nie. Lyk my almal is nou so vrek bang ons sal ons eie mense uitverkoop net om in ander se goeie boekies te wees. Ek gaan nou elkeen van die mense wat hulle self so wit werf en veral by Ushaka aankla van rassisme want hulle maak ‘n “bespotting ” van wit mense om hulle self met wit verf te werf. Elkeen van hulle moet nou aangekla word.

Trolle ·

Sterkte met daai een Acca,jy gaan op die ou einde aangekla word vir rassisme.
Dink ons moet n persverf dag hou en ons almal pers verf daar gaan nie genoeg plek wees vir ons almal in die tronk nie,en die swartes wat dit wil saam doen kan hulle maar self wit verf.

Meskien dink die goverment dink hulle diskrimeneer teen die marsmanetjies,want ek het nog nie n pers mens gesien nie.

Andre ·

Universiteit Stellenbosch raak ‘n skande. Mens word naar as mens dink hoe hulle wit en Afrikaans verafsku.

willie ·

Wat van al die wit geverfde gesigte by die betogings. Word dit net so gelaat

Yolandi ·

Ag dis nou wrintiewaar belaglik. Dink hulle moet daai manne wat so by die verkeersligt met witgesigte wat staan en vertonings gooi vir geld ook dagvaar. Nie eers te praat van n mumiek kunstenaar nie

ma van studente(afstandstudies) ·

Klink vir my of almal op universiteite BAIE LEDIGE TYD het DÍT ly tot BAIE oa “verkeerde dinge” ledigheid is duiwel se oorkussing. PASOP die mens KAN sy EIE ONDERGANG BEWERK. Los die Speletjies Universiteit is daar hoofdoel STUDIES !

Gironki ·

My kind is self ‘n Eerstejaarstudent op Stellenbosch en die verwelkomingsweek vie Eerstejaars is verpligtend. Dit was dus nie ‘n geval van ledigheid of van studies afskeep nie, maar eerder van aktiwiteite wat studente verplig was om aan deel te neem.

Loes ·

Baie goed gestel.Dis soos kaal borste. Swart is kultuur en wit pornografie. Die Us is nou heel paranoies

James ·

Wie gaan vir Leon Schuster aankla hy vermom hom soos ander nasies en dryf die spot maak flieks en lekker geld en die hele SA lag lekker in die flieks swart mense ingesluit. Die universiteit en almal wat n bohaai opskop ruk nou die dam onder die eend uit met die een. So oor sensetief dis hekse jag!!!

johan ·

Daar gan op die einde van die dag te min plek inni tronke wees vir al die rassiste.
Daar sal dan n spesiale tronk gebou moet word vir studente wat hulle swart verf of pers, om hulle da toe te sluit…hierdie rassisties ding gan nog lelik hand uitruk en gan net na die een kant toe, toegepas word.

Rudi ·

Dis OK om die ander studente te slaan, te vloek en te skel en goed te verbrand as jy swart is, maar moet net nie pret he nie dan word jy geskors

Sam Brookes ·

Ja , Rudi. Ek stem met jou saam. Tragies. My alma mater.

Werner ·

So nou mag studente nie hul lywe pers verf nie? Watter kleur dan? Ek dink nie dit sal saak maak nie want dit wil voorkom asof alles wat blankes deesdae doen, verkeerd is. Wat my egter die meeste teleurstel, is die entoesiasme waarmee blankes vervolg word, en dit stuur die boodskap dat al waarvoor ons nog goed genoeg is, is om finansieel gemelk te word.

M Wolmarans ·

Die Bestuur is dankbaar…. vir wat?? Gelykheids…. en diskriminasie.. hoek0m het die meisies omverskoning gevra ek verstaan nie. Is dit aansttotlik om jou lyf te verf… wat van tatoes… van k7nstenaars met opvoerings. Moet ons nou vir alles omverskoning vra. Hopelik word die diskriminasie ten gunste van die meisies ondersoek en sal HULLE vrrskoning vra

James ·

Daar word flieks gemaak deur Leon Shuster wat hom vermom soos ander nasies em spot dryf maak dit hom ook nou n rassis? Dis nou hekse jag op sy beste dit die hele rasse kwessie ruk nou hand uit!!

Kitty killian ·

Toe was die gesigte pers en nie swart nie. Doen n gareth op koShuise. Vat hul hof toe

xmatie ·

My kinders, een nou graad 11, sal definitief nie meer Stellenbosch toe gaan nie
Dis baie hartseer want hy wou graag na sy ma se almamater toe gaan. Hier staan ek vanaand en aanvaar maar hierdie heksejag, maar wat kan ons doen?

hendrik dippenaar ·

Absoluut twak!!! Wanneer gaan afrikaners begin opstaan vir hulself! Ergste van als is die bestuur wat witvoetjie by die ANC sleep. As ons nie nou begin opstaan nie sal taal, kultuur en identiteit weg kwyn in een generasie!!!

