Swazi-koning bevestig grond is nie gesteel nie

Koning Mswati III, koninkryk van Swaziland (Amptelike Withuis-foto deur Amanda Lucidon)

Die grondgebied van die hedendaagse Mpumalanga is van niemand gesteel of afgeneem nie, maar Voortrekkers het dit bekom van die destydse Swazi-koning deur onder meer ruilhandel met vee, het die VF Plus in ‘n verklaring bevestig.

Die Swazi-koning Mswati III het op 2 Augustus hierdie bevestiging gegee in ʼn gesprek tussen die koning en ʼn afvaardiging van verskillende groeperinge uit die Afrikanergemeenskap onder leiding van Werner Weber, die VF Plus se provinsiale leier in Mpumalanga. Die VF Plus se nasionale voorsitter, Anton Alberts, het Weber vergesel.

Die doel van die samesprekinge was om te praat oor grond in Suid-Afrika wat boere in historiese ooreenkomste wettiglik van die Swazi’s bekom het, om sodoende die boodskap hard en duidelik aan die ANC-regering te stuur dat dit ʼn kwaadwillige mite is dat grond in Suid-Afrika van swartes gesteel is, het Weber verduidelik.

Volgens die gesamentlike verklaring wat ná die gesprek uitgereik is, het ʼn groepering van Afrikanerleiers op 2 Augustus met koning Mswati III en sy komitee oor die vasstelling van landsgrense (“Commissioners on the Border Determination Special Committee”) in die koninklike paleis in Lozitha in Swaziland vergader om onder meer die grondkwessie in Suid-Afrika te bespreek.

Die Afrikaner-afvaardiging het uit die volgende persone bestaan:
• Werner Weber: leier van die afvaardiging en leier van die VF Plus in Mpumalanga;
• Anton Alberts: nasionale voorsitter en parlementslid van die VF Plus;
• Louis Meintjies: president van TLU-SA;
• Jan Bosman: hoofsekretaris van die Afrikanerbond;
• Meyer de Jager: lid van die Afrikanerbond se bestuur;
• Wilson Ngema: mede-stigter van Insika Yesizwe of South Africa.

Ná afloop van die samesprekings het die groepe op die volgende ooreengekom:

1. Die goeie verhouding wat lank reeds tussen Afrikaners en die inwoners van Swaziland bestaan, is versterk en herbevestig;
2. Afrikaners erken die koninkryk en die mense van Swaziland as die oorspronklike eienaars van onder meer die grondgebied in en om Mpumalanga;
3. Die toenmalige Swazi-koning het grond in dié gebied aan die Voortrekkers toegeken deur ooreenkomste in die jare 1800. Die huidige koning bevestig dat die grond nie gesteel was nie;
4. Die partye stem saam dat enige pogings om die patroon van grondeienaarskap van die huidige eienaars in en om Mpumalanga te verander, voorafgegaan moet word deur ʼn ooreenkoms met die koninkryk van Swaziland soos reeds versoek is aan vorige Suid-Afrikaanse regerings.

Die partye stem saam om voort te gaan met gesprekvoering rakende dié aangeleentheid en sal bly streef na ʼn werkbare oplossing, het Weber bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Katerina ·

Ek wonder of dit kan werk? Ek woon in Mpumalanga. As so iets kan werk sal ek beslis wil help, ek wil so graag iets daadwerlik en prakties doen om te help! Dink jy die regering sal hierdie in ag neem miskien? Iewers moet daar tog n plekkie wees vir witmense,vir Afrikaners..niemand het gevra om wit gebore te word in die helhool land nie..my kop is al stukkend gedink aan Wat mens tog kan doen om voort te bestaan.

JSG ·

Die feit bly staan indien daar terug gekyk word na voor 1900. Omtrent alle dele is onderhandel met plaaslike inwoners en daar is weinig gevalle waar grond net eenvoudig onteien is.

Hanna Hoekom ·

Wat n brawe koning! Dankie vir die opklaring ivm die grondkwessie. Kan ons blankes nie maar n stukkie grond daar kry nie? Ons sal vir onsself kam sorg… Ongelukkig stel die “massas” nie in die waarheid en/ of feite belang nie. Hier wag groot onheil op ons.

