Swartwater-plaasmoord: Vier Zimbabwiërs in hof

Die verdagtes by die Mokopane-landdroshof. Foto: Nantes Kelder, AfriForum.

Die verdagtes by die Mokopane-landdroshof. Foto: Nantes Kelder, AfriForum.

Vier verdagtes, almal van Zimbabwe, het Maandag in die Mokopane-landdroshof verskyn weens die moord op dr. Louis-John Botha (64), ʼn wildboer van Swartwater in Limpopo.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die verdagtes is Bruce Mho (23), Trymore Nyube (23), Daniel Lismart (27) en Anton Moyo (27).

“Die saak is tot 17 Maart uitgestel, wanneer die verdagtes na verwagting sal aansoek doen om borgtog,” het Otto gesê. Die verdagte bly in die polisie se aanhouding tot dan.

Daar word vermoed dat van die verdagtes glo voorheen deur Botha gehuur is om ʼn heining op sy plaas te span.

Maroela Media het vroeër berig Botha se liggaam is verlede Maandag in ʼn waterkuil naby sy plaashuis gevind. Hy was die naweek alleen op sy plaas. Sy vriendin, Rosa Fourie (56), wat saam met hom op die plaas woon, was die naweek in Pretoria. Sy en Botha se ma, Eva (85), wat ook op ʼn plaas in die omgewing woon, en vriende by wie hy die Saterdag sou gaan kuier het, het bekommerd geraak nadat hulle hom nie in die hande kon kry nie.

Hulle het Sondag nog niks van hom gehoor nie, en dus Botha se bure gebel en gevra om te gaan ondersoek instel. Toe die buurman Sondag by Botha se huis opgedaag het, het die huis oopgestaan. Daar was geen teken van Botha nie. Die kluis het oopgestaan en daar was bloed in die huis.

ʼn Soektog na Botha is van stapel gestuur en sy liggaam is vroeg Maandagoggend in ʼn waterkuil met krokodille, sowat 200 m ver van sy huis af, opgespoor.

Botha se dogter, Riëtte, het Vrydag aan Maroela Media gesê die nadoodse ondersoek het bepaal dat ʼn harde hou aan haar pa se kop moontlik tot sy dood gelei het. “Die verdagtes het hom in sy huis ingewag. Hy is vasgebind en verskeie kere met ʼn graaf en stokke geslaan. Hulle het hom in die kuil gegooi en vir dood agtergelaat,” het sy gesê.

Volgens Riëtte was haar pa vermoedelik nog lewend toe hy in die water gegooi is en het vasgebind na die oewer probeer swem voor hy dood is. Krokodille het ook aan sy liggaam gevreet. Kol. Otto het bevestig dat Botha dood is weens die hou aan sy kop.

Botha se roudiens is Maandag in Swartwater gehou.

Lees die vorige berigte oor die aangeleentheid hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21
Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

21 Kommentators

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theresa

Gemors………….!!!!!!!!!

Piet Pompies

Waarskuwing, nie vir sensitiewe lesers:
Openbare teregstelling sal die aangewese vonnis wees vir die drie buitelandse moordenaars!
Rig ‘n platform in die hoofstraat van Mokopane op met een galg tou sodat hulle een vir een gehang kan word. Jy sal sien hoe benat die ander hulself as die eerste een se kop waai. Misdaad in Mokopane sal onmiddelik tot nul daal.

scalla

Voer die 4 kraaie ook vir die krokkedille, skuim, gemors, laer as slang bollie

KAG

Nou moes Dr Louis-John sy lewe verloor agv hierdie skuimbolle….. My bloeddruk kook en ek wens ek kon hulle een vir een [email protected]#$*%

Johan

Gee hulle oor aan die boere,Slaan hulle ook met grawe en stokke en gooi hulle in n kuil vol krokidille