GES ·

Die dam is nou onder die eend uitgeruk. Ek is woordeloos ….

Patricia ·

Dit is twee mense wat bietjie fun wou maak. Dis nie rasime nie ek dink werklik maroela moet daai video wat gemaak is, maak alle wit mense dood wat gesing word ook weer hier plaas want hulle glo dis hulle land. Maar hulle is deur Jan van Riebeek ingevoer as slawe. Rasime se voet man. Die betuur van die Universieteit is hulle poste nie werd nie. Sit bietjie fotos op van die ander nasies wat hulle aanvang op die kampus. Net wittes word aangeval. Om twee onskuldige mense vir rasime aan te kla se voet man. Kla bietjie die bestuur ook aan want hulle verdoesel die waarheid.

Henk Hefer ·

Ai-jai-jai-jai-jaai! Kan jy nou meer? Lyk my die hele Suid-Afrika is besig om die kluts heelteMAL kwyt te raak.

FM ·

Ons hoop van harte dat Afriforum die skorsing van hierdie onskuldige dames sal teenstaan. Hierdie meisies het hul lywe DONKERPERS geverf. Daar is nie eers swart by nie. Het ons land dan nou ,benewens wit,kleurling, swart en indiĕrs nou n persbevolkingsgroep bygekry?!!!!Omdat hulle wit is, word daar teen hulle opgetree!!!!! US kruip nou by die regering!!Koebaai US beamptes. Dis verby met julle!! ASSEBLIEF Afriforum of Solidariteit, ons maak staat op julle! Dankie.

hans ·

Wil voorkom of daar n duisternis mense by die sogenaamde vergadering teenwoordig was. My indruk is van n boendoehof aksie. Vertrou die studente kry goeie regsverteenwoordiging om die onbillikheid wat hier plaasgevind het tot n einde bring. Wat van die “Open Stellenbosch” studente se optrede,toe is dit doodgeswyg.

cs ·

Stem Jannas, hier in Witbank presies dieselfde! Ook gewonder wat is nou die verskil tussen die
pers verf op die 2 blanke meisies en die wit verf op die swartes se gesigte

Wonder ·

Ai, wonder wanneer word die liedjie, Bobejaan klim die berg” ook verbied :-)

Mossie ·

Moet tog seblief nie my jan pierewiet sing nie daars nie npersoneel vir nog n berading sentrum nie

viky ·

Almal kan sien die kinders het voelers en foelie skoene aan. Die pers het net nie gedeeg. So jammer vir die meisies. Gaan gee die verf trug. En proebeer weer.

Loon ·

So nou diskrimineer hulle, teen wie nogal, die maanmanne?
Pers geverf…….nie swart nie.
Moet sê die reënboog diskrimineer ook dan want daar is nie n swart streep in wat die meerderheid verteenwoordig nie…..

Drikus ·

Die jong dames behoort eerder erkenning te kry vir hulle vrye assosiasie met “swart/pers” mense. Wie sou aanstoot neem as iemand anders hulself wit geverf het? Wat het geword van US se tema van die bevordering van idees? Nee wat, hierdie oorsensitiwiteit pas nie by ‘n universiteit nie. Bring die dames terug sodat hulle weer op hulle studies kan fokus, pleks van om hulle te moet verdedig teen onnodige aanvalle op hulle integriteit.

jessica ·

Belaglik. Dan moet die seuns wat so dans by die robotte ook gearresteer word. Hulle verf hul gesigte wit. Dan is hulle ook rasisties.

FM ·

US bestuur: Lyk my julle is nou mooi op die regte pad: Julle is nou kleurblind, want julle kan nie eers tussen kleure onderskei nie!!!!!! Die rede: julle kan nie eers onderskeid tref tussen pers en swart nie. So julle is KLEURBLIND. Mooi so.!!! Julle neuk n gesonde studentelewe op met julle belaglike skorsing. Die meisies moet regsverteenwoordiging kry. Staan sterk dames!!!!Genoeg is genoeg. Ek het nie geweet beamptes kan so ver gaan net om hul joppies te behou nie!!!!!!

Elizabeth ·

Jy is swart en mag jou gesig wit verf. Ek is wit maar ek mag my gesig nie swart verf nie. Hoe de hel kom US by hierdie een uit? Hou op gat kruip en dink julle moet altyd polities korrek wees om julle poste te behou. Ek is wit gebore en my maat is swart gebore. Nie deur ons toedoen nie. Kry die ‘chip’ van jou skouer af en kry ‘n lewe. My regte is soveel as my swart mede-student sn. Ontwaak jy wat slaap en vergeet die verlede en leef die hede. GET REAL.

