Swartruggens-ongeluk eis vyf

Vyf mense is dood in die ongeluk naby Rustenburg.

Vyf mense, onder wie twee Pakistanse burgers, is dood in ʼn kop-teen-kop-botsing op die N4 naby Swartruggens in Noordwes.

Die ongeluk het Donderdag omstreeks 09:40 sowat 19 km buite Rustenburg plaasgevind.

Die vyf slagoffers is op die toneel dood verklaar.

‘n Sesde persoon, ‘n 15-jarige meisie, is na ‘n hospitaal in Rustenburg geneem waar sy gestabiliseer is. ‘n Helikopter van Halo Aviation is ontbied en sy is van daar na ‘n hospitaal in Johannesburg geneem vir verdere behandeling.

Die verkeer is hewig ontwrig nadat een van die bane gesluit is.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer, Sello Lehari, het sy medelye met die oorledenes se families betuig. Hy het ook die beseerde slagoffers ʼn spoedige herstel toegewens.

Halo Aviation (Foto verskaf)

Lehari het by motoriste gepleit om geduldig te wees en padreëls te gehoorsaam, om nie onnodig ander voertuie te probeer verbysteek nie en om by die spoedbeperking te hou.

Hy het motoriste ook gevra om verantwoordelik te bestuur en só te help om padsterftes te verminder.

Die polisie ondersoek die voorval.

*JONGSTE: Maroela Media het Sondag (22 Desember 2019) verneem die 15-jarige meisie sterk aan in die hospitaal. Sy haal reeds op haar eie asem en kan albei haar bene beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Annelize ·

Daar is ‘n dubbele sperstreep, so die ondersoek behoort nie te ingewikkeld te wees nie. Ek ken daardie pad, mense ry soos hulle sterte daar, om dit sagkens te stel.

Frank ·

Lyk ook na stuk reguit pad? Sjoe, ja, mense hier het ook geen respek vir sperstrepe nie!!

Marie MALAN ·

Jib sal maar NIE praat waar overtake hulle ,vanoggend weer gebeur????????????

Johan ·

Die LUR moet dat alle taxi bestuurders oor getoets word en hulle leer wat beteken ‘n sperstreep en die doel van die geel baan aan die linkerkant van die pad, dis beslis nie daar om verby te gaan nie, want lyk of niemand van hulle ooit by daai reels hou nie

Riana ·

Drie voertuie – ‘n sperstreep. Een het dus waarskynlik ‘n ander verbygesteek en twee ander onskuldige partye ingetrek. Die groot probleme is 1. die houding van die meeste padgebruikers – padreëls word links en regs verontagsaam want “ek kan mos daarmee wegkom ” en “dis my reg om te ry soos ek wil”. Arrogansie, selfsug en kortsigtigheid is blykbaar die kompas van ‘n groot gros bestuurders. Baie kritiseer taxi’s maar die wat nie by stopstrate stop nie is maar net net so skuldig. Ek sien hulle elke dag en dis oor ‘n breë front – van ou oompies en tannies in Uno’s tot regstellende bestuurders in Mercedes Benze. Jonk, oud, bakkies, sedans – die wat stop het die uitsondering geword. Baie kritiseer taxi’s maar as jy bestuur terwyl jy op jou selfoon praat is jy ook ‘n ongeluk wat wag om te gebeur! En dit bring my by 2. Die algemene verskynsel “Dit kan nie met my gebeur nie / wat is die kans dat dit met my kan gebeur” is ongelukkig deel van ons ou mensdom se ewige swaapskap. As jy net afhanklik is van eksterne polisiëring om by padreëls te hou sê dit ongelukkig nie veel van jou emosionele intelligensie en insig nie. Dít is die kanker wat so baie dood op paaie veroorsaak.

Dinga ·

Minagting teenoor mede reisigers, wetgewing….absoluut als.
Arrogansie…gee pad voor …”ek is beter as jy”

AJB ·

Mense het geen respek vir n sperstreep en stoptekens nie. Wonder hoe het hulle lisensies gekry. Het ook geen geduld vir mede pad gebruikers nie. Dink ook nie verder as hulle neuse nie.

Karen G ·

Dit was op ‘n bult baie naby aan my huis. Die Polo het ‘n voertuig verby gesteek op ‘n punt waar hy baie beslis nie aankomende verkeer kon sien nie. Dis waarom daar ‘n sper streep is. Minute later het familie daar verby gegaan en ‘n vrou met ‘n bakkie probeer wys om af te slek oor hulle bewus was van die ongeluk aan die ander kant van die bult. Sy het hul verby gesteek op dieselfde sper streep. Die verkeers beampte het haar gewaar en haar afgetrek en vreeslik uit geskel. Dit gebeur daagliks daar. Menigde ongelukke op daardie deel as gevolg van spoed en minagting van padreëls.

Nico ·

Wat doen jy by ‘n rooi lig?
jy stop en wag.
Wat doen jy by ‘n groen lig?
Jy stop, wag en kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.