Swaziland se naam verander

Koning Mswati III. Foto: Argief

Swaziland se naam het verander. Die nuusagentskap AP berig dié Afrika-koninkryk sal voorts bekendstaan as eSwatini, die land se historiese naam.

Koning Mswati III het Donderdag die aankondiging gemaak tydens die koninkryk se 50ste viering van onafhanklikheid en die koning se 50ste verjaardagviering.

“Baie Afrika-lande het met hul onafhanklikheid teruggekeer na hul historiese en inheemse name. Ons sal nie meer Swaziland genoem word nie,” het Mswati tydens die geleentheid gesê.

Die koning het al by vorige geleenthede, soos die opening van die parlement, die naam eSwatini gebruik.

Dit was nie onmiddellik duidelik hoeveel die naamsverandering die land gaan kos nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Hoe werk dit? ·

Ek is nuuskierig wie BEFONDS SWAZILAND? Word dit ook as grond beskou wat in SWART hande is? Of is dit weer uitgesluit by grondonteiening omdat dit ‘onafhanklik’ is, maar tonne Swazis sit in SA? Julle kan geld op die grootste nonsens spandeer terwyl julle mense hongerly!

Francois ler Cochon ·

Ek weet nie, maar ek weet wel dat koning Mswati verlede jaar R65 miljoen van SA gekry het, en toe gekla het dit is te min, hy kan nie daarmee uitkom nie.

Pieta ·

S.A betaal die koning en soos ek verstaan is daar tol hekke opgerig in S.A vir hom

Ai ·

En so moet ons weer betaal vir iets waarvoor ons nie gevra het nie. Die “land” moet opdok vir alle twak. Ek wil he daar moet werk gemaak word aan die plaas moorde. Daarvoor sal ek met graagte my tax geld gee. Ek wil he geweld en roof moet tot n einde kom, daarvoor sal ek tax geld afstaan. Daar is so baie dringende sake waarvoor die “land” se geld kan gaan…. Hoekom moet dit gemors word op sulke twak.

Nettie ·

@Ai, ai …. ai, waar lees jy tog dat jý (of ons) dalk moet opdok???

Swaziland is onafhanklik van SA, sover ek weet. Hoekom sal SA belastingbetalers dan moet opdok vir die kostes van naamsveranderinge???

Maar ‘watch out’ – Suid-Afrika gaan eersdaags dalk nie meer as Suid-Afrika bekendstaan nie, maar as Azania ….. en dáárvoor gaan ons baie beslis en gewis opdok, finansieël en op baie ander maniere.

Cherokee ·

re ‘Nie duidelik oor hoeveel dit die land gaan kos nie.’
As buurland kanSuid Afrika gerus finansieël daarmee help. Dit is altyd goed om goeie gesindhede te handhaaf. Seker sal Suid Afrika se naam ook in die nabye toekoms verander na Azanië of iets in dier voege.

Siek en sat ·

Al die jare gee SA. En gee, en gee, en gee tot in ewigheid want bakhand sal dit bly.

marous ·

Miskien sal die britse dame wat die land besit het en amper korrek benaam het ‘n paar pond stuur om die bordjies en paar briefhoofde te verander…. anders gaan dit dalk uit die propvol SA staatskas kom.

Liewe Heksie ·

Ai toggie die mense kan nie dink nie, nou word dit weer derduisende rande spandeer aan naamsverandering.

Ag tog ·

Prioriteite! Hulle sal liewer broodgebrek ly, maar name moet verander word!

Potlood ·

Hulle spaar seker al 50 jaar vir die verandering…
Verstaan nie lekker wat hulle probleme is met name nie. Hulle is verskriklik met die “Naam” gepla… :-)
Is hulle dan nie Swazi nie? hoekom naam verander na presies wat dit voorheen was?

CG ·

Waneer ons eendag weer ons eie land het, moet ons dit “AfrikanerTienie” noem!

Andries Burger ·

Hoeveel van Suid Afrika se belasting betalers geld gaan bestee word in die naams verandering? Het ons nie onlangs moes verneem dat die ‘koninkles’ meer geld van die regering wou hê nie.

Koos1 ·

Swaziland is ‘n land met sy eie regering en staatshoof. As jy soontoe wil gaan het jy ‘n paspoort nodig. Hulle het niks met SA uit te waai nie.

Koninklikes ·

Andries Burger, jy dink seker aan Goodwill Zwelitini (hy is nie van Swaziland nie). Ek is ook deurmekaar met die twee.