Elizabeth ·

Nou hoekom is ek geblok Matoela? Kan julle ook nie die waarheid hanteer nie? Ek het nie n lelike woord geuiter nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Elizabeth

Jou kommentaar is nie afgekeur nie, dit verskyn wel nou op die berig. Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word. Wanneer kommentaar dus nie dadelik op ‘n berig verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie, dis dalk bloot nog net nie goedgekeur nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

DPJ ·

Sê vir my wat het gekleurde gesigte met rassisme te doen?
Lees in die woorde boeke wat beten rasisme.
Iemand het iets gesoek om die meisies te na te kom!
Was die meisies vir hulle ‘n bedreiging, het hulle iemand verkrag? Dit is bloot net studente pret. Ek sien dit eeder as nassie bou en ‘n versoenende hand uit te teek na meede studente van aander kulture.

DPJ ·

Die US bertuur plumstryk die ANC nou so met die vervolging van twee meisie in die koshuis. Dit is om van naar te word.
Hoera vir die vervolgers wat so ‘n behae het in die vervolging!

c van wyk ·

ek is al so moeg dat dinge uit verband uit geruk word wat sal hulke se as swart kinders wit politoer op hulle sit kyk na die storie vd jankempdorp vier die publiek weet nie vd ware feite nie maar glo alles wat in die media geskryf word

DPJ ·

US BESTUUR, draai terug na die drie enige God en dan sal dit goed gaan met die Universiteit!

Stan ·

Dink ons moet die Xhosa “amakwetas” wat hulle wit maak met hulle inisiasie ook hof toe sleep.

anna ·

maroela ek wil baie graag dat my kommentaar nie geblok word nie..

Sune van Heerden ·

Dagsê Anna

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie, dis dalk bloot nog net nie goedgekeur nie. Jou kommentaar verskyn wel nou op die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Drikus ·

Nee wat, US julle het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor die twee dames. Stellenbosch staan immers vir vrye denke. Dink weer.

Dee ·

So, hulle gaan die swart bedelaars wat wit geverf by robots in Durban bedel, ook skors.
Ongelooflik dat hulle aan so ‘n minderwaardigheidskompleks lei.

anna ·

ek sien onder aan die hoofberig is daar n nommer wat studente kan bel indien hulle berading wil ontvang. is dit nou omdat studente hulleself pers geverf het en glitter opgesit het. wie is pers in sa? kan us vir ons vertel? wie het so n swak selfbeeld wat berading moet ontvang omdat iemand hom of haarself pers geverf het en glitter opgesit het. daar is ook n nommer om te bel indien iemand deur n geverwery benadeel voel. ons moet almal more bel en uitvind wie in sa is pers met glitter op gebore. ek wi graag daardie persoon sien. stem julle saam?

anna ·

ek wil graag n lys sien van die kleure verf wat studente mag gebruik. sal more bel en probeer uitvind. indien iemand my daarmee kan help sal ek dit waardeer. pers met glitter is uit. swart is taboe. blou is te na aan pers so dis ook uit. geel en groen gemeng maak blou. dis seker ook uit? us is ongelooflik belaglik. ditis soooooo pateties dat dit eintlik waansinnig pateties is.

Elbie ·

En al die swartes wat so met witgeverfde gesigte by die verkeersligte staan en bedel?! Hulle is obsessief met ras. Belaglik verby, kom tog net by asseblief!

Gesie ·

O aarde, ek is nou heeltemal getraumatiseer. Ek het dringend berading nodig! Ek het nou net by ‘n verkeerslig verby gery en daar was ‘n pers outjie wie se gesig wit geverf is – seker vir bitsige wit vrou. Of was dit miskien ligpienk – vir pienk vark?

Kaspaas ·

Absoluut absurd en belaglik. Die haat teen wittes is te erg. Maar dan weer Wit is die enigste ras teen wie wettig gediskrimineer kan word

Ekke ·

Lekker manier om van betalende wit kinders ontslae te rask en plek te maak vir ander Wie beman die krisissentrum? Òorbetaalde niks doeners ?

JACQUES ·

Dit is weer die wit papbroeke van die Universiteit wat geen leiding en oordeel kan gebruik nie. Neem bietjie logiese besluite. Die kinders word so geintimideerd van alle rasse af en veral hul eie akademiese “ouers” dat hulle geen selfvertroue gaan hê vir die toekoms nie. Julle beteken niks goeds vir ons toekoms nie!

SW Burger ·

Die twee lyk eerder of hulle ‘n Land Rover se wiel omgeruil het.

anna ·

dankie maroela. waarom moes dit goedgekeur word ? waarom het julle gehuiwer? wil net weet.

