Boer vermoor jaar ná seun se dood

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van Louis-John Botha (64) Maandagoggend in ʼn waterkuil op sy plaas, Gwelo, naby Swartwater in Limpopo aangetref is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Botha was die naweek alleen op sy plaas. Sy vriende het bekommerd geraak nadat hulle hom nie in die hande kon kry nie.

“Toe hulle teen Sondag nog niks van hom gehoor het nie, het hulle sy bure gebel en gevra om te gaan ondersoek instel,” het Otto gesê.

Sy het gesê toe die buurman Sondag by Botha se huis opgedaag, het die huis oop gestaan. Daar was geen teken van Botha nie. Die kluis het oopgestaan en daar was bloed in die huis.

“ ʼn Soektog na Botha is dadelik van stapel gestuur. Sy liggaam is vroeg Maandagoggend in ʼn waterkuil, sowat 200 meter ver van sy huis af, opgespoor. Dit is nog nie duidelik hoe hy vermoor is nie.”

Otto het gesê daar word in dié stadium vermoed dat kontant en vuurwapens uit die kluis vermis word. “Dit is ook nie dadelik bekend hoeveel verdagtes by die moord betrokke was nie. Volgens voetspore op die toneel, vermoed ons daar is drie verdagtes,” het Otto bygevoeg.

Die ondersoek duur voort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Botha se seun, Louis-John jr., is 22 April 2014 in ʼn vliegtuigongeluk dood.

Maroela Media het destyds berig hy en sy verloofde, Geogina Joubert, was alleen in die ligte vliegtuig toe dit naby Niekerkshoop, tussen Prieska en Griekwastad in die Noord-Kaap, op ʼn plaas neergestort het. Hulle was met ʼn Pipper 46 (Malibu)-vliegtuig van Kaapstad Internasionale Lughawe onderweg na Swartwater toe die ongeluk plaasgevind het.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

scalla ·

Wanneer gaan dit ophou, kan nie so aangaan, ek reken geweld moet nou met geweld geantwoord word, dis tyd.

Rudi ·

Daar is ‘n beter manier. Ons moet mekaar in besigheid ondersteun en ons losmaak van de groot maatskapye wat ons aanhou as belasting slawe. Ons moet begin om ons gawes en belasting aan onself te hou en die geld gebruik om die bose te beveg! Geld is mag

Leeutjie ·

Ek verstaan nie dat ek elke dag lees van plaasmoorde en dan word dit gese dat statistiekgewys die moorde minder is as die vorige jare. Alles word toegesmeer om ons na ‘n heerlike reenboognasie te laat lyk maar eintlik is dit korrup.

CHRISTA ·

Dis mos die ANC se opdrag aan sy ondersteuners: “Kill the Boer, kill the Farmer”.

Gert ·

Nog n slagoffer van politiek. Die ANC en hulle maatjies is verantwoordelik hiervoor!!!

Annette ·

Ons kan net op ons kniee gaan in gebed….God is Almagtig! As ons dan in oorlog gewikkel raak….mag die Here vir ons die oorwinning gee…maar ons kan nie net sit en toekyk nie….mag elkeen wat met die dood gekonfronteer word sy stand inneem en homself verdedig…en die vyand self verslaan met dieselfde doodskoot wat hy op jou bedoel het. Dit is niks meer as reg nie en behoort ons ons vuurwapens nou aan ons sye te dra en die vyand teen te staan…en is dit elke mens se reg om homself en geliefdes te beskerm. Amen in Jesus Naam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.