IK ·

Pragtig Koning Mswati III. Werklik ‘n persoon met verstand wat wys dat tussen die ore saak maak. Die Swazi-volk was nog altyd ook ‘n vreedsame nasie teenoor diegene wat tans eerder ‘vreetsaam’ is.

humor ·

Die anc sal nie eens na die bewese dokumentasie wil kyk nie, want staan lynreg teenoor maglus en die hul onkeerbare kommunistiese doel

Msp ·

As die grootste deel van Mpumalanga dan onder die Swazi Koning geval het beteken dit dat die grootste deel van Mpumalanga onder Swaziland val. Waaron is ons dan nog by die RSA ingelyf? Dis verseker tyd dat die Koning die grond weer onder die beheer van Swaziland kry…

Deon Oosthuyse ·

Daar moet iets op skrif wees oor dit, destyds… want waar kom die koning aan die informasie? (Soos die Boere Traktaat met die Zoeloe koning oor Port Natal) Kry die dokument en plaas dit op social media… Indien geen doc’s beskikbaar, het hul darem dat die Swazi koning so ‘n stelling op skrif sit en teken?

Mishwati ·

Daar is baie dokumentasie beskikbaar selfs oor ZOELOE ONDERHANDLINGE met witmense/voortrekkers, maar dit word net eenvoudig misken en daar word nou gese die land wat toe geruil is was BAIE meer werd as die paar diere of ander ruilmiddelle wat daarvoor aangebied is .. Julle weet mos nou al hoe die goed werk. As jy alles ontken kan jy aangaan met jou onteiening sonder vergoeding SONDER Inagneming van FEITE ..

Theresa ·

Bravo aan ‘n dapper man wat nie bang is om die waarheid te bevestig nie.
Is daar nog sulke dapper, eerlike konings/hoofed wat nie in die hoofstroom van vernietiging wil swem nie?

VanAfrika ·

Wat het ek nog die heeltyd gesé. Ons geskiedenis het ons dit al op skool geleer oor ons grond en veehandel van destyds. Ek het so paar jaar terug n volblad, binneblad artikel in die Beeld gelees van n Basson persoon wat die artikel laat plaas het. Laat Beeld weer daardie artikel plaas sodat ons dit op plakkate gan sit en weer n swart Maandag reël. Almal moet sien. Basson het gesé ons besit 45% van Suid Afika, van die bopunt Noordwes regdeur tot by die Weskaap. Die Afrikaner afvaardigers moet verder gaan grou en ons grond terug eis. Daardie grond behoort aan ons en dis n tjol storie dat dit meer werd is as die vee. Toe ons dit handel geruil het was daar NIKS op daardie grond nie, nie eers n plaas nie. Dit was wild, bebos en onbewerk, geen damme, geen water. Ons voorouers het waarde aan die grond gesit met hulle harde werk deur damme te bou, landbou te stig, treinspore gelé, en paaie geskraap met hul kaal hande en bowenal, piite en sade begin plant. Skole, kerke en hospitale was gestig. Ons het nie slap gelê en met assegaaie en tiervelletjies rondgeharloop nie, ons het gewerk vir wat ons het. Laat die Internasionale wéreld hiervan hoor sodat hulle weet ons word verniet uitgemoor in ons regmatige land

Theresa ·

Al weet ons dis waar, moet mense soos die Koning van Swaziland hierdie tipe dinge bevestig as waar. Dis al wanneer dit hier in Afrika iets beteken.
Sal graag weer daardie berig wil lees waarvan jy praat.

Gemsbok ·

Wys jou net.

Jy kan grond wettig bekom, maar as jy dit wil behou moet jy dit self bewerk.

Vergelyk die Afrikaners van “Mpumalanga” met die Bafokeng van Phokeng.

Eersgenoemde het goedkoop vreemde arbeiders by die wavragte aangery en binne 10 geslagte bywoners op hul eie grond geword onder die heerskappy van die leiers van daardie einste arbeiders.

Laasgenoemde het hul grond self bewerk en binne 10 geslagte ‘n ryk en vooruitstrewende volk geword met ‘n baie groot mate van selfregering. Hul lot is hul eie om oor te beskik.

Orania het die regte plan en met genoeg steun kan dieselfde daar vermag word as in Phokeng want hulhet hierdie basiese les geleer: die volk wie se sweet op die grond val sal dit besit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.