Swazi-polisieman vas in SA

Die dagga waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Die dagga waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn Man, wat na bewering ʼn polisiekonstabel is in Swaziland, is in hegtenis nadat hy glo probeer het om dwelms na Suid-Afrika te smokkel.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het gesê die 39-jarige verdagte is Woensdag by die Mananga-grenspos in hegtenis geneem ná ʼn roetine ondersoek in sy motor.

“Die polisie het dagga met ʼn geskatte straatwaarde van R30 000 onder sy motor gevind, waar hy dit probeer versteek het. Die polisie het op die dwelms en die motor beslag gelê,” het Mohlala gesê.

Die verdagte, Mfanaleni Mdluli, het Donderdag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga, naby Malelane, verskyn op aanklag van die besit van dagga. Die saak is tot 23 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willie ·

Ja nee kyk, orals dieslefde… afrika virus wat als vernietig…

Karma ·

Ag, Meneer, meneer – jy is seker dan ‘n peer! Natúúrlik is dagga ‘n dwelmmiddel, hoewel dit ook medisinale waarde het. As jy dit rook of eet om op ‘n “high” te kom, is dit ‘n dwelmmiddel. As jy tee of olie daarvan ‘trek’ vir die behandeling van rumatoïde artritis en leweraandoenings, is dit van medisinale waarde.

Karma ·

Ag, tog Meneer … Ek is seker jy het seker gou self eers ‘n dampie gaan maak, vandaar jou dom redenasie …

Natuurlik is dagga ‘n dwelm as jy dit rook of eet met die doel om bedwelm te raak! As jy dit trek op water of olie om rumatoïde artritis of leweraandoenings te behandel, is dit medisinaal. Maar in die meeste lande is cannabis sativa/weed/marijuana/dagga ‘n verbode narkotiese middel. Punt, einde van die saak.

Meneer ·

Sien, Karma. Anders as jy ken ek die plant. Jy noem my redenasie dom? Sê dit gerus vir Nederland – die 7 de gelukkigste land op die planeet (die wonderplant is wettig daar). Nie slegs as medisyne nie, maar ook vir ontspanning. Suid Afrika, wat hulle roem op hierdie groot dwelmsuksesse, het nie eers beheer oor alkohol en werklike dwelms soos crystal meth nie. Ek dink ons feature as 117de gelukkigste land of so iets? Regtig nie ‘n kuns om iemand met dagga te vang nie – ek het baie arrestasies in my lewe gedoen. Vir al wat jy weet, groei daar ‘n plantjie in jou buurt?

Ronel ·

Dit gebeur want die hele wereld weet dat Suid Afrika ‘n ope mark is vir alles.
As jy onwettig iets in Suid Afrika wil inbring, bring net ‘n ekstra geldtjie om iewers in iemand se hand te stop en jy is reg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.