Sune van Heerden ·

Dagsê Anna

Ons het nie gehuiwer nie. Let asseblief op ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname waar dit verduidelik dat kommentaar eers deur ‘n outomatiese siftingstelsel moet gaan. Kommentaar word dus soms vir watter rede ook al in dié proses in die “hangende vouer” geplaas waar dit per hand goedgekeur moet word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Krissus sentrum personeel ·

Asseblief mot tog netnie jool hou nie ons is alreeds toegegooi met oproepe van US personeel

Pietertjie ·

Berading? Vir wie nogal? Wat ‘n grap! Hoeveel Blankes word berading aangebied vir die skade wat Ras-tellende aksie veroorsaak?

christine ·

Sal ook nie met modder kan speel nie. Pasop. Hoe belaglik. Ek stuur die Australia toe dat hulle kan lag en elke ander lande waar ek mense ken. Moet nie eers in jou tuin werk nie veral as daar modder op jou bakkies kan vas sit nie.

Theo ·

Sommige US bestuur kort berading as jy my vra. Vat hulle hof toe, klaar.

Michael ·

Belaglik,ek hoop die twee studente dagvaar die universiteit

Retha ·

Ek stem. Hoop hulle kry ‘n goeie prokureur om te dagvaar vir al hulle trauma waardeer hulle is

Hanna ·

Ag nee nou het ek als gesien, wat van die ander mense langs die pad wat hulle wit verf en daans vir geld by die robotte. Plaas dat ons land hulle bekommernisse oor meer erenstige goed toedien.

Wilhelm ·

Is US nou ookal onder die bestuur van die kabinet? Hul kleinlike optrede in hierdie geval is tekenend van die regering! Skande

Irene Myburgh ·

Ek dink ook dit is belaglik. Ek sien in die laaste paragraaf die universiteit gee ondersteuning aan die studente wat benadeel is oor die situasie. Waar is die ondersteuning aan ons mense wat uit gemoor word en dan word dit meeste van die gevale onder die mat in gevee. Wat van ‘n foto wat op FB gewys is van swart mense wat hulle gesigte wit verf. Of is dit hulle stam se geloof om hulle gesigte wit te verf, daar word niks van gese of aan gedoen nie.

Retha ·

Ek sal baie graag by die Universiteit wou hoor watter mense benadeel is

Thea Gerber ·

Het die US nog nie gehoor van PERSvryheid nie? Hoe durf die Chinese met danse, musiek, ens die jaar van die AAP aankondig. Besef hulle nie dat iemand kan aanstoot neem nie, of nee wag, hulle is mos altyd Zumieties korrek want hulle is nie wit nie.

David ·

As ek reg kan onthou het Idi Amin donkie jare terug gesê die wittes in SA sal nog al die swart verf opkoop om hulle swart te verf!

Dee ·

Ag jong, netnou sal iemand weer ‘n storie hê oor iets wat Siener ‘gesê het’.

F ·

US, kyk na die konteks waarbinne die geverf gedoen is. Tema van partytjie en antwoord kwaadstekers dan. Waarom die twee skors? Julle het klaar die skade aan die twee jong dames gedoen. Gaan julle hulle bystaan met berading as hulle die saak wen, want wen gaan hulle. ” Mark my words”

anna ·

us stuur asb vir ons die lys met die kleure verf wat gebruik mag word ek kan nie wag om dit te sien nie. en o ja laat weet asb of ek swart koffie mag drink. of coca cola? julle stel die voorbeeld van patetisme. julle is mos die geleerdes. en moenie vergeet om die regte pers mense met glitter wat so gebore is aan ons voor te stel nie. hulle is seker die arme siele wat te nagekom voel? mag die wit studente nou berading kry oor julle patetisme? julle is n bespotting en julle raak al hoe erger by die dag .

Andrè v E ·

En die voorsitter van US studente raad “MUST FALL” hy tree nie onpatydig op nie. VOLWASSE,REGDENKENDE die tyd het aangebreek om op te staan teen die hekse jag teen onskuldige studente wat hulle wil uitlewe met n bietjie studente pret.

ELSABE ·

Die kinders het hulle pers geverf nie swart nie!!!! en was dit nou ‘n swarte wat hom wit geverf het ???????????????????????? Wat sou dan gebeur het!!!!! Dit is uiters KINDERAGTIG

Dirk Breytenbach ·

Behalwe dat hulle toe kleurblind was em gereageer het op ‘n halwe waarheid het hulle ook ‘n strafkommando tot in die nag laat werk om twee studente aan die pen te laat ry. Ek sal my skaam as ek deel van hierdie straf brigade was, maar skaam beteken niks in die nuwe Stellenbosch nie., Hulle het niks bewys nie anders as om hulle venynigheid teenoor wit studente aan die lig te bring nie. Hulle het seker gedink hier is nou ‘n kans om punte aan te teken en hardhandig op te tree sonder om hulle van die feite te gewis. Is dit dan ook nie rassisme in ‘n verskuilde gedaante nie? Almal lag nou lekker oor die onbeholpenheid van die gesag strukture van die nuwe US want dis al wat mens kan doen wanneer iemand so geklik optree. Ek dink ek sal ‘n draai ry om Stellenbosch van nou af want die kans dat ek iets onnadenkend kan doen is groot. Ek dink swart verf moet ook summier verbied word om die jeug teen hulleself te beskerm.

