Swartrenosters naby aan uitsterf

Mbani, die Nasionale Dieretuin in Pretoria se swartrenoster. Foto: Verskaf

Mbani, die Nasionale Dieretuin in Pretoria se swartrenoster. Foto: Verskaf

Die swartrenoster is nou nader aan uitsterf as ooit tevore en indien daar nou ʼn siekte onder die spesie uitbreek, kan dit rampspoedige gevolge hê.

Volgens die Nasionale Dieretuin was van hul navorsers deel van ʼn internasionale studie wat bevind het daar was ʼn verlies van 69% van die spesie se genetiese variasie. “Ons het gevind daar was ʼn afname in genetiese diversiteit met 44 van 64 genetiese afstammelinge wat nie meer bestaan nie,” het prof Antoinette Kotze, die bestuurder van die dieretuin se departement van navorsing en wetenskaplike dienste, gesê.

Kotze het die Suid-Afrikaanse been van die studie in 2010 van stapel gestuur. Renosters wat regoor die wêreld in museums uitgestal word, is betrek in die ondersoek. Die DNA van hierdie museumvoorbeelde is ontleed deur gedeeltes van hul velle te gebruik. Weefsel en ontlasting van renosters in die veld is ook ingesamel, sodat ʼn vergelyking gemaak kon word tussen die DNA van die renosters in die museums en dié wat nog lewe.

Dr. Desire Dalton, ʼn senior navorser by die dieretuin wat by die studie betrokke was, meen die verlies van hierdie genetiese variasie kan renosters se vermoë om aan te pas by klimaatverandering beïnvloed.

Renosterstropery plaas nog meer druk op die variasie in genetiese komponente van swartrenosters. Swartrenosters kom nog net voor in Suid-Afrika, Tanzanië, Zimbabwe, Kenia en Namibië. Suid-Afrika het van al hierdie lande die meeste swartrenosters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cyber Sakkie ·

Plaas volgende keer ‘n foto van ‘n Swartrenoster…

Janie Monsieur ·

Dagsê Cyber Sakkie,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, dit was ‘n tegniese fout. Die foto is verander.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

M'Lady ·

Vra maar vir Corey Knowlton, die Texas jagter oor hoekom die swart resnoster besig is om uit te sterf. Dan se jagters hulle is pro-bewaring. n Absolute leuen.

Johannes van Staden ·

En as daar niks meer oor is nie …gaan die gewetenlose idiote dan tot ruste kom.

Wouter ·

MLady jy kan nie alle jagters onder dieselfde kam skeer nie. Maak eers seker van jou feite voordat jy ons sleg sê of aanvat. Ek sal graag wil weet wat doen jy vir die swart renosters. Daar word meer gedoen in ons land vir renosters as vir ons Blanke boere wat vermoor word. Gaan google bietjie plaasmoorde en gaan kyk na daardie foto’s.

Nico K ·

Dit is ‘n feit dat kommersiële jag wilde diere laat vermeerder. Daar is vandag baie meer wild in SA as so 50 – 60 jaar terug. Geen persoon wat op sy plaas laat jag sal toelaat dat hulle al sy diere uitskiet nie want dan maak hy nie meer geld nie. So hy teel al hou meer diere. Maar kommersiële jag op swartrenosters word nie toegelaat nie. As boere renosters mag aanhou en hy kon R100 000 kry elke keer as hul 1 skiet, dink net hoe graag gaan boere daarmee wil boer!

Nico K ·

Dit is ‘n feit dat kommersiële jagters wilde diere laat toe neem. Hoe meer geld ‘n boer uit sy wild maak hoe meer hou hy aan. Maar kommersiële jag op renosters word nie toegelaat nie. Al gedink as ‘n boer R100 000 vir elke renoster kan kry, hoeveel boere gaan daarmee wil boer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.