‘Swartste maand ooit’ vir boere

plaashek-pexels

Foto: Pexels.

TLU-SA het Februarie as “een van die ergste maande ooit” beskryf, nadat 17 mense verlede maand tydens minstens 45 plaasaanvalle vermoor is.

“Dringende optrede moet beslis kom, van die regering en die Suid-Afrikaanse Polisiediens se kant. Julle planne werk nie meer nie,” het Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU-SA en voorsitter van die veiligheidskomitee, in ʼn verklaring gesê.

Geldenhuys het gesê volgens TLU-SA se statistiek oor aanvalle en moorde op plase en kleinhoewes, is daar in Februarie 2017 die meeste plaasaanvalle en plaasmoorde ooit vir een maand aangeteken. Volgens TLU-SA was daar reeds 71 aanvalle op plase en kleinhoewes vanjaar en het 21 mense in hierdie aanvalle gesterf.

“Hierdie statistiek is skokkend,” het Geldenhuys gesê. “TLU SA spreek hiermee sy innige simpatie uit aan die families wat aangeval is en familielede verloor het. Danie ook aan die SAPD en almal betrokke met die ondersoek en inhegtenisnemings van verdagtes in sekere gevalle.”

Geldenhuys het ʼn beroep op boere gedoen om hul paraatheid en veiligheid op te skerp. “Dra jou vuurwapen en maak seker jy weet hoe dit werk. As jy een het wat in die kluis lê, verkoop dit asseblief. Skakel in by plaas- en buurtwagte. Raak betrokke by veiligheidsinisiatiewe, ongeag watter organisasie dit is,” het hy gesê.

“Bid elke dag vir die hand van beskerming van die Here en word deel van verootmoedigingsgeleenthede waar dit gereël word.”

Lees meer oor plaasaanvalle wat vanjaar plaasgevind het op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AL ·

Wat van n sakmes ook dra? Talle onbenullige ” wapens neersit” op sekere plekke? Ek is nie n veiligheidskenner nie. ja boere leef in gevaar en moet ten alle tye waaksaam wees.

Dereck Le Roux ·

As TLU SA en Afriforum nie ‘n kompromie met Julius Malema na afloop van die hofsaak waarin regter Colin Lamont die sing van die lied Dabula Ibubu (Skiet die Boer) as haatspraak geklassifiseer het en hulle die hofsaak gewen het maar tog aan Malema en kie ‘n kompromie aanggaan het kon dit dalk moontlik ‘n ander uitwerking gehad het maar helaas TLU en Afriforum het hul besluit verdedig en gedink hulle doen die regte ding.

Jane ·

Ja ai, BEVEILIG heel eerste julle huise, ek weet dit is nie die enigste antwoord nie, en die plaas was altyd ‘n plek wat jou vryheid gegee het, maar tye het verander. Toe ons in die stad kom bly het ek heel eerste diefwering voor ons vensters laat aanbring, trellidoors voor elke skuifdeur laat sit en ‘n alarm laat installeer. JA JA NIEMAND wil so lewe nie, maar ten minste lewe ons nog, ons het later ysterhekke voor houtdeure aangebring asook elektriese heinings en ‘n staaldeur tussen die motorhuis en ons kombuis, om seker te maak daar is nerens ‘n ‘gaping’ vir die skelms nie. Ek se NIE ek kan niks oorkom nie, ek se net ek het ALLES in my vermoe probeer doen om myself en my gesin te beveilig.

WatNou? ·

My vraag is net: “Wat nou?”. Februarie was nou die “swartste maand ooit” vir ons boere. Vandag is 1 Maart. Gaan dit nou ophou omdat Februarie nou verby is? Wat as dit net erger raak? Wat as Maart nog erger is? Wat gaan gebeur? Wat gaan ons doen? Ek is nie eers op ‘n plaas nie, maar ek is bang. Selfs by die werk is ek bang. Dit voel dan nou of netmooi niemand iets kan doen daaraan nie. Moet ons noumaar net aanvaar dat moord ‘n daaglikse stokperdjie vir misdadigers en bendes is? Moet ons elke dag wonder: “is ek of een van my geliefdes dalk volgende”? Ek wil nie negatief wees nie, maar ek is realisties. Hoe voel ander mense?

Janneman ·

Laat ons nou maar eerlik wees. Al die hofsake, vertoe aan die en daai maak geen indruk nie. Zuma, Malema, BFLF en ander bly die mense opstook en n lisensie gee om boere te vermoor. SAPS kyk anderpad want daar is geen politieke dringendheid in die saak nie.
AF ignoreer my versoek al vir maande vir n studie oor die werkbaarheid van belastingweerhouding. Mense wil ons wakker word wanneer ons n zim situasie het?
Ek se plaasboere moet n staking uitroep tot die regering iets daadwerklik doen omtrent plaasmoorde. Skenk produkte aan die armes, staak betalings van lone, banklenings, belasting, ens – as die nasie eers hongerlei sal hulle besef wat hulle ideologiese str*nt hulle gaan lewer.
Vat die pyn nou of wees maar passief en verloor alles oor n jaar of drie. Ons toekoms is in ons hande!

T ·

Ons moet asb wakker skrik! Ek gaan more my holster koop. Asb boer vrouens kom ons maak n verskil

Melanie ·

Ons innige simpatie aan elke familie wat hul geliefde aan die hand van gewetenlose moordenaars moes verloor het,watse politieke agenda is agter die moorde,besef hulle nie dat dit ons almal se voedsel bron is.Daar moet meer strenger opgetree word teen die wat moor en plunder!

Jaco Marais ·

Het iemand op enews die debat tussen Ernst Roets en Andile Mngxitama gesien? Dit was aan die begin van die maand. Ai, die plaasgemeenskappe sal nog meer en wyer moet saamstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.