Mielie ·

Dit is simpel en kommerwekkend. Dis nog n taktiek om die Weskaap onregeerbaar te maak. Die beste plek om te begin is met studente, ongedissiplineerde studente is net wat die ander partye in die Weskaap nodig het om suksesvol te wees, jy sal die blanke studente en ook gedissiplineerde studente (daar is ander kleuriges) wegdryf. Deur jou kinders nou daar weg te hou speel jy so reg in hulle hande in. Daar moet n manier wees om die belaglikheid te stop. Dit is besig om mense te verdeel. Ons kan nie Jan van Riebeeck in die steek laat nie. Daar moet n manier wees om eenheid te bewerkstellig. Ander kulture moet ook ons blanke kultuur verstaan. Oor die al gemeeen is ons plesierig, moenie dat hulle dit doodmaak nie. Aan US, “don’t bite the hand that feeds you” hou eerder intro programme aan die begin van die jaar Wat ver pligtend is om studente te “skool” oor sensitivities, respek, verdraagsaamheid ens. Daar deur sal jy n positiwe bydraes tot Sa maak.

Henk ·

Ek wil my tralies en hekke swart verf,gaan ek vervolg word? Wat n patetiese klomp!!!

Dirk Breytenbach ·

Ek weet nie of enige nuut gekwalifiseerde US student van nou af met die nodige respek benader kan word nie want ek sal nie weet of ek met ‘n naiwe idioot besig is en of onbedoelde optrede dalk aan die groot klok van rassisme gehang kan word nie. Ek beveel aan ons vermy enige US gekwalifiseerde of leiersfiguur so ver as moontlik en bly weg uit Stellenbosch. Eintlik verdien hierdie omgekeerde rassisme nie eers kommentaar nie want dis nie goed vir ‘n mens se gemoed nie.

JohanT ·

Wel ek het iets geleer oor al die onlangse “rasse debakels” bly ten alle koste weg van swart mense. Dit is die veiligste. Jy weet nooit wanneer jy onskuldig in ‘n gemors beland nie. Bly weg van sosiale media moet nooit ‘n foto van jou laat neem deur vreemdelinge nie.
Enige iets anders en jy loop gevaar. Ek kies my vriende baie versigtig en ek hou die groep klein. Enige iemand anders ys ek uit.

Priscilla ·

En die Kaapse Klopse met hul witgeverfde gesigte? Of is dit net Wit mense wat rassiste kan wees?

janneman ·

In my 30 jaar in S.A het ek nog nooit so waansinnige berig gelees nie…..

Theo ·

Wiebo, hoe lekker laat jy my nou lag. Aan die slap US bestuur, jammer as ek rassisties is oor ek lag.

Bosbok ·

Oh for Pete sake !!! So waar as wragtag het hulle nou gemaak dat daar rasse spanning is ! Super belaglik. Jy kan sien daardie foto is pure pret en geen haat betrokke nie. Ek is keelvol van hierdie oor sensitiewe spul. Verbied tog nou net die student om swart klere te dra ook asb, want net nou is dit ook n issue

Marius Botha ·

Ek het die naweek ‘n meisie met pers hare afgeneem!! Is ek nou ‘n rassis?! Help?! Ek dink almal moet daai krisissentrum se nommer begin bel en hulle inlig hoe belaglik hulle is. Ek het nou net en hulle antwoord nogal.

Racheltjie ·

In vanoggend se “Burger” kan jy duidelik sien die gesigte is PERS ! Kan die leiers van die US vir ons asb verduidelik wat die probleem nou weer is ???

Magda Schoeman ·

Die 2 meisies het hulle self pers geverf nie swart nie!!!!

pieter ·

Hoekom nie verf fabrieke belet om wit verf te maak dan is die probleem opgelos

Neels ·

In die disiplinere kode van US moet daar tog sekerlik ‘n Def van rassisme wees. Word dit gevolg en is die def versprei? US kan tog nie net op die ingewing van die oomblik of soos die “wind waai” rassisme toepas nie? Ek vra maar net.

GL ·

Hoop hulle veban die middel wat in winkels verkoop word waar donker velle lig gemaak word. Sien nogal heelwat sulke “gesiggies ” op die skerm

Martin ·

Die studente moes tog besef het die ding gaan ‘n nadraai hê!!!!!!Ons sit met al die dinge in die land, dan tree ons so op. Niks fout met Studente pret nie, maar waar gaan dit nou eindig?