Hedwig ·

Mooi, trotse volk… Wens ek kon my eie land deel met mede Christen Afrikaners en dit ‘n Afrikaanse naam gee…

JdV ·

Cyril, Nelson, Jacob, Julius … Westerse name … As die mense so behep is met naamsveranderinge, moet hulle nie dalk begin by hul eie name nie …?

Cherokee ·

Nee, dìt sal Boerland heet. Kort en bondig, die boere se land… Boerland.

Cherokee ·

Askies, dit was veronderstel om te volg op CG se kommentaar.

Land ·

Cherokee, miskien is dit ‘n goeie idee om eerder met ons mede-Suid-Afrikaners oor die weg te probeer kom. Dit help nie om te gaan wegkruip in ‘n “Boerland” nie. Ek is nie’n boer nie, ek is ‘n Suid-Afrikaner en sal nie tuis voel in so ‘n “land” nie en NEE, daar is niks met my verkeerd nie.

SjN ·

Wat soek hy agter n lessenaar, met daai uitrusting en sienswyse hoort hy op die grond te sit onder n boom.

Hendrik van George ·

Snaaks dat alles wat Westers is nie na Afrikane se smaak is nie, behalwe as dit hulle pas nie. Vat nou maar stoele en tafels, Rolls Royces en eBenze, Boeing en Johnny Walker.. Belaglike klere drag in elk geval – bewys net dat Swaziland so 100 jaar agter die res van die wêreld is.

Wat ·

SjN, dis nou nie juis baie respekvol nie. Daar is soveel mense wat op Maroela Media kommentaar lewer en sê dat hulle “Christenne” is, maar dit wat hulle “sê” bots lynreg daarmee. Wat ‘n jammerte.

GM ·

Cherokee, ek stem saam! Suid-Afrika het mos ‘n onuitputlike bron van belastinggeldjies. Dalk kan hul dan weer op hul beurt die klomp hier ‘n guns bewys as al die grond onteien is, en die boertjie wat gedink het hy kan boer nie aan die hele land voedsel kan voorsien nie.

Cherokee ·

Heheeee.. jy’s reg GM. Ons mik daarvoor om ‘n armlastige land te wees. So dit sal help om vroegtydig vriende te maak.

Julie ·

Hulle moet die land verander dat net die wat bydra tot die staatskas (m.a.w. belasting betalers) mag stem, want afterall is dit die belastingbetalers se geld wat die land aan die gang hou. So as jy nie belasting betaal nie hoe kan jy n sê hê wat met die geld gedoen moet word?

Casper Labuschagne ·

‘n Paar vrae:

* Gaan een honger maag hierdeur gevul word?
* Gaan een nuwe skoolboek hierdeur gekoop word?
* Gaan een vigslyer se ellende hierdeur verlig word?
* Gaan een hawelose persoon hierdeur ‘n dak oor sy kop kry?

Nee, nee, nee en nee. Maar dit is die storie van Afrika, ons skud ons koloniale juk af en spandeer die bietjie geld wat ons het om partytjie te hou en ons nuwe naam te vier.

Siek en sat ·

Kan die koning en sy regering nie daardie geld aan die arm mense bestee en hulle behuising ens eerder opgeadeer nie. Ek sal nooit ooit kan verstaan hoe hierdie regerings NIE HULLE PRIORITEITE EERS IN ORDE KRY voordat hulle geld aan sulke onbelangeike goed soos name mors nie. Aikona.

Betaal ·

Whatever, as my belastinggeld gebruik word om die koning te help befonds, gee EK om.

Tradisie ·

Hendrik van George, ek vat nie kant nie, maar mense is tog sekerlik daarop geregtig om hul tradisionele klere te dra. Hierdie is ongelukkig nie die “Westerse” manier nie, maar ons is in Afrika en moet dit maar aanvaar. Om eerlik te wees: ek dink nie die koninklikes in Europa se “tradisionele” drag is baie vleiend nie.

Algemeen ·

Nadat ek sover die kommentare gelees het, het ek baie bitterheid hier opgetel. Mense is keelvol, maar het nie die guts om die land te verlaat nie (ek sluit myself hierby in). Ons moet ophou worry wat in ander lande, soos bv. Swaziland, aangaan. Dit help nie om te knor hieroor nie, want ons kan niks hieraan doen nie. Die glas is mos altyd half leeg…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.