‘Swartkoppie’ kos eindelik man se lewe

Bennie de Lange (65) het ’n massiewe kankergewas op sy gesig. (Foto: Verskaf)

*Waarskuwing: Die foto’s in hierdie berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Bennie de Lange (65), die man van Kookrus in Meyerton wat die afgelope jaar met ʼn reusagtige kankergewas op sy gesig moes saamleef, het Woensdag sy stryd verloor.

De Lange se gesondheid het die afgelope paar weke drasties verswak en hy het ten tyde van sy dood maar 35 kg geweeg, aangesien hy gesukkel het om te eet. Sy suurstofvlakke was glo die afgelope ruk ook gevaarlik laag.

Maroela Media het vroeër berig die gewas het aanvanklik soos ʼn onskuldige swartkoppuisie gelyk, maar dat dié later so groot geword het dat dit die helfte van De Lange se gesig oorgeneem het.

De Lange se dogter, Michelle, sê haar pa het die afgelope paar weke al hoe meer gely en deurgaans erge pyn verduur.

Bennie de Lange (65) het ten tyde van sy dood maar 35 kg geweeg. (Foto: Verskaf)

“Hy kon ook nie meer eet nie aangesien die kliere in sy keel geweldig geswel was. As gevolg hiervan het my pa die afgelope ruk baie gewig verloor. Hy moes ook doeke dra en het baie bedsere gekry.”

De Lange het nie ʼn mediese fonds gehad nie en die gesin het glo ten tyde van sy dood op ʼn bed in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gewag waar hy moontlik ʼn operasie sou ondergaan om die gewas te verwyder.

Sy vrou, Elize (56), en dogters, Maryna en Michelle, en dié se twee kinders het hom intussen self by die losieshuis waar hulle tans woon, versorg.

“Ons harte is baie seer,” sê Michelle.

De Lange was voorheen ʼn gietvormmaker by ArcelorMittal, maar was weens sy toestand nie meer in staat om te werk nie. Hy was ook die gesin se enigste broodwinner en hulle was afhanklik van die geld wat hy maandeliks by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid ontvang het.

“Ons het nou niks meer nie”.

Enigeen wat die gesin wil ondersteun kan Michelle by 062 065 0809 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nicholaas ·

En om te dink ons staats hospitale was voorheen van die beste in die wereld, insluitend ons dokters en verpleeg personeel, ai dit so hartseer, sterkte aan die familie.

Di ·

My innige meegevoel aan die familie en vriende. So hartseer dat die staats hospitale nie ‘n plek vir hom kon maak nie. Weereens net ‘n bewys dat ons blankes se lewens niks werd is in hierdie land nie.

Anoniem ·

So ń treurige verhaal. My innige simpatie aan die familie. Mag julle spoedig ń uitkoms kry.

Yvonne ·

Hoe bitter hartseer oor toestand van ons nasie in hierdie chaotiese land

Kirst ·

My voorstel om die mense te help is dat almal wat hier lees ‘n “cash send” aan Michelle doen. Dis ‘n vinnige en maklike manier om geld by hulle te kry.

Jennifer ·

Ontoeganklikheid tot kwaliteit mediese behandeling direkte nagevolg omdat ons ons land weg gegee het. Wonder of mense nie destyds die dinge in ag geneem het? Of dalk het hulle net nie om gegee. Of was hulle was naief? Mens sal seker nooit weet . . .
Hopelik kan ons ‘n 2de kans kry met onafhanklikheid van die Kaap . . .

melaney ·

Stem saam met jou Jennifer. Mense het destyds nie juis ‘n tekort aan iets gehad nie, en gedink dit sal altyd maanskyn en rose wees. Vandag is dinge totaal omgekeerd. Baie blankes kry vandag swaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.