Richard ·

Dit gaan net erger word die aanslag. Wittes maar spesifiek die Afrikaner is lam, verslae, hardloop soos ;n klomp skape rond sonder ‘n herder. Afrikaans, die Afrikaner, kry dit van alle kante af, Die ANC, die EFF, die media en self party wit Engelspsrekendes – net nou die dag is ek in ‘n debat met ‘n Engelsprekende student van Stellies (oor die feit dat 90% van Stellies se sogenaamde Engelsprekende studente eindlik wit is), en hy het heel vermakerig gesê “The end of Afrikaans is near I can smell it. This (2016) year is our year at Stellies”

Afrikaans gaan nie staande bly nie, nie teen hierdie aanslae van oral nie. Die Afrikaner is vuisvoos, te bang om nie polities onkorek te wees nie, Ek sien dit in skole waar swart kinders Afrikanse kinders uitkoggel, in die werkplek waar Afikaners net stil en gedwee is.

Nee wat ek sien swarrigheid wat voor lê……

Dirk Breytenbach ·

Ons het alternatiewe ondersteun Afriforum, Solidariteit en die Orania Beweging.

Michael ·

Afriforum …..help asb daar is nou ‘n totale aanslag op die Afrikaanse taal en die huidige benadeelde minderheid in die land

Michael ·

As ek vandag ‘n student by maties was het ek myself pikswart geverf en betoog totdat die slap…. rektor bedank het want duidelik is hy nie meer in beheer daar nie?

Marius ·

Lagwekkend…. hierdie land raak so treurig soos ons broeklose leiers.

Freek Eek ·

Ag toggie… Wie het nou gedink die pers marsmannetjies (of is dit nou vroutjies) se minderheidsregte gaan hoër geag word deur US se bestuur as die van Afrikaanssprekendes?

Chris ·

Politieke korrektheid het nou kindeagtige vlakke bereik ….en dis nie net die ANC en EFF wat skuldig is nie. – Wit top akademici wat van beter behoort te weet is net so skuldig hier aan ….

veruschka ·

Belaglik!!!!! Mag wit Suid afrikaners nie meer FUN he nie? So een van die dae mag ons ook nie meer die warrior race gaan doen want as ons da kla is is ons van kop tot tone bedek in modder! Ons gaan seker ook nie meer n lekker ( tan) kan vang op die strand.

Oud Kovsies ·

KOVSIES se Reitz kwessie al over again. Heel buite verband geruk!!! Jammer dat US nou dieselfde pad volg.

Riaan ·

Een van die dae, sal jy ook nie meer swart inkleurkryte in die boksie sien., die mense het vreeslike selfbeeld probleem.

Topster ·

Hierdie kleinighede is maar net die begin en dit gaan nog veel erger word.Ons as blankes sal na mekaar moet kyk want dit gaan nie so seer oor die pers nie dit gaan oor die wit onder die pers en dit word oral te vinde tot in die werkspleke

Joe ·

Bestuur moet hulle ‘koppe laat lees’. Lyk my hulle doen eers voor hulle dink.
As hu

Bruce ·

As dit rasisties vir ‘n wit persoon om sy/haar gesig swart te smeer; dan is dit mos rasisties as ‘n swart mens klere dra wat Jan van Ribeeck na Afrika gebring het.
As die swartes so teen rasisme gekant is; waarom dra hulle dan nie hulle eie kleredrag wat hulle voor Jan van Ribeeck gedra het nie?

TTh ·

… wat gaan die klomp sotte doen as hulle agterkom dat as die son sak en dit donker (swart) raak, Eskom sal moet bontstaan en seker maak die ligte is aan anders is dit rassisties of hoe, die ligte moet tog net nie wit wees nie !!! Dan sal ons weer die son bedags ook moet uitdoof dat dit tog net nie te wit skyn nie – MWHAAAAA HAAAA HAAAA Ha Ha , wat ‘n patetiese klomp hier in Afrika …

Paul ·

Dis baie eenvoudig hier. Diegene wat om verskoning behoort te vra is die “protesterendes” en die universiteit. Dit is duidelik ‘n onvanpaste reaksie op ‘n onduidelike foto. Toe dit mos nou duidelik geword het dat dit pers verf was en slegs op die een foto swart gelyk het, is dit mos duidelik op geen manier ‘n beledigende of onsensitiewe of rassistiese ding nie.
Ondersoek afgehandel.
Vra om verskoning, Universiteit van Stellenbosch!

Inge ·

Dit is totaal onaanvaarbaar! Nou word hulle geskors… ek kan dit regtig nie glo. Dit is ‘n kinderkraans!

Nierkie ·

Dis jammer dat Maroela media en ander instansie die foto so dokter om dit meer swart te laat lyk. Gaan kyk elders na die oorspronklike foto’s en daar sal agter gekom word dat die gesigte ‘n baie helder ‘Barney the dinosaur’ pers kleur is en dat slags besetenes dit as ‘blackface’ kan aansien. Baie jammer eintlik

Sune van Heerden ·

Dagsê Nierkie

Dankie vir jou kommentaar. Ek kan bevestig dat ons definitief nie die foto op enige manier “gedokter” het nie. Die foto wat ons gebruik het is die skermskoot wat van die oorspronklike Instagram-foto gemaak is, en daarna op sosiale media (byvoorbeeld Twitter) gedeel is. Die kleur van die oorspronklike foto het dus ongelukkig intussen verlore gegaan.

Ons het telkens in ons berigte dit duidelik gestel dat die meisies hulself pers geverf het om by die ruimtetema aan te pas.

Ons het intussen ‘n oorspronklike foto in die hande gekry waar die pers verf baie mooi duidelik vertoon, en dit word binnekort saam met ‘n rubriek op Maroela Media gepubliseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ruby ·

Onthou nog toe ek in Gr 1 was het my juffrou ‘n kruis op my hand getrek om my te herinner om iets die volgende dag saam te bring skool toe, sies juffrou lol.

Wonder of ek nou die kleur van my motor moet verander?

Funny ·

hehehehe regtig die beste kommentaar!!!!!!! Sies vir al die verhoogstukke!!!!!! Albei kante toe.
AAAhhh my motor ook, o jinne meeste van ons klerekaste ook!!!!!!
My vriendin (sy is a dark chocolate soos sy sê), sê dit is vir haar ‘n eer as die mense ook soos sy wil lyk, dit beteken haar velkleur is mooi & sy is trots daarop!
Dalk het die rassiste self issues oor hul vel donker is, maar jy moet dankbaar wees jy het ‘n vel, daar is mense wat nie het nie, daar is mense met erge brandwonde wat enige iets sal gee solank hy of sy net ‘n vel het. Dit is net ‘n kleur, as jy dit kan sien sal ons land vorentoe gaan!!!!!

JP ·

Nota aan Leon Schuster! Hoop nie jy maak ooit weer ‘n film nie….jy gaan net probleme op tel!

Dewald ·

Moet net nie teveel in die son tan nie anders word jy aan gekla vir rassime.

anna ·

ek dink iewers het iemand die dam onder die eende uitgeruk en weet nou nie hoe om dit reg te maak nie. As ek ‘n universiteit gehad het sou daardie kinders meer as welkom gewees het om soontoe te kom. Die hele ding is uit proporsie geruk.

DEE ·

Wie is pers met blinkers? Vir wie het die kinders die keer te na gekom? Ken nie self sulke mense nie……

Dirk Breytenbach ·

Dit is tekenend van die lafaards wat ons taal, kultuur en menseregte wil misken. Kan mens hoegenaamd enige geloofwaardigheid koppel aan die leierskap en bestuur van die US? Sal kwalifikasies daar verwerf in die toekoms ernstig opgeneem kan word?

FM ·

Mooi so US amptenare!!!!!!!! Julle wittes wat so kruip by die anc regering gaan nog ontnugter word. Hulle voel vere vir julle, as julle dalk so gedink het, net vir salarisdoeleindes. Julle gaan een vir een vervang word met swart( of is dit nou pers) gesigte en dit sal vinniger gebeur as wat julle dink. So hou op gatkruip en probeer maar net julle self wees. Hierdie ” persmeisies” sal nie in die steek gelaat word nie. Ons regdenkendes moet hulle ondersteun. Vir die wit en kleurling kruipbeamptes wil ek net sê: Julle witvoetjiesoekery by anc gaan julle duur te staan kom. Moet julle nie anders voorgee wat julle nie is nie. Persmeisies julle het niks verkeerd gedoen nie. Ek hoop Afriforum het al n draai by julle gemaak, anders moet julle ouers ingryp en regsadvies kry. Julle sal die saak lag lag wen. Kry sommer Cliff se regspan. Vasbyt.

Hannelie ·

Die US slaan hul naam nou weer met ‘n plank! Oh please!! Pers is pers en swart is swart, maar die witgesigte wat geverf is wat jy oral sien bedel, is dit nie ook rassisties nie!! Toemaar meisies jul lyk in elk geval mooier as jul skoon gewas is.

BuzzBull ·

Die witgeverfde swart bedelaars in Durban moet dan seke ini tronk gesit word, siende hulle ‘n rasistiese bespotting maak of nog meer wit wil wees. Dan kan hulle die vyfster hotel (tronk) lewe geniet.

Elize ·

Ai toggie, het US amptenare nie die verkeerde verfblikke as bewysstukke in die hande gekry nie? Dit wil voorkom of die spesiale sitting vir die ondersoek in die nag was en moontlik is hul kleurblind. Of dalk is hul bang vir die “Fees must Fall” opdtogte….die dat hul nou so gatkruip om tot pers as rassisme aan te kla. Hoop Us besef die skade wat hul aan die hul “wit” studente doen.
PURPLE IS BEAUTIFUL Meisies en julle het pragtig gelyk!!

Dirk Breytenbach ·

Die skade is nie net aan wit studente gedoen nie, dit dui op ‘n gees van opportunisme van leiers figure wat graag punte wil aanteken deur ‘n weerlose minderheid te verrinneweer by elke moontlike geleentheid. Hulle het hulle vooroordele duidelik bewys wat daarop dui dat hulle nie die grondwet verstaan of ooit gelees het nie. Sterkte aan wit studente by Stellenbosch want die aanslag sal vererger.

Michael ·

Ek dink as almal ‘n epos aan die rektor stuur en ons misnoeë aan hom oordra sal hy miskien besef ‘n muntstuk het twee kante

Mariana Vermeulen ·

Ek het in my lewe nognie so ‘n belaglikheid teegekom nie. Studente wat pret het en dit word alweer uit verband geruk. Dit word ‘n rasse kwessie. Vra ek myself af ……. Hoe die duiwel het ons land hier uitgekom? As ek soos Charlie Chaplin aantrek is dit niks, indien ek soos ‘n groot grys voel aantrek is dit niks, om ‘n spierwit duif na te boots beteken niks maar wee jou as jy donkerpers of die kleur swart gebruik!!!! Jy sal aangekla en gestraf word en as die doodstraf nog in gebruik was dalk gehang kon word!! Jou aaklige, aaklige rassis!! Een van die dae gaan die feit dat mense “ge-swartlys” word as skuld nie betaal word nie ook ‘n krisis word. Ons gaan seker binnekort “ge-pienklys” word of miskien “ge-neongroenlys” word. Wat die hel? Dan gaan almal sover terug as die 16de eeu gedwing word om te smeek om vergifnis. Kom om vadersnaam net oor julleself!!!!!

Frikkie Sutherland ·

Nou het ek alles gehoor. SLIMWIM en sy tjommies raak nou heel belaglik. Gee julle aandag liewer aan jul oortredings van julle eie taal beleid. Makwetas verf hulle gesigte wit, is dit nie rassisme nie. Gaan Albino’s nou ook van rassisme beskuldig word?

Elrize ·

Dit is absoluut belaglik man!!! Als word as rassisties beskou.. maar wat as die rolle omgeruil was? Regtig! So bly ek is klaar met daai universiteit! Dit raak n sirkus.

Alienkenner ·

Wonder waar is die ruimtewesens wat die klag van diskriminasie gelê het. Pers met glitters is tog nie gelykstaande aan swart nie?

B Gent ·

Ek dink n groot deel van die blaam mooet voor die deur van die media geplaas word. Hulle sal enige storie manipuleer om koerante ens te verkoop maar US het so bang geword dat hulle nie eers die feite nagaan voordat hulle aksie neem nie. Ek is bevrees hierdie ene gaan hulle in die gat hap en reg so ook!!

Hannes ·

Ag nee man watse bohaai is die nou ?
Twee wittes verf hulle swart , watse rassisme is dit nou ???!!!
Wittes mag niks doen , nie eers n bietjie “fun” he nie.
Ag nee man ,dit is darem n bietjie te erg , die hele ding word heeltemal uit verband geruk.

andre ·

So ek neem aan die wit geverfde gesigte by die verkeersligte. Sal ook vir rassime aan ge klaar word.

Robert ·

Hi Sune , ek is amper twee jaar terug geskors want ek het die waarheid gepraat, is dit omdat ek Engels is ? ??

Danie ·

Hulle kan dit self nie help nie. Ons moet hulle respekteer vir wie hulle is. Daarom moet hulle-hulle plek hê en ons-ons sinne. Hulle weet nie wat beteken kultuur nie. Hulle het geen benul dat mense verskil nie. Hulle dink letterlik die verskil gaan oor geld. Ek werk saam met hulle en ek verbaas my wanneer hulle begin om die groot woorde vir my te defineer. Hierdie klom is hoogsgeletterd. Vir ons is dit wat hulle doen rassisme en dit wat hulle doen vir ons rassisme. Daardie gaping is die groot probleem. ONS MOET SAAM STAAN EN AKADEMIA UITBREI.

Elani ·

Maar… Hulle gesigte was PERS geverf… Met blinkers op… Om soos ruimte-mense te lyk… Teen wie is die rassisme? Aliens?

Amelia ·

Met ‘n skok het ek nou besef dat Maroela is soos die res wat rasisme skreeeeee! Ekstuus donker gesigte?? Ek wonder wat het almal geeet of gedrink wat ek nie gedoen het nie. Want ek sien pers. Nie swart, nie white, nie black, nie rooi nie. Net pers. Ek kry mense jammer wat dit nie kan se nie en ook die wat soos gr rr kinders navolg. ‘n vals opskrif kan ook opruiende gedrag veroorsaak. Moet Maroela hul nou ook skuldig maak daaraan. Ek sal weier om te se Blackfacing, want ek het ‘n paar breinselle en gebruik dit. My oe sien pers en my brein registreer pers. Ek lieg nie, bedrieg nie en na-aap nie mense wat nie kan/wil onderskei nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.